Logos Multilingual Portal

Select Language

a b d e f g h i j k l m n o p r s t u v w ʼn

om aan jouself te twyfel is die eerste teken van intelligensie
Ugo Ojetti
om aan vooruitgang te glo beteken nie om te glo dat vooruitgang al plaasgevind het nie
Franz Kafka
om alleen te lewe is soos om by ’n partytjie te wees waar niemand na jou kyk nie
Marilyn Monroe
om berou te hê en van voor af te begin: dis wat die lewe is
Victor Cherbuliez
om biblioteke op te rig is soos om graanskure te bou, om reserwes op te bou vir ‘n winter van die gees, waarvan ek, ten spyte van myself, baie tekens sien
Marguerite Yourcenar
om deesdae 'n goeie opvoeding te gehad het, is 'n nadeel, omdat dit jou van soveel dinge uitsluit
Oscar Wilde
om die geskenk van kultuur te gee, is om dors te skenk. Die res is die gevolg daarvan
Antoine de Saint-Exupéry
om die reg aan jou kant te hê is nog ’n goeie rede om nie sukses te behaal nie
Nicolás Gómez Dávila
om die waarheid te praat met kwade bedoelings moet as oneerlik beskou word
Karl Kraus
om dieselfde dinge te begeer, en om dieselfde dinge te verwerp, dit is ware vriendskap
Caius Sallustius Crispus
om dit wat eenvoudig is, te kompliseer, is alledaags; om dit wat ingewikkeld is, eenvoudig te maak, verrassend eenvoudig, dit is kreatiwiteit
Charles Mingus
om geen gebreke te hê nie dra niks by tot deugsaamheid nie
Antonio Machado
om geen kwaad te doen nie, is baie goed. Maar om niks goeds te doen nie, is baie sleg
Padre Alberto Hurtado
om goed te lewe en goed te sterwe is een en dieselfde kuns
Epicurus
om in ‘n era van waansin te verwag dat jy immuun sal wees teen waansin, is ‘n vorm van waansin
Saul Bellow
om ja te sê vir alles en almal is asof jy nie bestaan nie
Tahar Ben Jelloun
om jonk te wees en nie revolusionêr nie, is selfs 'n biologiese teenstrydigheid
Salvador Allende
om jou huis op te ruim terwyl jou kinders nog opgroei is soos om jou te probeer afdroog terwyl jy onder die stort staan
Phyllis Diller
om jou intellek sonder beperkings te gebruik, dít is ware vreugde
Aristotle
om jou te vermaak, beteken feitlik altyd om jou op 'n ander manier te verveel
Charles Régismanset
om kerk toe te gaan maak nie van jou ’n christen nie, net so min as wat jy ’n motor word deur op ’n parkeerterrein te staan
Albert Schweitzer
om kerk toe te gaan, maak net so min van jou ‘n christen as wat jy ‘n motor word deur garage toe te gaan
Laurence J. Peter
om lief te wees vir eensaamheid moet 'n mens baie sterk wees
Pier Paolo Pasolini
om lief te wees vir jou eie werk, is die naaste wat ’n mens kan kom aan konkrete geluk op aarde
Rita Levi Montalcini
om literatuur te vertaal, is soos om seks te hê: dis beter om minder daaroor te praat en dit beter te doen
Andrea Casalegno
om met 'n vrou te trou wat jy liefhet, en wat jou liefhet, is om met haar 'n weddenskap aan te gaan oor wie eerste sal ophou om die ander lief te hê
Alfred Capus
om ná Auschwitz ʼn gedig te skryf, is barbaars
Theodor W. Adorno
om nie te begeer nie is dieselfde as om te hê
Lucius Annaeus Seneca
om ons bestaan draaglik te maak, lieg ons, en veral teenoor onsself
Elena Ferrante
om onsself te kan wees, moet ons iemand wees
Stanislaw Jerzy Lec
om oorlog te voer teen jouself is die moeilikste oorlog, die oorwinning oor jouself die mooiste wat daar is
Friedrich von Logau
om patrioties te wees, haat alle volke behalwe jou eie; om godsdienstig te wees, alle sektes behalwe jou eie; om moreel te wees, alle pretensies behalwe jou eie
Lionel Strachey
