Logos Multilingual Portal

Select Language

a b d e f g h i j k l m n o p r s t u v w ʼn

idealisme is die edele toga wat die politieke here oor hulle sug na mag drapeer
Aldous Huxley
idealisme is piekfyn, maar soos dit nader kom aan werklikheid, raak dit onbekostigbaar
William F. Buckley
idealisme vermeerder in direkte verhouding tot 'n mens se afstand van die probleem
John Galsworthy
idees is kragtiger as kernwapens
Fidel Castro
idees is sterker as wapens. Ons sou nie wou toelaat dat ons vyande wapens besit nie, hoekom sou ons dan toelaat dat hulle idees besit?
Joseph Stalin
ideologie is die strengste tronkbewaarder van die gedagte
Yossi Sucary
iedereen beskou die grense van sy eie gesigsveld as die grense van die wêreld
Arthur Schopenhauer
iemand wat alleen is, is altyd in slegte geselskap
Paul Valéry
iemand wat geen goeie boeke lees nie, het geen voordeel bo dié wat dit nie kán lees nie
Mark Twain
iemand wat nie bereid is om vir iets te sterf nie, deug nie om te lewe nie
Martin Luther King
iemand wat nie tot woede in staat is nie, kan nie goedhartig wees nie
Henry Ward Beecher
iemand wat nooit ’n hond gehad het nie, weet nie wat dit beteken om liefde te gee of te ontvang nie
Arthur Schopenhauer
iemand wat vreemde tale nie ken nie, weet niks van sy eie nie
Johann Wolfgang von Goethe
iemand wat weet hoe om te lag, is baas van die wêreld
Giacomo Leopardi
iets is moreel as jy goed voel daarna, en immoreel as jy sleg voel daarna
Ernest Hemingway
illusies bly voorbestaan, ondanks rede en kennis
Giacomo Leopardi
in 1975 is Pasolini vermoor, en dit is verstommend om waar te neem hoe duur die tot swye bring van 'n enkele stem 'n hele nasie te staan kan kom
Aramcheck
in baie gevalle is dienstigheid nie ’n geval van dwang deur die meester nie, maar ’n versoeking vir die slaafse
Indro Montanelli
in die argeologie word blootgelê wat onbekend is; in die politiek word versluier wat bekend is
Thomas Pickering
in die ekonomie is die meerderheid altyd verkeerd
John Kenneth Galbraith
in die groot dinge wys mense hulle soos dit hoort, in die klein dingetjies soos hulle is
Nicolas de Chamfort
in die konsentrasiekampe het ons gewoonlik van minuut tot minuut geleef, en ons moes enige denke tot ’n minimum beperk, want denke put ’n mens uit
Haïm-Vidal Sephiha
in die lewe gaan dit alles om die vermoë om dinge goed op te neem. So vind die kunstenaar inspirasie, die jonges liefdeslus, die denkers briljante idees en almal die vreudgde om van hierdie aarde te wees
Guy de Maupassant
in die lewe is daar niks wat gevrees moet word nie, alles moet verstaan word
Marie Curie
in die politiek is die ware heilige dié een wat die mense gesel en doodmaak vir die beswil van die mense
Charles Baudelaire
in die reël het elke land die taal wat hy verdien
Jorge Luis Borges
in die reël maak ek net gebruik van woorde wat die waarde van die stilte verhoog
Eduardo Galeano
in die stryd tussen jou en die wêreld, staan agter die wêreld
Frank Zappa
in die Verenigde State word daar elke jaar meer tronke gebou as skole en kolleges
Jesús Sepúlveda
in die verlede het die magtiges gesag, wette en godsdiens gebruik om mense te onderwerp; deesdae het hulle ook sokker en televisie
Carl William Brown
in die verwarring bly ons bymekaar, gelukkig om saam te wees, en praat sonder om ‘n enkele woord te uiter
Walt Whitman
in een soen sal jy alles te wete kom wat ek nie gesê het nie
Pablo Neruda
in elke land en in elke era was die priester vyanddigesind teenoor vryheid
Thomas Jefferson
in gevalle van twyfel behoort 'n mens te kies wat reg is
Karl Kraus
in gewetensake het die wet van die meerderheid geen plek nie
Mohandas Karamchad Gandhi
in hierdie sin kan die kommuniste hulle teorie in een uitdrukking saamvat: Afskaffing van private eiendom
Karl Marx
in hierdie wêreld is daar net twee tragedies: die een is om nie te kry wat ’n mens wil hê nie, en die ander is om dit te kry
Oscar Wilde
in hierdie wêreld is dit nie dit wat ons aanvaar wat ons ryk maak nie, maar dit wat ons prysgee
Henry Ward Beecher
in Italië veg die meerderheid politici nie vir ideale nie, maar vir belange
Indro Montanelli
in krisistye breek daar ’n sosiale epidemie uit wat in alle vroeëre tydperke as ’n absurditeit beskou sou word: die epidemie van oorproduksie
Karl Marx
in krisistye is slegs verbeelding belangriker as kennis
Albert Einstein
in Kuba word menseregte nie gerespekteer nie, behalwe in Guantánamo
Anónimo
in my liefdesverhale het berou altyd ná die tyd gekom, deesdae gaan dit daaraan vooraf
Ennio Flaiano
in my tyd was daar geen blitsverkopers nie en kon ons nie prostitueer nie. Daar was niemand wat ons prostitusie sou koop nie
Jorge Luis Borges
in plaas daarvan om die rykes op te gee, moet ons die armes opgee
George Bernard Shaw
in plaas daarvan om 'n politikus die sleutels van die stad te gee, is dit dalk beter om die slotte te vervang
Doug Larson
in sommige situasies is onaangename woorde die bestein sommige situasies is onaangename woorde die beste
Anónimo
in tye van oorlog is die waarheid so kosbaar dat sy altyd deur ’n lyfwag van leuens bygestaan moet word
Winston Churchill
in tye van oorlog swyg die reg
Marcus Tullius Cicero
in verhouding tot hulle is alle mense Nazi's; vir die diere is dit 'n ewigdurende Treblinka
Isaac Bashevis Singer
in voorspoed ken ons vriende ons; in teenspoed ken ons ons vriende
John Churton Collins
in vriendskap soos in liefde, is ’n mens gelukkiger oor die dinge wat jy nie weet nie as oor dié wat wat jy wel weet
François de La Rochefoucauld
intelligensie is 'n morele kategorie
Theodor W. Adorno
is daar enigiets mooiers vir ’n volk as die taal van sy voorvaders?
Johann Gottfried von Herder
is makliker om die mensdom as geheel lief te hê as jou naaste
Eric Hoffer
Italianers verloor oorloë asof dit sokkerwedstryde is en sokkerwedstryde asof dit oorloë is
Winston Churchill
Italië ontaard in 'n toestand van welvaart wat neerslag vind in selfsug, onnoselheid, gebrek aan kultuur, geskinder, eiegeregtigheid, dwanghandeling, vormlikheid – fascisme leen hom op ’n sekere wyse daartoe om tot hierdie ontaarding by te dra
Pier Paolo Pasolini