Logos Multilingual Portal

Select Language

a b d e f g h i j k l m n o p r s t u v w ʼn

ja vir die markekonomie, nee vir die markgemeenskap
Lionel Jospin
ja, ons is driemaal ryker as ons grootouers. Maar is ons driemaal gelukkiger?
Tony Blair
jaloesie is 'n geblaf van honde wat diewe lok
Karl Kraus
jeug is 'n siekte waarvan ons almal herstel
Dorothy Fuldheim
joernaliste glo nie die leuens van politici nie, maar herhaal dit - wat erger is!
Coluche
joernalistiek is om te publiseer wat iemand nie wil hê ons moet weet nie; die res is propaganda
Horacio Verbitsky
joernalistiek is slegs die kuns om ’n oop ruimte te vul
Rebecca West
jong paartjies het geen idee hoeveel hulle aan televisie verskuldig is nie. Vroeër moes hulle selfs met mekaar praat
Isidoro Loi
jongmense aanvaar deesdae dat geld alles is, en as hulle ouer word, weet hulle dit
Oscar Wilde
jou gewete is wat jou ma jou vertel het voordat jy ses geword het
Brock Chisholm
julle vergeet dat die vrugte van die aarde aan almal behoort maar die aarde self aan niemand nie
Jean-Jacques Rousseau
julle wat veilig in julle warm huise woon, julle wat saans by die huis kom en warm kos en vriendelike gesigte daar aantref: kyk of hy ʼn man is wat in die modder werk, wat vrede nie ken nie, wat veg om ʼn stukkie brood, wat sterf as gevolg van ʼn ja of ʼn nee
Primo Levi
jy gaan toelaat dat die vrees vir armoede jou lewe beheers, en as beloning sal jy kan eet, maar nie leef nie
George Bernard Shaw
jy het geen beheer oor wat met jou gebeur nie, maar wel oor jou houding teenoor wat met jou gebeur
Brian Tracy
jy het genoeg gespeel, genoeg geëet en genoeg gedrink: dis tyd dat jy gaan
Quintus Horatius Flaccus
jy het niks verstaan nie, omdat jy ’n deursneemens is. ’n Deursneemens is ’n monster, ’n gevaarlike misdadiger, ’n konformis, rassis, slawedrywer en iemand wat vere voel vir die politiek
Pier Paolo Pasolini
jy hoef maar net 'n persoon te verbeter om hom te ruïneer
Oscar Wilde
jy hoef nie boeke te verbrand om 'n kultuur te vernietig nie. Kry net die mense sover om hulle op te hou lees
Ray Bradbury
jy is mos juffrou Smith, die dogter van die multi-miljoenêr-bankier Smith, nie waar nie? O nee? Ag vergewe my, ek het vir ’n oomblik gedink ek is verlief op jou
Groucho Marx
jy kan al die mense die hele tyd om die bos lei as die reklame reg is en die begroting groot genoeg
Joseph Levine
jy kan buitengewone dinge vermag as jy nie die eer daarvoor wil inoes nie
Edward Moore 'Ted' Kennedy
jy kan egter nie sê dat die beskawing nie vooruitgaan nie, want in elke oorlog maak hulle jou op 'n ander manier dood
Will Rogers
jy kan gee sonder om lief te hê, maar jy kan nie liefhê sonder om te gee nie
Amy Carmichael
jy kan nie handskud met 'n gebalde vuis nie
Indira Gandhi
jy kan niks vir 'n mens leer nie; jy kan hom slegs help om dit binne homself te ontdek
Galileo Galilei
jy kan nooit 'n revolusie hê om ʼn demokrasie te vestig nie – jy moet ʼn demokrasie hê om ʼn revolusie te hê
Gilbert Keith Chesterton
jy moet jou benadering verander, nie die hemel nie
Lucius Annaeus Seneca
jy moet 'n optimis wees om 'n Demokraat te wees, en 'n humoris om een te bly
Will Rogers
jy sal baie tyd hê as jy dit nie mors nie
Bernard le Bovier de Fontenelle
jy sal in die woude meer vind as in boeke. Die bome en die rotse sal jou dinge leer wat geen meester jou sal vertel nie
Bernard De Clairvaux
jy sal nooit gelukkig wees as jy bly soek na dit waaruit geluk bestaan nie. En jy sal nooit werklik lewe as jy na die sin van die lewe soek nie
Albert Camus
jy sou my nie gesoek het as jy my nie klaar gevind het nie
Blaise Pascal