om politiek te bedryf, is soos om ‘n sokkerafrigter te wees. Jy moet slim genoeg wees om die spel te verstaan, en dom genoeg om te dink dis belangrik
Eugene Joseph McCarthy
om sommige dinge te moet ontbeer wat jy graag wil hê, is ’n onontbeerlike deel van geluk
Bertrand Russell
om te glo is om te skep
Miguel de Unamuno
om te kook, is ’n politieke daad. Indien ons toelaat dat die groot maatskappye vir ons kook, verloor ons beheer. Dit verg ’n enorme geloofsprong as ons dink dat hulle eerbaar sal wees en dat hulle beesvleis beesvleis is
Mike Pollan
om te leer praat is om te leer vertaal
Octavio Paz
om te lees is om te vertaal, want die ondervinding van geen twee persone is dieselfde nie. ’n Swak leser is soos ’n swak vertaler. In die proses om goed te leer lees, is belesenheid minder belangrik as instink
Wystan Hugh Auden
om te lei, beteken nie om te domineer nie, maar om \'n opdrag te vervul
Lucius Annaeus Seneca
om te lewe is gevaarlik
João Guimarães Rosa
om te ly sonder om te kla is die enigste les wat ons in hierdie lewe moet leer
Vincent Van Gogh
om te plunder, te moor, te steel, dié dinge word verkeerdelik 'n 'ryk' genoem; en waar hulle 'n woestyn agtergelaat het, noem hulle dit 'vrede'
Tacitus
om te sê vriendskap is gelyk aan volmaakte begrip, onmiddellike vertroue en ’n lang geheue, is om te sê betroubaarheid
Gabriela Mistral
om te stem, is om jou regte prys te gee
Élisée Reclus
om te sterf is niks nie; om nie te lewe nie is skrikwekkend
Victor Hugo
om te sterf, is galbitter, maar die gedagte om te moet sterf sonder om te gelewe het, is ondraaglik
Erich Fromm
om te verwag dat die wêreld jou regverdig sal behandel omdat jy ’n goeie mens is, is omtrent soos om te verwag dat die bul jou nie sal storm nie omdat jy ’n vegetariër is
Dennis Wholey
om toe te gee aan die ondeug van gehoorsaamheid, is altyd gerieflik
Don Lorenzo Milani
om tweede te eindig, beteken om die eerste persoon te wees wat verloor
Gilles Villeneuve
om verbaas te wees en jou te verwonder, is om te begin verstaan
José Ortega y Gasset
om verlief te raak is kelnersake
Gianni Agnelli
om verlief te raak, is 'n tydelike toestand van swaksinnigheid
José Ortega y Gasset
om volmaaktheid te bereik, het sy nog net een fout kortgekom
Karl Kraus
om woorde in te sluk, het my nog nooit slegte spysvertering gegee nie
Winston Churchill
om 'n nuwe land te ontdek en dit binne te val, was nog altyd een en dieselfde
Samuel Johnson
om ʼn mens se vyand lief te hê (soos die Evangelie vra) is nie ʼn taak vir mense nie, maar eerder vir engele
Jorge Luis Borges
om ʼn onbesproke lid van ʼn trop skape te wees, is dit bowenal nodig om ʼn skaap te wees
Albert Einstein
om ’n biblioteek te orden is ’n stilswyende manier om die kuns van kritiek te beoefen
Jorge Luis Borges
om ’n boek te besit, dien as plaasvervanging daarvan om dit te lees
Anthony Burgess
om ’n honderd oorwinnings in ’n honderd veldslae te behaal, is nie die toppunt van vaardigheid nie. Om die vyand sonder ’n stryd te onderwerp is dit wel
Sun Tzu
om ’n mens se styl te verbeter, verfyn jou eie denkwyse
Friedrich Wilhelm Nietzsche
om ’n vriend te vind, moet jy een oog toemaak – om hom te behou, twee
Norman Douglas
om ’n vrou te wees, is ’n ontsettend moeilike taak, omdat dit hoofsaaklik daaruit bestaan om met mans te doen te hê
Joseph Conrad
om ’n woord te definieer is soos om ’n skoenlapper in die vlug te vang
Aurélio Buarque de Holanda Ferreira
om ’n woord te verklaar, is ander woorde nodig, wat op hulle beurt weer deur ander verklaar moet word, ensovoorts, nimmereindigend. Kommunikasie is ’n illusie
