Logos Multilingual Portal

Select Language

a b d e f g h i j k l m n o p r s t u v w ʼn

daar behoort een dag te wees - net een dag - wanneer die jag op senatore geopen is
Will Rogers
daar bestaan nie iets soos slegte plante of slegte mense nie - net slegte kwekers
Victor Hugo
daar bestaan slegs een soort sukses – om jou lewe op jou eie manier te lewe
Christopher Morley
daar is altyd 'n bietjie waansinnigheid in die liefde; maar daar is altyd ook 'n bietjie redelikheid in waansin
Friedrich Wilhelm Nietzsche
daar is altyd ‘n regte manier en ‘n verkeerde manier, en die verkeerde manier lyk altyd na die redelikste
George Moore
daar is baie dinge wat ons sou weggooi as ons nie bang was dat iemand anders dit mag optel nie
Oscar Wilde
daar is derduisende mense daarbuite wat lewens lei van stille, skrille radeloosheid en lang, moeilike ure werk in betrekkings wat hulle verfoei, om hulle in staat te stel om dinge te koop wat hulle nie nodig het nie ten einde mense te beïndruk van wie hulle nie hou nie
Nigel Marsh
daar is deure na die see wat deur woorde ontsluit word
Rafael Alberti
daar is dinge wat 'n mens nooit moet doen nie, nóg by dag, nóg by dag, nóg op see, nóg op land: soos byvoorbeeld oorlog
Gianni Rodari
daar is drie goed wat ek altyd vergeet: name, gesigte, en die derde een weet ek nie meer nie
Italo Svevo
daar is een ding wat skrikwekkender is as laster: die waarheid
Charles Maurice de Talleyrand-Périgord
daar is een manier om vas te stel of ’n man eerlik is: vra hom! As hy ja sê, is hy ’n skelm
Groucho Marx
daar is een reël vir politici dwarsoor die wêreld: moenie aan bewind sê wat jy in opposisie sê nie; indien wel, sal jy net moet uitvoer wat die ander ouens onmoontlik gevind het
John Galsworthy
daar is eerlike joernaliste, net soos daar eerlike politici is. As hulle gekoop is, bly hulle gekoop
William Moyers
daar is geen begin en geen einde nie, net die oneindige passie vir die lewe
Federico Fellini
daar is geen beter belegging vir enige gemeenskap nie as om melk in babatjies te plaas
Winston Churchill
daar is geen feite nie, slegs interpretasies
Friedrich Wilhelm Nietzsche
daar is geen geheime wat beter bewaar word as die geheime wat almal raai nie
George Bernard Shaw
daar is geen geluk sonder vryheid nie, en geen vryheid sonder moed nie
Pericles
daar is geen gematigde godsdiens nie; religie doen die rede altyd geweld aan
Patrick Emin
daar is geen hartstog waarin die ego so sterk optree as in verliefdheid nie; ‘n mens is altyd meer geneë om die rus van die geliefde te versteur as om jou eie prys te gee
François de La Rochefoucauld
daar is geen liefde sonder om te ly of te laat ly nie
Henri François-Joseph de Régnier
daar is geen liefde wat meer eg is as liefde vir kos nie
George Bernard Shaw
daar is geen onegte kinders nie, slegs onegte ouers
Leon R. Yankwich
daar is geen opinie so absurd dat dit nie deur een of ander filosoof uitgespreek sal word nie
Marcus Tullius Cicero
daar is geen pad na vrede nie. Vrede is die pad
Mohandas Karamchad Gandhi
daar is geen plig wat ons so geringskat as die plig om gelukkig te wees nie
Robert Louis Stevenson
daar is geen reëls nie. Alle mense is uitsonderings van ’n reël wat nie bestaan nie
Fernando Pessoa
daar is geen verskil tussen lees en nuuskierig wees nie
Pascal Quignard
daar is geen vloek erger as ’n idee wat deur geweld gepropageer word nie
Ezra Pound
daar is geleenthede, situasies en kontekste waarin geweld, en dus moord (geweld wat tot die uiterste gevoer word) natuurlikerwys tasbaar, teenwoordig, werklik word
Roberto Bolaño
daar is genot in die ongerepte woude, daar is ekstase op die eensame strand, daar is ’n lewe waarop niemand inbreuk maak nie, by die diep see, en musiek in sy gedreun: ek het nie die mens daarom minder lief nie, maar die natuur des te meer
Lord Byron
daar is iets tragies omtrent die feit dat net nadat die mens 'n masjien uitgevind het om sy werk te doen, hy begin het om honger te ly
Oscar Wilde
daar is meer wat in vlug omkom as in die stryd
Selma Lagerlöf
daar is mense wat sal betaal om hulleself te verkoop
Victor Hugo
daar is net een ding in die wêreld wat nooit bedrieg nie: voorkoms
Ugo Bernasconi
daar is net een ding op aarde erger as dat daar oor jou gepraat word, naamlik dat daar nie oor jou gepraat word nie
Oscar Wilde
daar is net een goeie ding, naamlik Kennis, en net een slegte ding, naamlik Onkunde
Socrates
daar is net een manier om die verbruik van dwelms te verminder: wettig dit
Gary Becker
daar is net een oorlog wat die mensdom mag veg, naamlik die oorlog teen ons vernietiging
Isaac Asimov
daar is nie die minste twyfel dat volhoubare ontwikkeling een van die mees destruktiewe begrippe is nie
Nicholas Georgescu-Roegen
daar is nie so iets soos ʼn gemeenskap nie. Daar is individuele mans en vroue, en daar is gesinne. En geen regering kan enigiets doen behalwe deur mense nie, en mense moet heel eerste vir hulleself sorg
Margaret Thatcher
daar is niks in die intellek wat nie eers in die sintuie was nie
