Logos Multilingual Portal

Select Language

a b d e f g h i j k l m n o p r s t u v w ʼn

laat ander spog oor die bladsye wat hulle geskryf het; ek is trots op dié wat ek gelees het
Jorge Luis Borges
laat ek jou vertel van iets wat ons Israeli’s teen Moses hou. Hy het ons veertig jaar deur die woestyn laat trek om ons by die een plek in die Midde-Ooste te bring wat geen olie het nie
Golda Meir
laat hulle wat nie kan doen waaarvan hulle hou nie, hou van dit wat hulle doen
José Ortega y Gasset
laat jou lei deur die kind wat jy was
José Saramago
laat my toe om die geld van ’n nasie uit te reik en te beheer, en ek gee nie om wie sy wette maak nie
Mayer Amschel Rothschild
laat ons onsself verryk deur ons gemeenskaplike verskille
Paul Valéry
Las Vegas sal aanstoot neem as hulle vergelyk word met Wallstraat. In Las Vegas weet ’n mens wat die kanse is. In Wallstraat manipuleer hulle die kanse terwyl jy die spel speel
John Ensign
ledigheid is die wortel van alle kwaad - en die kroon op alle deugde
Franz Kafka
lees is vir die verstand wat oefening vir die liggaam is
Joseph Addison
lees is 'n vorm van geluk
Fernando Savater
lees, soos ek dit verstaan, beteken om toegewyde aandag te gee aan
Vittorio Alfieri
lesers is denkbeeldige persone wat deur die fantasie van skrywers geskep word
Achille Campanile
let op jou gedagtes … hulle word jou woorde. Let op jou woorde … hulle word jou dade. Let op jou dade … hulle word jou gewoontes. Let op jou gewoontes … hulle word jou karakter. Let op jou karakter … dit word jou lot
Frank Outlaw
lewe eenvoudiger sodat ander eenvoudig kan léwe
Mohandas Karamchad Gandhi
lewe sonder om te filosofeer is regtig om jou oë toe te hou sonder om hulle ooit te probeer oopmaak
René Descartes
lewenswysheid bestaan daarin om dit wat onnodig is, uit te skakel
Lin Yutang
liefde bestaan uit die oorskatting van die verskille tussen een vrou en 'n ander
George Bernard Shaw
liefde is nooit verspil nie
Miguel de Cervantes
liefde is om op ’n vreugde te wag wat, wanneer dit arriveer, uiteindelik verveel
Leo Longanesi
liefde? Miskien mettertyd, soos ons onsself slegter leer ken
Ennio Flaiano
lieg is 'n onontbeerlike deel van die taak om die lewe draaglik te maak
Bergen Evans
liewe demokrasie, kom terug huis toe, dis nog nie te laat nie
Ivano Fossati
linksgesindes het nie die vaagste benul van die wêreld waarin hulle lewe nie
José Saramago
lojaliteit is 'n verpligting teenoor onsself eerder as teenoor ander
Luigi Pirandello