Pino Caruso
omdat die lewe is wat dit is, droom 'n mens van wraak
Paul Gauguin
onbevoegdheid word gemanifesteer deur die gebruik van te veel woorde
Ezra Pound
onder ʼn regering wat enige onregverdiges in die tronk sit, is die regte plek vir ʼn regverdige mens ook ʼn tronk
Henry David Thoreau
ondervinding is dié wonderlike ding wat jou in staat stel om 'n fout te herken wanneer jy dit weer begaan
Franklin P. Jones
ondervinding is ’n loterykaartjie wat gekoop word nadat die trekking gedoen is
Gabriela Mistral
ondervinding is ’n vlam wat nie kan verlig sonder om te brand nie
Benito Pérez Galdós
ondervinding: ’n kam wat die lewe jou gee nadat jy jou hare verloor het
Judith Stern
onderwys bestaan hoofsaaklik uit dit wat ons afgeleer het
Mark Twain
onderwys is waar ons besluit of ons ons kinders genoeg liefhet om hulle nie uit ons wêreld te verdryf en hulle aan hulle eie lot oor te laat nie, of om die kans wat hulle het om iets nuuts te onderneem, wat ons nie kan vooruitsien nie, uit hulle hande te ruk nie, maar om hulle reeds voor te berei vir die taak om ’n gemeenskaplike wêreld te vernuwe
Hannah Arendt
onderwys is 'n metode waardeur 'n mens 'n hoër graad van vooroordele verwerf
Laurence J. Peter
onderwys is ‘n progressiewe ontdekking van ons eie onkunde
Will Durant
onduidelik praat is iets wat almal doen - duidelik praat doen net 'n paar
Galileo Galilei
ongelowige: in New York, iemand wat nie ’n christen is nie; in Konstantinopel iemand wat dit wel is
Ambrose Bierce
ongelukkig is dit moontlik om verlief te raak op tagtig. Ek skryf juis om my gedagtes van die liefde af te kry
Jorge Luis Borges
ongelukkig is Westerlinge op die wêreldtoneel vandag die enigste akteurs en die enigste toeskouers, en luister ons slegs na ons eie redenasies en ervaar slegs ons eie smart deur ons televisie en pers
Tiziano Terzani
ongelukkigheid word ten beste gedefinieer as die verskil tussen ons talente en ons verwagtings
Edward De Bono
onkunde is die grootste bron van geluk
Giacomo Leopardi
onkunde is die moeder van seksuele geluk en saligheid
Giordano Bruno
onkunde is nader aan die waarheid as vooroordeel
Denis Diderot
onmoontlike dinge is makliker as die moeilikes
Daniel Barenboim
ons almal berus in die dood; dis die lewe waarin ons nie berus nie
Graham Greene
ons almal moet die wette gehoorsaam, maar om dit verstaan, het ons 'n wetsgeleerde nodig
Fabio Fumi
ons behoort enige onderneming te wantrou wat nuwe klere vereis
Henry David Thoreau
ons burgerstand, nie tevrede daarmee dat die vroue en dogters van die arbeidersklas tot hulle beskikking is nie, om nie te praat van die amptelike prostitusie nie, vind hulle hoogste genoegdoening daarin om hulle eggenotes en dogters wedersyds te verlei
Karl Marx
ons geheues is kaartindekse wat geraadpleeg word en in wanorde teruggeplaas word deur owerhede oor wie ons geen beheer het nie
Cyril Connolly
ons gewete beskerm ons nie teen ons sondes nie, maar ontsê ons ongelukkig die genot daarvan om dit te geniet
Salvador de Madariaga y Rojo
ons glo dat ons woorde bemeester, maar dis woorde wat vir ons bemeester
Alain Rey
ons glo dat ons ’n land is, maar in werklikheid is ons weinig minder as ’n landskap
Nicanor Parra
ons glo net wat ons sien. En daarom glo ons alles sedert die koms van televisie
Dieter Hildebrandt
ons grootste en luisterrykste prestasie is om te lewe soos ons dit behoort te doen. Alle ander dinge, soos regeer, rykdom versamel en konstrueer is ten beste slegs bykomstighede
Michel de Montaigne