San Tommaso d'Aquino
daar is niks in die wêreld vergelykbaar met die toewyding van 'n getroude vrou nie. Dit is iets waarvan die getroude man nie die vaagste benul het nie
Oscar Wilde
daar is niks nuttigers en edelers as woordeboeke as speelgoed vir kinders van vyf jaar en ouer nie. En, met ’n bietjie geluk, vir goeie skrywers tot hulle honderdste jaar
Gabriel García Márquez
daar is niks soos om terug te keer na 'n plek wat niks verander het nie, om sodoende vas te stel hoe jy self verander het
Nelson Mandela
daar is niks wat goed of sleg is nie, maar die denke daaroor maak dit so
William Shakespeare
daar is niks wat meer eweredig versprei is as gesonde verstand nie, want geeneen sal dink dat hy meer nodig het as wat hy/sy het nie
René Descartes
daar is niks wat potensieel vuiler kan wees as 'n verborge oorlog nie
Susan Sontag
daar is niks wat so dringend hervorm moet word as ander mense se gewoontes nie
Mark Twain
daar is oral blomme vir iedereen wat dit wil sien
Henri Matisse
daar is slegs twee maniere om die volle waarheid te vertel - anoniem en postuum
Thomas Sowell
daar is sommige mense van wie die ouderdom hulle hare verblyk het maar hulle harte onaangeraak gelaat het, sodat dié vars en jonk gebly het en nog net so sterk klop vir alles wat goed en mooi is
Ludoviko Zamenhof
daar is soveel wette dat niemand daarvan uitgesluit is om gehang te word nie
Napoleon Bonaparte
daar is talle maniere om te arriveer; die beste is om nie te vertrek nie
Ennio Flaiano
daar is twee maniere om geluk te vind: skeer die gek, of wees die gek
Enrique Jardiel Poncela
daar is twee maniere om ʼn nasie te oorwin en tot slawerny te dwing. Een is deur die swaard, die ander deur skuld
John Adams
daar is twee soorte mense op aarde: dié wat by die huis bly en dié wat nie
Rudyard Kipling
daar is twee soorte televisie: intelligente televisie wat burgers wat moeilik is om te regeer tot gevolg het, en idiotiese televisie wat burgers wat maklik is om te regeer tot gevolg het
Jean Guéhenno
daar is woorde wat net een keer gebruik moet word
François-René de Chateaubriand
daar is ’n ekstase wat die hoogtepunt van die lewe aandui, en waarbo die lewe nie kan uitstyg nie. En sodanig is die paradoks van ’n mens se lewe dat hierdie ekstase kom wanneer jy die lewe mees intens ervaar, en dit hom daarin manifesteer dat jy totaal vergeet dat jy lewe
Jack London
daar moet iets fout wees met werk, anders sou die rykes dit vir hulleself gehou het
Mario Moreno (Cantinflas)
daar rus ‘n sosiale verband op elke private eiendom
Giovanni Paolo II
daar sal ondeug wees solank daar mense is
Tacitus
daar sal ’n dag kom wanneer beelde die mens sal vervang, dié wat nie meer nodig het om te lewe nie, maar om te kyk. Ons sal nie meer lewende wesens wees nie, maar toeskouers
André Breton
daar was beslis geen revolusie nodig om die heelal te leer dat die uiterste wanbalans tussen die lot van mense die bron is van baie boosheid en baie misdaad nie; maar ons is nie minder daarvan oortuig dat gelykheid van rykdom ’n hersenskim is nie
Robespierre
daar was nog nooit ’n goeie oorlog of ’n slegte vrede gewees nie
Benjamin Franklin
daar word gesê dat geld alles kan koop. Nie waar nie. Jy kan kos koop, maar nie eetlus nie; medisyne, maar nie gesondheid nie; ’n sagte bed, maar nie slaap nie; kennis, maar nie intelligensie nie; glans, maar nie gemak nie; pret, maar nie plesier nie; kennisse, maar nie vriendskap nie; bediendes, maar nie getrouheid nie; grys hare, maar nie eer nie; rustige dae, maar nie vrede nie. Die dop van alles kan vir geld aangeskaf word, maar nie die kern nie. Dít kan nie vir geld bekom word nie
Arne Garborg
daar word nooit soveel gelieg soos voor ’n verkiesing, gedurende ’n oorlog of ná ’n jagtog nie
Otto von Bismarck
daar ’n selfs suiwerder vorm van energie as die son, meer hernubaar as die wind: dis die energie wat ons nie verbruik nie
Arthur H. Rosenfeld
daardie mees opwindende perversie van die lewe: die noodsaaklikheid om iets te voltooi in ’n korter tyd as wat rederlikerwys daarvoor toegelaat sou moes wees
Ernest Hemingway
daardie nuwe inspirasie, waarsonder vertaling eenvoudig parafrasering in ’n ander taal beteken
Fernando Pessoa
daar’s ’n vreeslike klomp leuens wat oor die wêreld versprei word, en die ergste is dat die helfte daarvan nog waar is ook
Winston Churchill
dapperheid is die vrees om as 'n lafaard beskou te word
Horace Smith
dat alle mense broers sal wees is die droom van dié wat geen broers het nie
Charles Chincholles
dat die plebs hulle gedagtes duidelik uitdruk, is ver van die waarheid; en die duidelikheid wat daarin gevind kan word, is nie die gevolg van die gemak waarmee hulle die taal beheers nie, maar van die oppervlakkigheid van hulle gedagtes
Samuel Johnson
dat mense nie veel uit die lesse van die geskiedenis leer nie is die belangrikste van alle lesse van die geskiedenis
Aldous Huxley
deel van die onmenslikheid van die rekenaar is dat, as hy eers voldoende geprogrammeer is en glad funksioneer, hy totaal eerlik is
