Logos Multilingual Portal

Select Language

a b d e f g h i j k l m n o p r s t u v w ʼn

een persoon met 'n ideaal is gelyk aan 'n mag van nege-en-neëntig wat slegs belange het
John Stuart Mill
een van die eerste pligte van die geneesheer is om die massas op te voed om nie medisyne te neem nie
Osler William
een van die genietinge daarvan om ou briewe te lees, is die wete dat hulle geen antwoord benodig nie
Lord Byron
een van die grootse plesiere in die lewe is vriendskap, en een van die plesiere van vriendskap is om iemand te hê aan wie jy ’n geheim kan toevertrou
Alessandro Manzoni
een van die idees wat vir tydgenote na 'n pypdroom lyk, en na iets vanselfsprekends vir die nageslag, is die invoer van 'n gemeenskaplike taal tussen verskillende volksgroepe
Ludoviko Zamenhof
een van die moeilikste dinge in die lewe is om woorde in jou hart te hê wat jy nie kan uiter nie
James Earl Jones
een van die voordele van plesier bo pyn is dat ’n mens kan halt roep in die geval van plesier
Ugo Ojetti
eendag sal ons tog weer mense en nie net Jode wees nie
Anne Frank
eende lê hulle eiers in stilte terwyl henne soos mal goed kekkel. Die gevolg? Almal eet hoendereiers
Henry Ford
eensaamheid is vir die siel wat kos vir die liggaam is
Lucius Annaeus Seneca
eensaamheid word nie gevind nie, maar gemaak
Marguerite Duras
eerder as liefde, geld of roem, gee my die waarheid
Henry David Thoreau
eerlik gesê, af en toe is dit nodig om jou te vererg sodat alle reg verloop
Friedrich Wilhelm Nietzsche
eers emosie, en dan begrip!
Paul Gauguin
eers nadat die laaste boom afgekap is, eers nadat die laaste rivier vergiftig is, eers nadat die laaste vis gevang is, eers dan sal jy agterkom dat geld nie geëet kan word nie
Cree Indian Prophecy
eggenote is hoofsaaklik goeie vryers wanneer hulle hulle vroue verneuk
Marilyn Monroe
egskeiding van enige aard is ’n oefening in die regdokter van iets wat skeefgeloop het. Die stryd om te kan skei is ’n geveg agter die linies. Dit is teen die huwelik self dat daar geveg moet word
Luciano Bianciardi
eienaarskap is ’n lokval: dit wat ons meen dat ons besit, besit ons in werklikheid
Alphonse Karr
eiendom is ’n vloek vir die mensdom as dit gemonopoliseer word of in die besit van enkelinge is
John Adams
eintlik weet ’n mens net wanneer jy min weet – met die kennis groei die twyfel
Johann Wolfgang von Goethe
ek begryp nie dié gesanik oor die gebruik van gas nie. Ek is 'n sterk voorstander van die gebruik van gifgas teen onbeskaafde stamme. Die morele effek behoort goed te wees, en dit sal opwindende terreur versprei
Winston Churchill
ek behou my die reg voor, met beslistheid, om myself te weerspreek
Paul Claudel
ek beskou as ware mens iemand wat sy tong beheers
Don Lorenzo Milani
ek beskou die wêreld vir wat dit is, ’n verhoog waarop elkeen ’n rol moet speel
William Shakespeare
ek beskou elke vergryp teenoor 'n mens op grond van die feit dat so 'n persoon aan 'n bepaalde volksgroep, taalgroep of sosiale klas behoort, as barbaars
Ludoviko Zamenhof
ek bewonder mans bo sewentig, hulle bied ‘n mens die toewyding van ‘n leeftyd
Oscar Wilde