ons hang die kleindiewe en stel die grotes aan in openbare ampte
Aesop
ons het almal genoeg krag in ons om die swaarkry van ander te dra
François de La Rochefoucauld
ons het almal ‘n gemeenskaplike oorsprong: ons is almal nasate van die evolusie van die heelal, die evolusie van die sterre, en dus werklik broers en susters
Margherita Hack
ons het die beste Kongres wat geld kan koop
Will Rogers
ons het die sirkus geglobaliseer, maar nie die brood nie
Anónimo
ons het geleer om te glo dat wat mooi is, nie nuttig hoef te wees nie. Ek wil wys dat wat nuttig is, ook mooi kan wees
Mohandas Karamchad Gandhi
ons het inderdaad gou van die tyd vergeet toe ons die emigrante was
Susanna Agnelli
ons het net genoeg godsdiens om mekaar te laat haat, maar nie genoeg om mekaar te laat liefhê nie
Jonathan Swift
ons het net oortuigings oor iets as ons ons nie daarin verdiep het nie
Emil Cioran
ons het net so min reg daarop om geluk te verbruik sonder om dit te produseer as om rykdom te verbruik sonder om dit te produseer
George Bernard Shaw
ons het niks om te vrees behalwe vrees self nie
Franklin Delano Roosevelt
ons het nog steeds nie geleer dat ware kulturele ontwikkeling slegs gepaard gaan met genieting, passie en gelag nie
Dario Fo
ons het nou reeds geword waarteen ons geveg het toe ons twintigjariges was
José Emilio Pacheco
ons huidige ekonomiese stelsel is ’n globale masjien wat die omgewing verwoes en miljoene verloorders voortbring waarmee niemand weet wat om aan te vang nie
George Susan
ons is almal amateurs. Die lewe is te kort dat ons iets anders kan wees
Charlie Chaplin
ons is almal baie onkundig, maar nie almal onkundig oor dieselfde dinge nie
Albert Einstein
ons is almal gelyk voor die reg, maar nie voor diegene wat aangestel is om dit toe te pas nie
Stanislaw Jerzy Lec
ons is almal geneig om onsself aan ons ideale te beoordeel, maar ander aan hulle dade
Harold Nicolson
ons is almal verplig om sommige klein mallighede te behou ten einde die werklikheid te kan verdra
Marcel Proust
ons is lief vir die lewe, nie omdat ons gewoond is aan lewe nie, maar omdat ons gewoond is aan liefhê
Friedrich Wilhelm Nietzsche
ons is ons eie herinnering, ons is daardie denkbeeldige museum van veranderlike vorme, daardie hoop gebreekte spieëls
Jorge Luis Borges
ons is op ’n trein wat teen driehonderd kilometer per uur voortsnel, ons weet nie waarheen hy ons vat nie, en tot oormaat van ramp het ons besef dat daar geen masjinis is nie
Carlo Rubbia
ons is wat ons doen om te verander wat ons is
Eduardo Galeano
ons is wat ons voorgee om te wees, dus moet ons oppas wat ons voorgee om te wees
Kurt Vonnegut
ons kan altyd stop op pad boontoe, maar nooit op pad ondertoe nie
Napoleon Bonaparte
ons kan dwelmhandel nie wettig nie, omdat daar eenvoudig te veel geld in steek
Hillary Clinton
ons kan iemand niks ergers aandoen as om ons uitsluitlik met hom te bemoei nie
Elias Canetti
ons kan nie sensitiewer wees vir plesier as dit nie ook gepaardgaan met groter sensitiwiteit vir pyn nie
Alan Watts
ons kan óf teenstellende idees te bowe kom deur gesprek, óf ons moet die geleentheid skep daarvoor om gehoor te word. Dit is nie moontlik om sulke idees deur mag te bowe te kom nie, aangesien dit die vrye ontwikkeling van ons intelligensie aan bande lê
Ernesto Che Guevara
ons leer uit bitter ervaring dat die organisme wat sy omgewing vernietig, homself vernietig
Gregory Bateson
ons lewe in 'n gevaarlike era. Mense beheers die natuur voordat hulle geleer het om hulleself te beheers