Isaac Asimov
deesdae se party is veral bronne van mag en boetiepolitiek
Enrico Berlinguer
demokrasie bestaan uit ʼn verkiesing deur die onbevoegde massas vir aanstelling deur die enkele korruptes
George Bernard Shaw
demokrasie is die naam wat ons aan die volk gee elke keer wanneer ons hulle nodig het
Robert de Flers
demokrasie is 'n metode wat verseker dat ons nie beter geregeer sal word as wat ons verdien nie
George Bernard Shaw
demokrasie moet darem iets meer wees as twee wolwe en ’n skaap wat stem oor wat hulle vir aandete gaan hê
James Bovard
demokrasie: terwyl die mens nie in staat was mag te verleen aan dit wat reg was nie, is dit wat magtig was, as reg verklaar
Blaise Pascal
denke doen geen skade nie
Giovanni Guareschi
despote weet hoe om elke probleem op te los, behalwe die grootste: hulleself
Winston Churchill
deur ons moraal herstel ons die foute van ons instinkte, en deur liefde die foute van ons moraal
José Ortega y Gasset
deur te begin lyk na wat ons nie is nie, hou ons op om te wees wat ons is
Ernst Jünger
deur te bewys dat ek reg is, erken ek dat ek verkeerd kan wees
Pierre Caron de Beaumarchais
deurdat geld die eienskap besit om alles te kan koop, die eienskap om alle voorwerpe in besit te neem, is dit by uitstek die objek om te besit. Die universaliteit van hierdie eienskap is die almag van sy wese. Dus word geld as almagtig beskou
Karl Marx
deurdat ons die beswil van ander najaag, vind ons ons eie
Plato
die aandelebeurs is die plek waar onnosel mense van hulle geld geskei word
Paul Samuelson
die aarde behoort aan sy besitters, maar die landskap aan dié wat dit kan waardeer
Upton Sinclair
die aarde het 'n vel; en hierdie vel het siektes. Een van hierdie siektes word byvoorbeeld genoem 'mens'
Friedrich Wilhelm Nietzsche
die advies wat verlang word is dikwels nie welkom nie en dit wat nie verlang word nie, klaarblyklik vermetelheid
Samuel Johnson
die afstand tussen molekule en molekule is gelyk aan die afstand tussen twee sterre
Carlo Dossi
die algemene publiek het ‘n plig om onverbiddelik weerstand te bied, asof hulle ‘n ondeurdringbare verdedigingslinie was, soos destyds langs die Piave-rivier, teen die skade meegebring deur ‘n gevaarlike verbrokkeling van die algemene wilskrag, die ineenstorting van burgerlike bewustheid, tesame met ‘n verlies aan ‘n sin vir wat reg is – die laaste bastion van moraliteit
Francesco Saverio Borrelli
die Amerikaanse gemeenskap is georganiseer in 'n ineengeskakelde stelsel van semi-monopolieë wat berug is vir korrupsie, 'n kieserskorps wat berug is vir onkundigheid, en mislei deur massamedia wat berug is vir sy valsheid
Paul Goodman
die arbeider word 'n al hoe goedkoper handelsartikel hoe meer handelsartikels hy produseer
Karl Marx
die armes gaan oorlog toe om te veg en te sterf vir die giere, rykdom en eksesse van ander
Plutarch
die astronomie het ons geleer dat ons nie die middelpunt van die heelal is nie. Ons is slegs ʼn minuskule planeetjie wat om ʼn heel gewone ster wentel. Ons self, as intelligente wesens, is die resultaat van die evolusie van sterre, en is ook gemaak uit die materie van sterre
Margherita Hack
die bande van respek wat persone aan mekaar bind, ontstaan gewoonlik uit noodsaak
Blaise Pascal
die basiese werktuig vir die manipulering van die werklikheid is die manipulering van woorde
Philip K. Dick
die basiese wet van kapitalisme is jy of ek, nie jy en ek nie
Karl Liebknecht
die belangrike ding op hierdie aarde, vind ek, is nie soseer waar ons staan nie as in watter rigting ons beweeg … ons moet soms saam met die wind seil, en soms daarteen, maar ons moet seil, en nie dryf nie, en ook nie anker gooi nie
Oliver Wendell Holmes
die belangrikste bewys van die ware grootheid van die mens is geleë in sy waarneming van sy eie kleinheid
Arthur Conan Doyle
die belangrikste boek vir ’n kommunis soos ek is die Bybel
Nichi Vendola
die belangrikste van kommunikasie is om te hoor wat nie gesê word nie
Peter Drucker
die beskawing gaan vooruit deur die aantal belangrike operasies wat ons kan uitvoer sonder om daaraan te dink, te vermeerder
Alfred North Whitehead
die beskawingsvlak van ’n gemeenskap kan vasgestel word deur sy tronke te betree
Fedor Michailovich Dostoevski
die beste argument teen die demokrasie is ’n gesprek van vyf minute met die gemiddelde kieser
Winston Churchill
die beste bron van besigheid vir die rykes is stryd tussen die armes
Eduardo Pérsico
die beste deel van die fiksie in baie romans is die kennisgewing dat die karakters suiwer denkbeeldig is
Franklin Pierce Adams
die beste in die lewe soek 'n mens nie, jy vind dit
Anonymous
die beste manier om jouself te mislei, is om te glo dat jy sluwer is as ander
François de La Rochefoucauld
die beste manier om om meer vryheid te geniet is om baie daarvan aan ander te gun
Carlo Dossi
die beste manier om te leer hoe om ’n film te maak, is om een te maak
Stanley Kubrick
die beste van die toekoms is dat dit slegs een dag op ’n slag kom