ek dink die doodmaak van enige dier ’n bietjie is soos om onsself dood te maak, en ek sien geen verskil tussen ’n dier se lyding en dié van ’n mens nie
Margherita Hack
ek dink ek sou kon omkeer en saam met die diere leef, hulle is so vreedsaam en selfgenoegsaam; ek staan en kyk lank na hulle en verlang. Hulle sweet en kla nie oor hulle toestand nie; hulle lê nie wakker in die donker en ween oor hulle sondes nie; hulle maak my nie siek deur hulle plig teenoor God te bespreek nie; nie een is ontevrede nie – nie een is waansinnig met die manie om dinge te besit nie; nie een kniel voor ʼn ander nie, ook nie voor sy soort wat duisende jare gelede gelewe het nie; nie is verantwoordelik of ywerig oor die hele aarde nie
Walt Whitman
ek dink Kissinger is die mees opsigtelike oorlogsmisdadiger op vrye voete ter wêreld
Gore Vidal
ek dink, daarom is ek
René Descartes
ek drink nie. Nie omdat dit ’n deug is nie, maar omdat daar ’n drankie is wat my meer aanstaan, naamlik water
Jorge Luis Borges
ek gaan nie aan jou tafel sit en na jou kyk terwyl jy eet, met niks op my bord, en myself ’n ete-gas noem nie. Om aan tafel te sit, maak nie van jou ’n ete-gas nie. Om hier in Amerika te wees, maak nie van my ’n Amerikaner nie
Malcolm X
ek gebruik partye op dieselfde wyse as wat ek taxi's gebruik: ek klim in, betaal vir die rit, en klim uit
Enrico Mattei
ek glo dat bankinstellings gevaarliker is vir ons vryhede as staande leërs. As die Amerikaanse volk ooit sou toelaat dat private banke die kwessie van hulle valuta beheer, eerstens deur inflasie, dan deur deflasie, sal die banke en korporasies wat rondom die banke tot stand kom, die mense van alle eiendom ontneem tot hulle kinders ontwaak – haweloos op die vasteland wat hulle vaders verower het
Thomas Jefferson
ek glo dat ons dit eendag sal verdien om vry te wees van regerings
Jorge Luis Borges
ek glo dat solank daar oorvloed is, armoede boos is
Robert Francis Kennedy
ek glo ek het die skakel tussen die dier en homo sapiens gevind: dis ons
Konrad Lorenz
ek glo ernstig, saam met u, dat bankinstellings gevaarliker is as staandemag-leërs
Thomas Jefferson
ek glo nie dat ’n man soveel werd is dat hy twee vroue kan hê nie, of dat ’n vrou so min werd is dat sy die tweede keuse moet wees nie
Marilyn Monroe
ek glo nie in wonderwerke nie. Ek het al te veel gesien
Oscar Wilde
ek glo van harte dat revolusie die bron is van die reg
Fidel Castro
ek het aan die Heilige Maagd verskyn
Carmelo Bene
ek het altyd geglo dat, as daar een plek op aarde is waar daar geen suiwer rasse bestaan nie, dit beslis Italië moet wees. Ons voorvaders het veels te veel geleenthede tot vermaak gehad
Enzo Biagi
ek het baie lewens gehad deur die lang eeue. Die mens, die individu, het geen morele vooruitgang gemaak oor die afgelope tienduisend jaar nie. Ek kan dit absoluut bevestig
Jack London
ek het die ergste sonde ooit gedoen: ek was nie gelukkkig nie
Jorge Luis Borges
ek het eenkeer 'n woordeboek van hoek tot kant deurgelees; ek het gedink dis 'n pragtige gedig oor alles
Ophelia
ek het eenvoudige smaak. Ek is altyd tevrede met die beste.
