Logos Multilingual Portal

Select Language

a b d e f g h i j k l m n o p r s t u v w ʼn

gas is ’n genadiger wapen as die hoogs plofbare granaat, en dwing ’n vyand tot die aanvaarding van voorwaardes met ’n kleiner verlies aan menselewens as enige ander oorlogsmiddel
Winston Churchill
gedagtes hou jou terug, dinge beweeg jou voorwaarts
Nina Ivanoff
gedagtes, nes vlooie, spring van mens tot mens, maar hulle byt nie elkeen nie
Stanislaw Jerzy Lec
gedurende sy lewe kan 'n man van vrou, politieke party of geloof verander; maar waarvan hy nie kan verander nie, is van sokkerspan
Eduardo Galeano
gee aan elkeen jou oor, maar jou stem aan min. Aanvaar elkeen se oordeel, maar hou jou eie vir jouself
William Shakespeare
geen dokter kan volle herstel belowe nie, maar elke dokter moet natuurlik volledige sorg van die pasiënt kan beloof
Patch Adams
geen mens wat sy eie taal ten volle beheers kan ooit ’n ander bemeester nie
George Bernard Shaw
geen regering kan lank stand hou sonder 'n gedugte opposisie nie
Benjamin Disraeli
geen teorie van demokrasie bevraagteken die feit dat een van die kenmerke van 'n diktatorskap die monopolie oor inligting is nie
Giovanni Sartori
geen twee persone het ooit dieselfde boek gelees nie
Edmund Wilson
geen vrou sal 'n dobbelende eggenoot kan uitstaan nie, tensy hy voortdurend wen
Thomas Dewar
gekke, hulle weet nie hoeveel meer die helfte is as die geheel nie
Hesiod
geld help ’n mens om armoede te kan dra
Alphonse Allais
geld is die moedersmelk van die politiek
James A. Unruh
geld is ’n goeie dienskneg maar ’n slegte baas
Alexander Dumas
geld kan nie geld voortbring nie
Tommaso d'Aquino
geluk is die blywende weelde om behoorlik bedrieg te wees
Jonathan Swift
geluk is nie iets wat jy ervaar nie; dis iets wat jy onthou
Oscar Levant
geluk is om met jouself oor die weg te kom
Luis Buñuel
geluk is soos ’n skoenlapper wat, as jy hom volg, altyd buite jou bereik bly, maar, as jy saggies gaan sit, op jou sal afklim
Nathaniel Hawthorne
geluk is ’n denkbeeldige toestand, vroeër deur lewendes toegeskryf aan die dooies, en deesdae deur ouers aan kinders, en deur kinders aan ouers toegeskryf
Thomas Szasz
geluk is ’n wonderlike ding: hoe meer jy gee, hoe meer hou jy oor
Blaise Pascal
geluk kry jy net as jy nie daarna soek nie
Anton Chekhov
gelukkig het Bush tot die verdediging van die demokrasie gekom
Anónimo
gelukkig is die man, nie wat niks meer kan ontvang nie, maar van wie die noodlot niks meer kan wegneem nie
Francisco de Quevedo y Villegas
gelukkig is jy wanneer dit wat jy dink, sê en doen in harmonie is
Mohandas Karamchad Gandhi
georganiseerde misdaad is maar net die ander (vuil) gesig van die dollar
Raymond Chandler
geregtigheid is eenvoudig die belang van die sterkste
Plato
geregtigheid is niks anders nie as die voordeel van die sterkere
Thrasymachus
geseend is die man wat geen dank verwag nie, want hy sal nie teleurgestel word nie
W.C. Bennett
geseënde Kersfees en ‘n gelukkige nuwe jaar
Anonymous
getrouheid is die kuns om owerspel slegs in jou gedagtes te pleeg
Décoly
getrouheid is waar die liefde sterker is as instink
Paul Carvel
geweld is die vroedvrou van elke ou gemeenskap wat swanger is aan 'n nuwe
Karl Marx
gewoonlik is vreeslike dinge wat aangerig word met die verskoning dat dit nodig is ter wille van vooruitgang, nie regtig vooruitgang nie, maar eenvoudig net vreeslike dinge
Russell Baker
glimlag, jou tande is nie net gemaak vir eet of byt nie
Man Ray
glo alles wat jy van die wêreld vertel word; niks is te erg om onmoontlik te kan wees nie
Honoré de Balzac
glo julle dan die Lieweheer Katoliek is?
Georg Christoph Lichtenberg
globalisering is 'n proses wat die sterkes in staat stel om die swakkes uit te buit
Alejandro Llano
God kan nie die verlede verander nie, daarom is Hy verplig om die bestaan van historici te verduur
Samuel Butler
God sal my vergewe. Dis sy beroep
Heinrich Heine
goddank, ek is 'n kommunis
Jorge Amado
grense help net om mense te verarm, maak hulle wreed teenoor mekaar, laat hulle 'n vreemde en onbegryplike taal met mekaar praat oor lewensruimte, geopolitieke noodsaaklikhede, en laat hulle teenoor mekaar dogmatiese oneerbiedighede teen buitelandse immigrante uitspreek, amper asof hulle melaatses is, en die wrede wyse waarop elke bevolkingsgroep hul binne hulself insluit kan, in plaas van ellende en ontevredenheid, byna rykdom en mag skep
Luigi Einaudi
groot is die mag van die gewoonte
Marcus Tullius Cicero
groot liefdesverhoudings begin op ’n duidelik herkenbare wyse: sodra jy haar sien, vra jy: wie is daardie tert?
Ennio Flaiano
groot manne is die eensaamste
Charles Bukowski
grootheid bestaan nie daarin om eerbewyse te ontvang nie, maar te verdien
Aristotle
grootheid bestaan nie sonder eenvoud nie
Leo Tolstoy
grootheid is net in stilte te vind; die res is alles swakheid
Alfred de Vigny