Abraham Lincoln
die bestemming is om te vertrek
Giuseppe Ungaretti
die bevryding van die slawe in die Suide is deel van die stryd om die bevryding van die werkers in die Noorde
Abraham Lincoln
die blanke ras is die kanker van die geskiedenis van die mens. Dit is alleen die blanke ras – sy ideologieë en uitvindings – wat outonome beskawings uitwis waar dit ook al versprei, wat die ekologiese balans van die planeet versteur, wat nou die bestaan van lewe self bedreig
Susan Sontag
die boek is vir die mens een moontlike manier om geluk te smaak
Jorge Luis Borges
die boek sal die redding van die mensdom wees
Voltaire
die boek waarin alle boekekennis opgeskryf is, het om hulp geroep, sodat die muis nie daaraan moes knaag nie. En die muis het hardop gelag
Leon Battista Alberti
die bourgeoisie kan beskryf word as enige groep mense wat ontevrede is met wat hulle het, maar tevrede is met wie hulle is
Nicolás Gómez Dávila
die Britse Ryk is geskep as ’n neweproduk van geslagte van desperate Engelse wat die wêreld deurkruis het op soek na ’n behoorlike maaltyd
Bill Marsano
die christelike besluit om die wêreld as lelik en sleg te beskou het die wêreld lelik en sleg gemaak – Friedrich Nietzsche
Friedrich Wilhelm Nietzsche
die christelike geloof, soos in die kerke georganiseer, was en is nog steeds die grootste vyand van morele vooruitgang in die wêreld
Bertrand Russell
die christendom het baie gedoen vir die liefde deur daarvan 'n sonde te maak
Anatole France
die dag sal kom wanneer die moord op ’n dier in dieselfde lig beskou sal word as die moord op ’n mens
Leonardo Da Vinci
die demokrasie bestaan daarin dat jy jou diktators kies nadat hulle jou vertel het wat jy dink jy wil hoor
Alan Coren
die demokrasie gee aan elkeen die reg om sy eie onderdrukker te wees
James Russell Lowell
die demokrasie is broos, en as daar te veel vlae daarop geplaas word, val dit uitmekaar
Enzo Biagi
die demokrasie is ’n patetiese geloof in die kollektiewe wysheid van individuele onkunde
H.L. Mencken
die Demokrate is die party wat sê dat die regering jou slimmer, langer en ryker maak, en die osgras van jou grasperk verwyder. Die Republikeine is die party wat sê dat regering nie werk nie, en dan word hulle verkies en bewys dit
P.J. O'Rourke
die deug van die ouers is groot bruidskat
Quintus Horatius Flaccus
die diepste aan die mens is sy vel
Paul Valéry
die digter is soos hierdie monarg van die wolke wat bokant die storm ry, buite bereik van die skerpskutter; as ’n uitgewekene op aarde, bespot en uitgelag, kan hy nie loop nie omdat hy reuse-vlerke het
Charles Baudelaire
die digter is soveel werd soos sy/haar beste gedig
Fernando Pessoa
die dinge waarvan die meeste mense wil weet, het gewoonlik niks met hulle te doen nie
George Bernard Shaw
die dinge wat ons die beste ken is dié wat ons nooit geleer het nie
Luc de Clapiers Marquis de Vauvenargues
die doel mag die middele heilig, solank daar iets is wat die doel heilig
Leon Trotsky
die doel van onderwys is om ’n leë gees te omskep in ’n oop gees
Malcolm Steve Forbes
die Don Quichotte van vandag veg nie teen nie, maar vir windmeulens
Anónimo
die dood het op sigself altyd veel minder lewens beëindig as die mensdom
José Saramago
die dood is iets wat ons nie hoef te vrees nie, want solank ons bestaan, bestaan die dood nie, en wanneer dit wel bestaan, is ons nie meer daar nie
Epicurus
die dood is nie die grootste verlies in die lewe nie. Die grootste verlies is wat binnekant ons sterf terwyl ons lewe
Francis Bacon
die dood is 'n lewe wat geleef is. Die lewe is 'n dood wat op hande is
Jorge Luis Borges
die dood is 'n toestand van volmaaktheid, die enigste binne die bereik van 'n sterfling
Emil Cioran
die dood op sigself is nie die bitterste nie, maar eerder wanneer iemand wat wil sterf se wens onvervul bly
Sophocles
die dood was deel van my totdat dit my verlaat het vir ’n ander liggaam
Octavio Paz
die dood word vergoed deur die lewe
Giuseppe Ungaretti
die dooies is meer as die lewendes. Hulle getal neem toe. Die lewendes word skaarser
Eugène Ionesco
die duidelikste teken dat jy die waarheid gevind het, is innerlike vrede
Amado Nervo
die duur van die passie is eweredig aan die aanvanklike weerstand van die beminde vrou
Honoré de Balzac
die een wat gehoorsaam is byna altyd beter as die een wat beveel
Ernest Renan
die eerste ding wat ‘n vrou behoort te doen as sy ‘n man wil hê, is om te begin hardloop
Molière
die eerste en belangrikste stap op weg na kennis is wedersydse toegeneentheid tussen onderriggewer en leerder
Desiderius Erasmus von Rotterdam
die eerste helfte van ons lewe word geruïneer deur ons ouers en die tweede helfte deur ons kinders
Clarence Darrow
die eerste mafia wat beveg moet word, is dié wat binne onsself is. Ons is die mafia
Rita Atria
die eerste mite van bestuur is dat dit bestaan. Die tweede mite van bestuur is dat sukses gelyk is aan vaardigheid
Robert Heller
die eerste revolusionêre stap is om dinge op die naam te noem