Oscar Wilde
ek het geleer dat 'n lewe niks werd is nie, maar dat niks soveel werd is as 'n lewe nie
André Malraux
ek het geleer om die woord 'onmoontlik' met die grootste versigtigheid te gebruik
Wernher von Braun
ek het gesien hoe die wetenskap wat ek aanbid het en die vliegtuie wat ek liefgehad het die beskawing verwoes het in wie se diens ek verwag het hulle sou staan
Charles Lindbergh
ek het hierdie tekening binne vyf minute voltooi, maar dit het my sestig jaar gevat om dit te kon doen
Auguste Renoir
ek het meer uit alkohol geneem as alkohol uit my
Winston Churchill
ek het my aan die ondersoek na die aard van die lewe gewy en weet nie waarom en waarvoor dit daar is nie
Severo Ochoa
ek het my jare in die Parlement net soveel gehaat as dié by die Hoërskool Azeglio van Turyn. ’n Totaal nuttelose tydsverkwisting
Susanna Agnelli
ek het my lewe altyd so beplan dat ek kon sterf met driehonderdduisend dinge op my gewete, maar nie 'n enkele verwyt nie
Fabrizio De André
ek het my lewe daaraan bestee om die reël te bevestig
Sacha Guitry
ek het nie tyd om haastig te wees nie
John Wesley
ek het nodig dat mense my nodig het
Anónimo
ek het nooit bedoel om deur my skryfwerk na aan die publiek te kom nie. Eintlik het ek nooit bedoel om na aan enigeen te kom nie
Jorge Luis Borges
ek het nooit die skool met my opvoeding laat inmeng nie
Mark Twain
ek het regtig nie veel vertroue in statistieke nie. ’n Man met sy kop in ’n oond en sy voete in ’n vrieskas het statisties ’n gemiddelde liggaamstemperatuur
Charles Bukowski
ek het tot die gevolgtrekking gekom dat die politiek 'n saak is wat te ernstig is om aan politici oor te laat
Charles De Gaulle
ek het volmaaktheid nagestreef en verwoes wat goed gewerk het
Claude Monet
ek het 'n uitstekende geheue om te kan vergeet
Robert Louis Stevenson
ek het ’n vreedsame saambestaansooreenkoms met die tyd aangegaan: hy vervolg my nie, en ek vlug ook nie voor hom nie, maar eendag sal ons mekaar ontmoet
Mario Lago
ek hoop ek word nooit so oud dat ek godsdienstig raak nie
Ingmar Bergman
ek is bekommerd, omdat ek idees kry waarmee ek nie saamstem nie
Francesco Tullio Altan
ek is deel van alles wat ek op my pad aangetref het
Alfred Tennyson
ek is dol oor politieke partye. Dis die enigste plek wat oorbly waar mense nie politiek praat nie
Oscar Wilde
ek is eers waarlik vry wanneer alle mense rondom my, sowel mans as vroue, eweneens vry is
Michail Bakunin
ek is getroumatiseer deur die wettiging van aborsie, omdat ek, soos baie ander, dit beskou as die wettiging van moord
Pier Paolo Pasolini
ek is goddank nog steeds 'n ateïs
Luis Buñuel
ek is liewer ’n optimis wat verkeerd is as ’n pessimis wat reg is
Kurt Gödel
ek is mal oor gesels. Dikwels praat ek met myself, net om myself te hoor praat. Soms is ek so slim dat selfs ek nie verstaan wat ek gesê het nie
Oscar Wilde
ek is nie jonk genoeg om alles te weet nie
Oscar Wilde
ek is nie net 'n pasifis nie; ek is 'n militante pasifis. Ek is bereid om vir vrede te veg
Albert Einstein
ek is nie 'n kommunis nie. Ek kan dit nie bekostig nie
Ennio Flaiano
ek is nie ’n pessimis nie. Om boosheid te herken waar dit voorkom, is myns insiens ’n vorm van optimisme
Roberto Rossellini
ek is omring deur priesters wat aanhoudend aanspraak maak op hulle gesag as nie van hierdie wêreld nie, maar wat desnieteenstaande alles gryp wat binne hulle bereik kom
Napoleon Bonaparte
ek is optimisties oor die toekoms van die pessimisme
Jean Rostand
ek is sekerlik mal; maar as ek nie is nie, behoort nie een van die ander ook los rond te loop nie
George Bernard Shaw