Albert Schweitzer
ons lewens eindig op die dag wanneer ons stil raak oor dinge wat werklik saak maak
Martin Luther King
ons lewens word oorheers deur laevlak-impulse, net soos 50000 jaar gelede
Rita Levi Montalcini
ons maak 'n bestaan uit wat ons kry; ons maak 'n lewe uit wat ons gee
Winston Churchill
ons moet beskeie wees en terselfdertyd onthou dat die ander minderwaardig is aan ons
Oscar Wilde
ons moet ook nie lees om onsself en ons alledaagse lewe te vergeet nie, maar, inteendeel, om juis meer bewustelik en ryper ’n vaste greep op ons lewe te verkry
Hermann Hesse
ons moet plek maak vir die nuwe geslag; want as ons dit nie doen nie, sal hulle hul in elk geval laat geld
Luciano Lama
ons moet teen die taal veg om te voorkom dat daardeur formules, clichés en geykte sinne op ons afgedwing word – alles wat kenmerkend is van ʼn swak skrywer
Julio Cortázar
ons moet terugkom by die betekenis van woorde, en dit is wat die wesenlike werk van ʼn skrywer is, om die woordeboek te help skoonmaak
Eduardo Galeano
ons moet vreedsame doelwitte met behulp van vreedsame middele nastreef
Martin Luther King
ons moet waak teen onnodige innoverings, veral as ons deur logika gelei word
Winston Churchill
ons ontdek slegs ’n smaak in ons dae wanneer ons die verpligting van ons afwerp om ’n lotsbestemming te hê
Emil Cioran
ons sien dinge nie soos hulle is nie, maar soos ons is
Anaïs Nin
ons sou maar te skaam wees vir ons mooiste dade as die mense geweet het van al die motiewe daaragter
François de La Rochefoucauld
ons tuiste is nie ’n nasie nie, maar ’n taal
Emil Cioran
ons vergeet ons foute maklik wanneer dit slegs ons is wat daarvan weet
François de La Rochefoucauld
ons vryheid kan nie anders as deur persvryheid bewaak word nie, nog minder kan dit beperk word sonder die gevaar om dit te verloor
Thomas Jefferson
ons weet dat ’n man Goethe of Rilke in die aand kan lees, dat hy Bach en Schubert kan speel, en in die oggend na sy werk in Auschwitz kan gaan
George Steiner
ons weet nie wat met ons gebeur nie; dis wat met ons gebeur
José Ortega y Gasset
ons weet nie wie water uitgevind het nie, maar ons is seker dit was nie 'n vis nie
John Culkin
ons weet nou dat regering deur georganiseerde geld net so gevaarlik is as regering deur regering deur georganiseerde bendes
Franklin Delano Roosevelt
ons werk om ons ontspanning te verdien
Aristotle
ons word prinse gebore, maar die beskawingsproses maak van ons padda's
Eric Berne
onsedelikheid is so 'n afskuwelike skepping, hoe meer jy daarvan sien, hoe meer hou jy daarvan
Finley Peter Dunne
onsekerheid is ’n madeliefie waarvan jy nooit regtig die kroonblaartjies klaar gepluk kry nie
Mario Vargas Llosa
onsterflik is dié wat die hede aanvaar
Cesare Pavese
ontdekkings is van geen waarde vir die Derde Wêreld nie; dit vererger maar net die bestaande onreg
Ryszard Kapuściński
onthou altyd dat jy absoluut uniek is, net soos al die ander
Margaret Mead
onthou, selfs al sou jy drie duisend jaar lewe, of dertig duisend, dat jy nooit iemand se lewe behalwe jou eie kan verloor nie, en ook dat jy geen ander lewe daarna het nie. Daarom kom die kortste en die langste lewe op dieselfde neer. Die huidige oomblik word deur alle lewende wesens gedeel, maar tyd wat verby is, is vir altyd verby. Niemand kan die verlede of die toekoms verloor nie, want, as dit nie aan jou behoort nie, hoe kan dit van jou gesteel word?
Marcus Aelius Aurelius Antoninus
ontstel dit jou nie, ’n wêreld vol onkundiges met geen geheue anders as dié van hulle rekenaars nie?