Rosa Luxemburg
die eerste vereiste om 'n staatsman te wees, is botheid. Dis nie altyd maklik om reg te kry nie
Dean Acheson
die Eerste Wet van die Joernalistiek is om bestaande vooroordele te bevestig, eerder as om dit te weerlê
Alexander Cockburn
die eienaars van hierdie land weet wat die waarheid is: dit word die Amerikaanse droom genoem omdat jy aan die slaap moet wees om dit te glo
George Carlin
die einde spruit uit die middele, net soos die boom uit 'n saadtaan
Mohandas Karamchad Gandhi
die einde van die wysheid word bereik wanneer jy so hoog droom dat jy die droom verloor in die soektog daarna
William Faulkner
die eintlike doel van die sosialisme is juis om die roofsugtige fase van die menslike ontwikkeling te oorwin en verby te steek
Albert Einstein
die Engelse bewonder instinktief enigeen wat geen talent besit nie en beskeie is daaroor
James Agate
die enigste ding van belang, as ons heengaan, sal die spore van liefde wees wat ons agterlaat
Albert Schweitzer
die enigste ding wat skeiding maak tussen ‘n persoon en dit wat hy of sy van die lewe wil hê, is dikwels net die wil om te probeer en die geloof om te glo dat dit moontlik is
Richard M. DeVos
die enigste funksie van ekonomiese voorspellings is om astrologie respektabel te laat voorkom
John Kenneth Galbraith
die enigste geluk wat 'n mens het, is dié wat jy gegee het
Eduard Pailleron
die enigste manier om ander mense nie te laat sien wat jou eie beperkings is nie, is om dit nooit te oorskry nie
Giacomo Leopardi
die enigste manier om jou eensaamheid te beskerm, is om almal te beledig, en te begin by dié wat jy liefhet
Emil Cioran
die enigste manier om jou kultuur te bewaar, is om dit aan gevaar bloot te stel
Paul Andreu
die enigste manier om verantwoordelikheid by mense te ontwikkel, is om hulle verantwoordelikheid te gee
Kenneth Blanchard
die enigste mooi oë is dié wat met teerheid na jou kyk
Coco Chanel
die enigste nuttige vrae is dié wat nuwe vrae aan die orde stel
Vittorio Foa
die enigste oorwinning wat 'n mens behaal terwyl jy vlug, is dié teen vroue
Napoleon Bonaparte
die enigste soliede en standhoudende vrede tussen ’n man en sy vrou is, sonder twyfel, ’n skeiding
Lord Chesterfield
die enigste soliede stuk plesier in hierdie lewe is die leë genot van illusie
Giacomo Leopardi
die enigste statistieke was jy kan vertrou, is dié wat jy self vervals het
Winston Churchill
die enigste stryd wat jy verloor is die een wat jy laat vaar
Madres de Plaza de Mayo
die enigste tiran wat ek in hierdie wêreld erken, is die klein sagte stemmetjie hierbinne
Mohandas Karamchad Gandhi
die enigste vreugde op aarde is om te begin. Om te lewe, is mooi, omdat lewe beteken om te begin, altyd, elke oomblik
Cesare Pavese
die enigste waarheid lê in instink
Anatole France
die enigste ware vooruitgang is om te leer om alleen alle blaam te dra
Albert Camus
die era van uitstel, van halfhartige maatreëls, van salwende en raaiselagtige redmiddels, van vertragings, kom tot ‘n einde. In plaas daarvan betree ons ’n tydperk van die gevolge daarvan
Winston Churchill
die ergste soort onverdraagsaamheid is afkomstig van wat bekend staan as die rede
Miguel de Unamuno
die ergste wat met 'n genie kan gebeur, is dat hy verstaan word
Ennio Flaiano
die erotiesepublisiteitsverskrikte gemeenskap waarin ons leef probeer om begeerte tot ongeëwenaarde vlakke te organiseer en te ontwikkel, terwyl bevrediging binne die sfeer van die private lewe behou word. Sodat die gemeenskap kan funksioneer en wedywering voortduur, moet begeerte toeneem, uitbrei en die lewens van mense verteer
Michel Houellebecq
die evolusie van die menslike ras sal nie voltooi word in die tienduisend jaar van die bestaan van mak diere nie, maar eerder oor die miljoen jaar van wilde diere, omdat die mens altyd 'n wilde dier is en sal wees
Charles Darwin
die feit dat ’n gelowige gelukkiger is as ’n skeptikus het geen hoër relevansie as die feit dat ’n dronke gelukkiger is as ’n nugter persoon nie
George Bernard Shaw
die filosowe het maar net die wêreld op verskillende wyses geïnterpreteer; nou is die kwessie om dit te begin verander
Karl Marx
die finale illusie is die geloof dat ’n mens alle illusies verloor het
Maurice Chapelan
die funksie van straf is die opheffing van dié wat dit uitdeel
Friedrich Wilhelm Nietzsche
die funksie van ’n deskundige is nie om meer reg te wees as ander mense nie, maar om verkeerd te wees om meer gesofistikeerde redes
David Butler
die gedagte is altyd 'n sandkorreltjie in die ratwerk van mag
Bruno Arpaia
die gedagte is 'n gevolg van taalgebruik
Carmelo Bene
die geestelike gulsigheid van diegene wat iets weet en nie poog om hierdie kennis oor te dra nie, is veragtelik
Miguel de Unamuno
die gehalte van ’n boek hang af van die leser
Emilio Praga
die geheim van sukses is eerlikheid en regverdige optrede. As jy beide kan voorgee, het jy dit reggekry
Groucho Marx
die geheim van sukses is opregtheid. As jy dit eers kan namaak, het jy jou doel bereik!