ek is so lief vir Duitsland dat ek twee van hulle verkies
Giulio Andreotti
ek is sterk ten gunste van die gebruik van gifgas teen onbeskaafde stamme
Winston Churchill
ek is ten gunste van agting vir die wet solank dit gebruik word om die swakstes onder ons te beskerm
Romano Prodi
ek is ten gunste van die doelbewuste verspreiding van metodies voorbereide bakterieë onder mense en diere, swamme … om die oeste te verwoes, antraks om perde en vee uit te roei, en die pes, ten einde nie net hele leërs te dood nie, maar ook die inwoners van groot gebiede
Winston Churchill
ek is ten gunste van die wettiging van dwelms. Volgens my waardesisteem het mense wat hulleself wil doodmaak, alle reg daartoe. Die meeste skade wat dwelms berokken, is as gevolg van die feit dit onwettig is
Milton Friedman
ek is ’n man met dieselfde beperkings as enigeen van my generasie. Maar ek het nooit gesê wat ek nie wou sê nie, selfs al het ek nie altyd gesê wat ek wou sê nie
Enzo Biagi
ek is ’n swaar las op ’n persoon, ek versmoor hom byna en eis dat hy my moet dra; en sonder dat ek hom verligting gee, oortuig ek myself en ander dat ek jammer is en dit vir hom maklik wil maak op enige moontlike wyse, maar nie deur hom toe te laat om ontslae te raak van my gewig nie
Leo Tolstoy
ek kan brute geweld verduur, maar brute redelikheid is totaal ondraaglik
Oscar Wilde
ek kan dit nie bekostig om my tyd te mors deur geld te maak
Alexander Agassiz
ek kan nie saam met iemand lewe wat nie sonder my kan lewe nie
Nadine Gordimer
ek kon nog nooit verstaan hoe hulle seuns kan leer hoe om om dorpies met napalm te bombardeer – en hulle nie die woord ”fok” op hulle vliegtuie te laat skryf nie
Marlon Brando
ek leef dus in die wêreld as 'n waarnemer van die mensdom, eerder as een van die spesie
Joseph Addison
ek lees die koerant gretig. Dit is my enigste vorm van deurlopende fiksie
Aneurin Bevan
ek lees ook boeke, baie boeke; maar ek leer minder daaruit as uit die lewe. Net een boek het my baie geleer – die woordeboek. Die woordeboek, o hoe mal is ek daaroor! Maar ek hou ook van die pad, ’n selfs wonderliker woordeboek
Ettore Petrolini
ek moet hulle volg, omdat ek hulle leier is
Alexandre Auguste Ledru-Rollin
ek net iemand wat my beperk tot die oplig van ’n klip en te kyk wat daaronder is. Dis nie my skuld as daar nou en dan monsters uitkom nie
José Saramago
ek ontken dus nie dat medisyne nuttig vir sommige mense is nie, maar ek sê dat dit dodelik is vir die mensdom
Jean-Jacques Rousseau
ek ontken nie dat vroue onnosel is nie: die Almagtige het hulle geskape om by die man te pas
George Eliot
ek sal na alle grondgebiede kry asof dit aan my behoort, en myne asof dit aan almal behoort
Lucius Annaeus Seneca
ek sal nooit vir my oortuigings sterf nie, want ek sou verkeerd kon wees
Bertrand Russell
ek sê gewoonlik wat ek dink. Maar deesdae is dit ’n ernstige fout, aangesien ’n mens gevaar loop om misverstaan te word
Oscar Wilde
ek sien nou die geheim daarvan om die beste mense te vorm: dit is om op te groei in die opelug en met die aarde te eet en te slaap
Walt Whitman
ek skilder die dinge nie soos ek hulle sien nie, maar soos ek hulle dink
Pablo Picasso
ek skryf nooit my naam op die boeke wat ek koop voordat ek dit gelees het nie, want dis eers dan wanneer ek dit my eie kan noem
Carlo Dossi
ek sou graag die sterftesertifikaat van elke mens in dieselfde taal geskryf sien as sy/haar geboortesertifikaat
Bertolt Brecht
ek sou graag wou hê dat priesters moet trou, e nie net heteroseksueles nie
Anónimo
ek staan die wettiging van alle dwelms voor, om een rede: Ek hou nie van die mafia nie
