Logos Multilingual Portal

Select Language

a b d e f g h i j k l m n o p r s t u v w ʼn

kan ons werklik verwag dat diegene wat daarop uit is om ons uit te buit met ons opvoeding vertrou kan word?
Eric Schaub
kapitalisme is die ergste vyand van die mensdom
Evo Morales
kapitalisme is die gewettigde swendelary van die heersende klas
Al Capone
kennis is soos kerse: as een gebruik word om 'n ander aan te steek, verminder dit nie die lig van die eerste nie. Inteendeel, alles word helderder
Thomas Jefferson
kennis maak steeds vordering omdat ons in staat is om onsself te baseer op die werk van die groot geeste wat ons voorafgegaan het
Margherita Hack
kettery is maar net 'n ander woord vir vryheid van denke
Graham Greene
kies kant. Neutraliteit bevoordeel die onderdrukker, nooit die slagoffer nie. Swye moedig die folteraar aan, maar bemoedig nooit die gefolterde nie
Elie Wiesel
kieser: iemand wat die heilige voorreg geniet om vir 'n persoon te stem wat deur iemand anders uitgekies is
Ambrose Bierce
kinders het nog nooit goed na ouer mense geluister nie, maar het het ook nog nooit in gebreke gebly om hulle na te boots nie
James Baldwin
kinders vind alles in niks, grootmense vind niks in alles
Giacomo Leopardi
kom ons sê dat die digterlike gees uit twee soorte bestaan: sommige bedrewe om fabels uit te dink, en ander wat daaraan gewoond is om hulle te glo
Galileo Galilei
kom ons staan saam, dan is ons onoorwinlik
Simon Bolivar
kommunisme is die voltooide wesenlike eenwording van die mens met die natuur, die ware heropstanding van die natuur, die naturalisme deur die mens bereik en die humanisme wat deur die natuur bereik is
Karl Marx
konings word slegs erken aan die twee uiterstes van die sosiale leer
Pier Paolo Pasolini
konsekwentheid vereis dat jy vandag so onkundig moet wees soos 'n jaar gelede
Bernard Berenson
konsensus beteken dat elkeen saamstem om gesamentlik te sê wat niemand op sy eie glo nie
Abba Eban
konsul. In die Amerikaanse politiek iemand wat nie daarin kon slaag om ’n openbare amp te verkry nie, en so ’n amp van die Regering ontvang op voorwaarde dat hy die land verlaat
Ambrose Bierce
korrupsie is soos vullis. Dit moet elke dag verwyder word
Ignacio Pichardo Pagaza
kortheid is die kenmerk van venuf
William Shakespeare
kreatiewe geeste was nog altyd daarvoor bekend dat hulle enige tipe swak opvoeding kan oorleef
Anna Freud
kulturele bewustheid van ons intrinsieke en brose verbintenis met die ‘lewende aarde’ is die belangrikste werktuig om geregtigheid, volhoubaarheid en ʼn nuwe ekonomie te bevorder
Vandana Shiva
kultuur is altyd so – laag op laag van aanhalings op aanhalings, van idees wat aanleiding gee tot ander idees, lewendige uitruiling van woorde wat oor tyd en ruimte uitstrek
Rosa Montero
kultuur is nie om baie te lees nie, ook nie om veel te weet nie – dis om baie te ken
Fernando Pessoa
kultuur is wat oorbly in die mens nadat sy alles vergeet het
Edouard Herriot
kultuur is ’n instrument wat deur onderwysers gemanipuleer word om onderwysers voort te bring wat op hulle beurt onderwysers sal voortbring
Simone Weil
kuns is die leuen wat ons die waarheid laat verstaan
Pablo Picasso
kuns is towery, bevry van die leuen dat dit die waarheid is
Theodor W. Adorno
kuns is ’n hamer om die wêreld te smee, nie ’n spieël om dit te weerkaats nie
Vladimir Majakovskij
kuns was die stof van die alledaagse lewe van die siel af
Pablo Picasso