Arthur Bloch
die gemeenskap het hoë agting vir sy normale mens. Hy voed kinders op om hulleself te verloor en absurd te word, en dus normaal te wees. Normale mense het miskien reeds 100,000,000 van hulle normale medemense oor die afgelope vyftig jaar gedood
R.D. Laing
die gemeenskap is permissief met dinge wat niks kos nie
Enzo Biagi
die gemeenskap kan net bestaan op 'n sekere basis van gladde leuentaal en op die voorwaarde dat niemand presies sê wat hulle dink nie
Lin Yutang
die geskiedenis leer ons dat mense en nasies eers verstandig optree nadat alle alternatiewe uitgeput is
Abba Eban
die geskiedenis sal gaaf wees teenoor my, want ek beoog om dit te skryf
Winston Churchill
die geskiedenis van die mensdom, tussen verlossing en verderf, is dubbelsinnig. Ons weet nie eens of ons meesters van ons eie lot is nie
Norberto Bobbio
die geskiedenis wys vir ons dat wanneer mense barbarisme ontdek, hulle mobiliseer om dit te beëindig
Noam Chomsky
die gevaarlikste kossoort is troukoek
James Thurber
die gewete is die stemmetjie binne wat ons waarsku dat iemand ons dalk sien
H.L. Mencken
die gewete is soos ’n hond wat nie ons pad vorentoe versper nie, maar wat ons nie kan laat ophou blaf nie
Nicolas de Chamfort
die gewildste arbeidsbesparende middel vandag is nog steeds ’n eggenoot vol geld
Joey Adams
die goedkeuring van ander is wel stimulerend, maar soms is dit goed om dit te wantrou
Paul Cézanne
die grense van my taal is die grense van my wêreld
Ludwig Wittgenstein
die Grondwet is geskryf om die mense teen die gevare van goeie voornemens te beskerm
Daniel Webster
die groot gebeurtenisse van die wêreld vind in die brein plaas
Oscar Wilde
die groot nasies het nog altyd soos bendelede opgetree en die kleintjies soos prostitute
Stanley Kubrick
die groot verskil tussen seks vir geld en gratis seks is dat seks vir geld dikwels minder kos
Brendan Francis
die groot voordeel van die gemeenskap is dat ons daardeur die eensaamheid waardeer
Charles Chincholles
die groot wroeging van ons bestaan is geleë daarin dat ons ewigdurend alleen is, en al ons pogings, al ons dade, is slegs daarop gerig om aan hierdie eensaamheid te ontvlug
Guy de Maupassant
die grootheid van ’n nasie en sy morele vooruitgang kan gemeet word aan die wyse waarop sy diere behandel word
Mohandas Karamchad Gandhi
die grootste aanstigter van geweld in die wêreld vandag is die regering van die Verenigde State van Amerika
Martin Luther King
die grootste aanstigter van geweld in die wêreld vandag is my eie regering
Martin Luther King
die grootste geeste is tot die grootste sondes sowel as tot die grootste deugde in staat
René Descartes
Die grootste sonde is om gebore te word
Samuel Beckett
die grootste struikelblok om ’n kunswerk te verstaan is die wil om dit te verstaan
Bruno Munari
die haan kraai selfs op die oggend van die dag waarop hy in die pot beland
Stanislaw Jerzy Lec
die haas hou van polenta – het die kok gesê
Stanislaw Jerzy Lec
die hel en die hemel lyk vir my disproporsioneel: die optrede van mense verdien nie soveel nie
Jorge Luis Borges
die hele doel van praktiese politiek is om die bevolking verontrus te hou - en gevolglik angstig om na veiligheid gelei te word - deur hulle by wyse van 'n eindelose reeks paaiboelies te bedreig - almal denkbeeldig
H.L. Mencken
die hele lewe is maar net ’n stel prente in die brein, waarby daar geen verskil bestaan tussen dié wat uit die werklikheid ontstaan het en dié wat ontstaan het uit innerlike verbeelding nie, en daar geen rede is om die een bo die ander te ag nie
Howard Phillips Lovecraft
die hele religieuse ingesteldheid van die moderne wêreld is te wyte aan die afwesigheid van ’n kranksinnigegestig in Jerusalem
Henry Havelock Ellis
die hele wêreld is 'n toneelverhoog, en alle mans en vroue maar net akteurs; hulle gaan af en kom op
William Shakespeare
die helfte van alle moderne medisyne kan net so goed by die venster uitgegooi word, behalwe dat die voëls dit sou kon vreet
Martin Henry Fischer
die helfte van die wêreld bestaan uit mense wat iets te sê het en dit nie kan doen nie, en die ander helfte wat niks te sê het nie, en aanhou om dit te sê
Robert Frost
die hen is die eier se manier om nog ’n eier te produseer
Samuel Butler
die herinnering wat deur 'n boek nagelaat word, is belangriker as die boek self
Gustavo Adolfo Bécquer
die herinneringe wat ons van mekaar het, selfs as dit liefde is, stem nie ooreen nie
Marcel Proust
die hoofdoel van ’n opvoeder is om oudidakte op te lei
Daniel De Montmollin
die hoofoorsaak van die verspreiding van massa-onkunde is die feit dat almal kan lees en skryf
Peter de Vries
die hoofsaak van opvoeding is om te preek by wyse van voorbeeld
Anne-Robert-Jacques Turgot