Manu Chao
ek verwag nooit van 'n soldaat om te dink nie
George Bernard Shaw
ek voel my nie verplig om te glo dat dieselfde God wat ons beklee het met begrip, rede en intellek bedoel het dat ons die gebruik daarvan moet vergeet nie
Galileo Galilei
ek voel werklik dat die egte vertaling van teks begrip van die teks vereis, en begrip vereis dat ’n persoon in die wêreld geleef en daarmee te doen gehad het, en nie slegs die manipulering van woorde is nie
Douglas Hofstadter
ek vrees werklik dat die Jode soos alle onderdruktes is. Wanneer hulle bo uitkom, is hulle net so onverdraagsaam en wreed soos die mense teenoor hulle was toe hulle onder was
Harry S. Truman
ek was al op ’n kalender, maar nooit op tyd nie
Marilyn Monroe
ek was antikommunisties toe daar kommuniste was
Giovanni Sartori
ek was nie bang vir die woorde van die gewelddadiges nie, maar wel vir die stilte van die eerlikes
Martin Luther King
ek was nog nooit die outeur van enigiets nie, want ek het nog altyd gevis na dinge wat in die lug was
Nicanor Parra
ek weet baie goed dat, omdat ek ongeletterd is, sommige aanmatigende mense sal dink dat hulle die reg het om my te kritiseer deur te sê dat ek ’n ongekultiveerde man is. Watter onnosele gekke! Weet hulle nie dat ek hulle kan antwoord nes Marius die Romeinse patrisiërs nie: “Beweer dié wat spog met die werke van andere dat hulle oor myne die mond kan rek?”
Leonardo Da Vinci
ek weet dat poësie onontbeerlik is, maar waarvoor weet ek nie
Jean Cocteau
ek weet nie of God bestaan nie, maar indien nie, maak hy 'n beter indruk
Stefano Benni
ek weet nie van 'n enkele fout wat ek nie self sou kon gemaak het nie
Johann Wolfgang von Goethe
ek weet niks van die hedendaagse letterkunde nie. Dis al ’n hele tydjie dat my tydgenootlike skrywers die Grieke is
Jorge Luis Borges
ek wil met jou doen wat die lente met kersiebome doen
Pablo Neruda
ek wil nie alleen wees nie, ek wil alleen gelaat word
Audrey Hepburn
ek wil nie op die operasietafel beland ten einde nog ’n paar maande te lewe nie – dis nie die moeite werd nie. Ek verkies om te sterf met ’n glimlag
Margherita Hack
ek wil niks bewys nie, ek wil net wys
Federico Fellini
ek wy hierdie uitgawe aan my vyande, wat my soveel in my loopbaan gehelp het
Camilo José Cela
elke gedagte is 'n uitsondering op die algemene reël van nie te dink nie
Paul Valéry
elke goeie daad is maar net 'n demonstrasie van mag
Miguel de Unamuno
elke idioot verwar prys met waarde
Antonio Machado
elke keer wanneer jy gaan inkopies doen, stem jy
Alex Zanotelli
elke keer wanneer 'n bepaalde soort vryheid onder bespreking kom, is dit vryheid as sodanig wat onder bespreking kom
Karl Marx
elke man het 'n taak in die lewe, en dis nooit dié een wat hy sou wou gehad het nie
Hermann Hesse
elke man wat die naam werd is, moet die hou teen enige ander man se wang asof teen sy eie ervaar
José Martí
elke mens se herinneringe is sy private literatuur
Aldous Huxley
elke nasie spot oor die ander, en almal is reg
Arthur Schopenhauer
elke oomblik van ons is nooit dieselfde nie, en ons is nooit dieselfde van een oomblik na die volgende, van een tydperk na die volgende nie
Heraclitus
elke oortuiging is 'n gevangenis
Friedrich Wilhelm Nietzsche
elke revolusie verdamp en laat slegs die slym van 'n nuwe burokrasie agter
Franz Kafka
elke verandering van ons wette neem geld uit iemand se sak en sit dit in iemand anders s'n
George Bernard Shaw
elke vrou sou graag getrou wou wees. Die probleem is om 'n man te vind om aan getrou te wees
Marlene Dietrich
elke woord is vals. Maar wat is daar sonder woorde?
