Logos Multilingual Portal

Select Language

a b d e f g h i j k l m n o p r s t u v w ʼn

n onbevoegde advokaat kan 'n hofsaak vir maande of jare vertraag. 'n Bevoegde advokaat kan dit veel langer vertraag
Evelle Younger
ná drie verskynings op TV sê elke idioot nie net wat hyself dink nie, maar ook wat ander dink
Enzo Biagi
ná soveel lyding is daar tenminste die troos om soos 'n hond te kan sterf
Cesare Pavese
nadat deug gediskrediteer is, het hierdie eeu daarin geslaag om ook ondeug te diskrediteer
Nicolás Gómez Dávila
natuurlik wil niemand oorlog hê nie. Dis heel eenvoudig. Al wat ’n mens hoef te doen, is om hulle te vertel dat hulle aangeval word en die vredemakers te verwyt dat hulle onpatrioties is en die land blootstel aan gevaar. Dit werk in elke land so
Hermann Göring
navorsing oor siekte het sodanig gevorder dat dit byna onmoontlik is om iemand te vind wat heeltemal gesond is
Aldous Huxley
negentig persent van die politici gee die ander tien persent 'n slegte naam
Henry Alfred Kissinger
net belangrike mense het belangrike foute
François de La Rochefoucauld
net die dapperes weet hoe om te vergewe. 'n Lafaard nooit - dis nie in sy aard nie
Laurence Sterne
net dié wat dit waag om grootliks te misluk sal ooit grootliks kan presteer
Robert Francis Kennedy
net dit waarvoor 'n mens nie betaal nie, is duur
Camillo Sbarbaro
net soos ons bederf word deur die vleitaal van vriende, word ons dikwels gekorrigeer deur die berispings van vyande
Sant'Agostino
nie alleen aanvaar die meeste mense geweld indien dit deur 'n wettige gesag uitgevoer word nie, hulle beskou ook geweld teenoor sommige soorte mense as inherent wettig, ongeag wie dit pleeg
Edgar Z. Friedenberg
nie almal is verdoem tot intelligensie nie
Carlo Emilio Gadda
nie-kommunikasie is nie ʼn doodstoestand nie, maar wel om nie meer verstaan te kan word nie
Pier Paolo Pasolini
niemand behoort meer eiendom te besit as wat nodig is vir sy lewensonderhoud nie; die res behoort na regte aan die staat
Benjamin Franklin
niemand doen soveel skade as dié wat rondgaan om goed te doen nie
Mandell Creighton
niemand het die reg om alleen gelukkig te wees nie
Raoul Follereau
niemand is so jonk dat hy nie vandag sou kon sterf nie
Francesco Petrarca
niemand is so oud dat hy nie sal hoop om ten minste nog een dag langer te lewe nie
Lucius Annaeus Seneca
niemand kan jou minderwaardig laat voel sonder jou toestemming nie
Eleanor Roosevelt
niemand kan vir 'n aansienlike tyd een gesig aan homself en 'n ander aan die wêreld wys sonder om verward te raak oor watter die regte een is nie
Nathaniel Hawthorne
niemand kan wen sonder dat iemand anders verloor nie
Lucius Annaeus Seneca
niemand skinder oor ander mense se geheime deugde nie
Bertrand Russell
niemand stileer my hare beter as die wind nie
Alda Merini
niks berokken 'n land meer skade as wanneer listige mense hulle voordoen as intelligent nie
Francis Bacon
niks bestaan buiten atome en leë ruimte nie; die res is bloot opinies
Democritus
niks is moeiliker om te weerstaan as 'n bietjie vleitaal nie
Arnold Lobel
niks is onmoontlik vir dié wat dit nie self hoef te doen nie
A.H. Weiler
niks is ons eie nie, behalwe tyd
Lucius Annaeus Seneca
niks is onwettig as 'n honderd sakemanne besluit om dit te doen nie
Andrew Young
niks is op klip gebou nie; alles is op sand gebou, maar ons moet bou asof die sand klip was
Jorge Luis Borges
niks is permanent nie, behalwe verandering
Heraclitus
niks is so prakties soos 'n goeie teorie nie
Kurt Lewin
niks lyk leliker as redelikheid, as dit nie aan ons kant staan nie
George Savile
niks verarm iemand soveel as gierigheid nie
Anónimo
nogtans toon die hele geskiedenis van die moderne nywerheid dat die kapitaal, as dit nie ingehou word nie, sonder genade en barmhartigheid daarop uit is om die ganse arbeidersklas in hierdie toestand van uiterste verval te stort
Karl Marx
nood ken geen wet nie
Oliver Cromwell
nooit vantevore was daar so ‘n groot verskil tussen dié wat werk en dié wat geld maak sonder om te werk nie
Vandana Shiva
nostalgie is nie meer wat dit was nie
Simone Signoret
nuwigheid is so oud soos die wêreld
Jacques Prévert