die hoogste geluk in die lewe is die oortuiging dat iemand jou liefhet vir jouself of, meer presies, dat iemand jou liefhet ten spyte van jouself
Victor Hugo
die hoop om ryk te word is een van die mees wydverspreide oorsake van armoede
Tacitus
die hoop op oneerlike wins is die begin van bankrotskap
Democritus
die huwelik is die grootste oorsaak van egskeiding
Groucho Marx
die huwelik is net ’n verwisseling van slegte buie bedags en slegte reuke snags
Guy de Maupassant
die huwelik is soos sampioene: ons kom te laat agter of hulle goed of sleg is
Woody Allen
die huwelik is twee mense wat ooreenkom om dieselfde leuen te vertel
Karen Durbin
die instink om dood te maak is, soos baie ander instinkte, ingebore in die menslike natuur. Mens en dood, mens en wreedheid, mens en bloed – alles hoort bymekaar. Nie aangenaam nie, maar wel seker soos dit is
Roberto Bolaño
die intellek maak ons nie slegs meer rasioneel nie, maar ongelukkig ook gevaarliker
Simon Wiesenthal
die intelligensie van pragtige vroue is dikwels nie in verhouding tot hulle skoonheid nie
Guy de Maupassant
die internasionale taal van die toekomstige geslagte sal beslis slegs ’n geprogrammeerde taal wees
Ludoviko Zamenhof
die Internet is verder ook ’n egte moordenaar van tale
Dieter Wunderlich
die Italianers is altyd gereed om die oorwinnaars te hulp te snel
Ennio Flaiano
die jeug het geen behoefte aan sedepreke nie; hulle het voorbeelde nodig van eerliheid, geloof in beginsels en onselfsugtigheid
Sandro Pertini
die jeug kan, maar weet nie hoe nie, die ouderdom weet hoe, maar kan nie
José Saramago
die joernalis word deur 'n keertyd gestimuleer. Hy skryf slegter wanneer hy tyd het
Karl Kraus
die jonges bedrieg hulself oor hulle toekoms; die oues oor hulle verlede
Décoly
die jonges het verwagtings wat nooit verwerklik word nie, die oues herinneringe aan wat nooit plaasgevind het nie
Hector Hugh Munro
die kamera kan nie lieg nie, maar wel medepligtig wees aan ’n onwaarheid
Harold Evans
die Kerk sê dat die aarde plat is, maar ek weet dis rond, want ek het die skaduwee op die maan gesien en ek het meer geloof in die skadu as in die kerk
Ferdinand Magellan
die Kerk word vir baie mense die hoofstruikelblok op die pad na geloof. Hulle kan daarin niks anders meer sien as die mens se maglus wat hom afspeel in ʼn klein teatertjie van mans wat, onder die voorwendsel dat hulle die amptelike Christendom administreer, meestal blykbaar die ware gees van christenskap ondermyn
Joseph Ratzinger
die kettings van die huwelik is so swaar dat twee nodig is om dit te dra; soms drie
Alexander Dumas
die kind is 'n vuur wat aan die brand gesteek moet word, nie 'n vaas om te vul nie
François Rabelais
die kinderjare het hulle eie wyses van sien, dink en voel, en daar is niks so gek as om dié deur ons eie te vervang nie
Jean-Jacques Rousseau
die kolosse van die internet word steeds meer uitsluitlik tussengangers tussen vervaardigers en verbruikers
Antonello Soro
die krag van ’n taal is nie daarin geleë om te verwerp wat vreemd is nie, maar om dit te assimileer
Johann Wolfgang von Goethe
die krisis bestaan presies daarin dat die oue aan die sterf is en die nuwe nog nie gebore is nie
Antonio Gramsci
die kultus van perfeksionisme lei altyd daartoe dat ’n mens ’n mite verkies bo egtheid
Paul Ariès
die kuns is ’n kapitaalbelegging, kultuur ’n alibi
Ennio Flaiano
die kuns van oorwinning word deur neerlae geleer
Simon Bolivar
die kwaad wat mense doen, bly ná hulle dood voortbestaan, die goeie word dikwels met hulle beendere begrawe
William Shakespeare
die lekkerte van standaarde is dat daar so baie is om uit te kies
Andrew S. Tanenbaum
die lewe is nie die moeite werd as ’n mens nie ’n smaak gekry het van wat dit aan te bied het nie
Emmanuel Wathelet
die lewe is nie groot genoeg om alles wat ons begeer bymekaar te hou nie
Alessandro Baricco
die lewe is nie wat ’n mens beleef het nie, maar wat jy onthou en hoe ’n mens dit onhou om dit te kan vertel
Gabriel García Márquez
die lewe is soos om viool te speel in die openbaar, terwyl jy die instrument al spelende leer speel
Samuel Butler
die lewe is soos teater; dis nie die lengte wat saak maak nie, maar die gehalte
Lucius Annaeus Seneca
die lewe is soos 'n bus, wanneer jy kan gaan sit, is dit die einde van die roete
Camillo Sbarbaro
die lewe is soos 'n riool. Wat jy daaruit kry, hang af van wat jy daarin sit
Tom Lehrer
die lewe is wat met jou gebeur terwyl jy besig is om ander planne te maak
John Lennon
die lewe is ’n skool van moontlikhede
Walter Bagehot
die lewe is ’n toneelstuk wat geen repetisies toelaat nie. Sing, dans, lag en leef dus intens, voordat die gordyn sak en die stuk eindig sonder applous
Charlie Chaplin