Elias Canetti
elke woord was eenmaal ’n neologisme
Jorge Luis Borges
elkeen bestempel iets waaraan ons nie gewoond is nie as barbaars
Michel de Montaigne
elkeen het die tekortkominge van sy eie kwaliteite
Adriano Olivetti
elkeen hoor tog net wat hy verstaan
Johann Wolfgang von Goethe
elkeen is soos God hom gemaak het, en dikwels erger
Miguel de Cervantes
elkeen wat na sy eie foute kyk, sien dié foute nie by ander raak nie
Ali ibn Abi Talib
en mense het minder gewensbesware om ’n geliefde te beledig as iemand wat gevrees word
Niccolò Machiavelli
en om te voorkom dat dit gesteel word ... word geld aan die banke toevertrou
Anónimo
en ons sou elke waarheid as vals moet bestempel wat nie met 'n lagbui gepaard gaan nie
Friedrich Wilhelm Nietzsche
en ons wil graag hê dat die dag moet aanbreek waarop ons aan ons mans en vroue wat reeds gesterf het, net drie dinge kan sê: ons het nie oorgegee nie, ons het nie opgegee nie, ons het ons nie uitverkoop nie
Subcomandante Marcos
en so ontdek ons ‘n eenvoudige en dubbele waarheid: eerstens is ons ‘n gemeenskap van mense wat dieselfde taal praat, en tweedens is die feit dat ons dit praat, is, onder andere, ‘n manier van menswees
Octavio Paz
en soms word ons lig uitgedoof, maar word deur ‘n ander mens aan die brand geblaas. Elkeen van ons is die diepste dankbaarheid verskuldig aan dié wat hierdie lig weer aangesteek het
Albert Schweitzer
en van alle plae waarmee die mensdom geteister word, is kerklike tirannie die ergste
Daniel Defoe
en wat vroeër “om Gods wil” gedoen is, word nou ter wille van geld gedoen, dit wil sê ter wille daarvan wat nou in die hoogste mate magsgevoel en ’n goeie gewete gee
Friedrich Wilhelm Nietzsche
enige Amerikaner wat bereid is om ʼn kandidaat vir die presidentskap te wees, behoort outomaties, per definisie, vir altyd daarvan gediskwalifiseer te word
Gore Vidal
enige emosie, indien dit opreg is, is onwillekeurig
Mark Twain
enige idioot kan 'n krisis hanteer; dis die lewe van elke dag wat jou uitput
Anton Chekhov
enige stad of dorp, hoe klein ook al, is eintlik in twee verdeel: een vir die armes en een vir die rykes, en hulle verkeer in oorlog met mekaar
Plato
enigeen kan simpatiseer met die lyding van ʼn vriend, maar dit vereis ʼn verfynde geaardheid om met ʼn vriend se sukses te simpatiseer
Oscar Wilde
enigeen wat die mag besit, selfs vir een minuut, pleeg ’n misdaad
Luigi Pintor
enigeen wat die vermoë behou om skoonheid te bly waardeer, word nooit oud nie
Franz Kafka
enigeen wat glo dat eksponensiële groei vir altyd sal duur in 'n eindige wêreld, is óf kranksinnig, óf ’n ekonoom
Kenneth Boulding
enigeen wat mense leer om te sterf, leer hulle om te lewe
Michel de Montaigne
enigiets wat ’n mens jou kan verbeel, sal eendag werklikheid word
Jules Verne
ensaamheid is iets moois; maar daar moet iemand wees om vir jou te sê dat eensaamheid iets moois is
Honoré de Balzac
ernstige sport het niks te doen met skoon spel nie. Dit is nou verbonde met haat, jaloesie, spoggerigheid, veronagsaming van alle reëls en ‘n sadistiese genot om geweld te aanskou. Met ander woorde, dit is oorlog minus die skietery
George Orwell
ervaring - dis eenvoudig wat ons ons foute noem
Oscar Wilde
ervaring is 'n goeie leerskool, maar die skoolgeld is hoog
Heinrich Heine