Harold Bloom
ontwapeningskonferensies is soos brandvoorkomingsoefeninge deur kompulsiewe brandstigters
John Osborne
ontwikkeling is soos 'n dooie ster waarvan 'n mens die lig nog waarneem, al is hy al lankal en vir altyd uitgedoof
Gilbert Rist
ontwikkeling is 'n reis met meer skipbreukelinge as passasiers
Eduardo Galeano
onvergeetlike dae in ’n mens se lewe tel maar vyf of ses in totaal – die ander is net daar om die lewe op te vul
Ennio Flaiano
onvolwasse digters boots na. Volwasse digters steel
Thomas Stearns Eliot
ook die menslike natuur het my teleurgestel en ek het dit laat vaar, omdat dit te veel op my eie gelyk het
J.P. Donleavy
oor alle tye heen het skynheiliges, genaamd priesters, krone geplaas op die hoofde van diewe, genaamd konings
Rober Green Ingersoll
oor die afgelope drie dekades het ons van ʼn mark-ekonomie na ʼn markgemeenskap beweeg. ʼn Mark-ekonomie is ʼn werktuig, ʼn waardevolle en doeltreffende werktuig om produktiewe aktiwiteit te organiseer. Maar ʼn ‘markgemeenskap’ is ʼn plek waar alles te koop is. Dit is ʼn lewenswyse waar markwaardes elke sfeer van die lewe beheer
Michael Sendel
oor die onderwerp van waardes: geld hou ons in 'n brandkluis, maar drome ... in 'n laai
Mirco Stefanon
oorbodige dinge maak die lewe oorbodig
Pier Paolo Pasolini
oorlog is die mees wydverspreide vorm van moderne terrorisme
Gino Strada
oorlog is God se manier om die Amerikaners geografie te leer
Ambrose Bierce
oorlog is soet vir wie geen ondervinding daarvan het nie
Desiderius Erasmus von Rotterdam
oorlog is ’n les van die geskiedenis wat die mensdom nooit voldoende leer nie
Benito Mussolini
oorlog is ’n slagting tussen mense wat mekaar nie ken nie tot die voordeel van mense wat mekaar ken, maar mekaar nie onderling wil verdelg nie
Paul Valéry
oorlog kan 'n mens nie humaniseer nie, net afskaf
Albert Einstein
oorlog kom neer op bloedvergieting in ’n soeke na vrede; vrede is die voortsetting van stryd sonder bloedvergieting
Anonimo
oormatige haas om ’n guns te vergoed is ’n vorm van ondankbaarheid
François de La Rochefoucauld
oorspronklik verskil ’n kruier minder van ’n filosoof as ’n kettinghond van ’n windhond. Dit is die verdeling van arbeid wat die afgrond tussen die twee oopgemaak het
Karl Marx
oorspronklike bevolkings is die morele reserwe van die mensheid
Evo Morales
oorspronklikheid is onontdekte plagiaat
William Ralph Inge
oortuigings is gevaarliker vyande van die waarheid as leuens
Friedrich Wilhelm Nietzsche
op die oomblik, met die uitsondering van tabak, alkohol en televisie, is die meeste dwelms onwettig, en tog kan ons kinders dit enige tyd op enige hoek van die skool vind
Manu Chao
op die weg na wysheid is die eerste stap stilte, die tweede om te luister, die derde om te onthou, die vierde die toepassing, die vyfde om ander te leer
Solomon Ibn Gabirol
op ’n gegewe moment sal dit nodig wees, ten einde iets weer te laat werk, om alles te verloor
Isabelle Adjani
opvoeding is 'n lofwaardige ding, maar dis goed om soms te onthou dat wat regtig wetenswaardig is, nie aangeleer kan word nie
Oscar Wilde
opvoeding is ’n manier waarop ouers hulle tekortkomings na hulle kinders oordra
Mark Twain
ouderdom beteken vir my niks. Ek kan nie oud word nie; ek werk. Ek was oud toe ek een-en-twintig was en werkloos. Solank jy werk, bly jy jonk
George Burns
ouderdom is die mees onverwagse van alle dinge wat met 'n mens kan gebeur
Leon Trotsky