die lewe is ’n verhaal wat vertel word deur ’n idioot, vol geluide en drif, en niks beteken nie
William Shakespeare
die lewe kan wonderlik wees as dit jou nie bang maak nie
Charlie Chaplin
die lewe moet terugwaarts verstaan word, maar vorentoe gelewe word
Søren Kierkegaard
die lewe neem te veel van ’n mens se tyd in beslag
Stanislaw Jerzy Lec
die liefde is daarop geregtig om oneerlik te wees en 'n leuenaar - as dit net opreg is
Marcello Marchesi
die liefde is die onmeetlikheid wat selfs poedels sou kon verstaan
Louis-Ferdinand Céline
die liefde is ewig solank dit duur
Henri de Régnier
die liefde is maar net 'n vuil streep wat ons getrek word om die voortsetting van die spesie te verseker
William Somerset Maugham
die liefde is nie blind nie, maar versiende: die bewys lê daarin dat dit begin om tekortkominge te sien wanneer dié besig is om geleidelik te verdwyn
Oscar Wilde
die liefde is so kortstondig en vergetelheid so lank
Pablo Neruda
die liefde is wat met ’n man en ’n vrou gebeur wat mekaar nie ken nie
William Somerset Maugham
die liefde is ’n kastyding. Ons word gestraf vir ons onvermoë om alleen te wees
Marguerite Yourcenar
die liefde maak van ons dwase, die huwelik bedriegdes, patriotisme wrede idiote
Paul Léautaud
die liefde vir die eie land weet niks van die grense van ander nie
Stanislaw Jerzy Lec
die lot van ’n gemeenskap hang af van die toestand van sy grammatika. Daar is bestaan nie ’n groot land sonder behoorlike taalgebruik nie
Fernando Pessoa
die Mafia het ’n begin gehad en sal ’n einde hê
Giovanni Falcone
die Mafia is die beste voorbeeld van die kapitalisme wat ons het
Marlon Brando
die mafia is nie ’n eksklusief Italiaanse probleem, of ’n kwessie van agterlike plattelanders en toestande van onderontwikkeling in die suide van Italië nie, maar ’n Europese probleem
Petra Reski
die mafia is soos enige ander sakeonderneming, met die verskil dat hulle elke nou en dan skote afvuur
Mario Puzo
die mag van die gewoonte is van so 'n aard dat lewe op sigself 'n gewoonte word
Gesualdo Bufalino
die maklikste persoon om te bedrieg, is jyself
Edward Bulwer-Lytton
die malles maak paaie oop wat later deur die verstandiges gevolg word
Carlo Dossi
die man wat die wêreld op 50 op dieselfde wyse sien as toe hy 20 was, het 30 jaar van sy lewe vermors
Muhammad Ali
die man wat hoeganaamd niks lees nie, is beter opgevoed as hy wat niks anders as koerante lees nie
Thomas Jefferson
die man wat sy eer verloor ter wille van besigheid, verloor sowel besigheid as eer
Francisco de Quevedo y Villegas
die mark is ’n plek waar mense mekaar kan bevark
Anacharsis
die massas word makliker deur ’n groot leuen mislei as deur ’n kleintjie
Adolf Hitler
die media is speelgoed in die hande van die rykes, en die rykes gebruik dit om nog ryker te word
Ryszard Kapuściński
die mediese opset het 'n ernstige bedreiging vir gesondheid geword
Ivan Illich
die mees waarheidsgetroue deel van 'n koerant is die advertensies
Thomas Jefferson
die meeste mense sou eerder sterf as om te dink; en dit is wat hulle inderdaad doen
Bertrand Russell
die meeste mense wil nie swem voordat hulle kan nie
Hermann Hesse
die mens beduiwel veel meer dinge deur sy woorde as deur sy swye
Mohandas Karamchad Gandhi
die mens bestaan vir feitlik 80% uit water, geen wonder dat hy besoedel is nie
Carl William Brown
die mens betree die drumpel van elke lewensfase as 'n nuweling
Nicolas de Chamfort
die mens is bereid om te sterf vir ’n idee, mits daardie idee nie heeltemal vir hom duidelik is nie
Paul Eldridge
die mens is die enigste dier wat bloos - of nodig het om dit te doen
Mark Twain
die mens is die enigste skepsel wat weier om te wees wat hy is
Albert Camus
die mens is wat hy eet
Ludwig Feuerbach
die mens is 'n vakleerling, pyn is sy meester
Alfred de Musset
die mens is ’n makgemaakte dier wat oor die eeue die ander diere deur bedrog, geweld en wreedheid beheer het
Charlie Chaplin
die mens is ’n rasionele dier wat altyd sy humeur verloor wanneer daar van hom vereis word om op te tree volgens die voorskrifte van die rede
Oscar Wilde
die mens is ’n sosiale dier wat sy portuurs verfoei
Eugène Delacroix
die mens kweek ’n duisend rose sonder om te vind wat hy soek, terwyl hy dit in ’n enkele roos sou kon vind
Antoine de Saint-Exupéry
die mens se hoogste plig is om diere teen wreedheid te beskerm
Emile Zola
die mens van die derde millennium sal die kultuur hê van Bush, die eerlikheid van Berlusconi en die goedheid van Putin
Anónimo
die mens vervaardig kwaad soos bye heuning
William Golding
die mens weet nie meer as die ander diere nie; hy weet minder. Hulle weet wat nodig is om te weet – ons nie
Fernando Pessoa
die mensdom is wat hy is; die kwessie is nie om hom te verander nie, maar om hom te leer ken
Gustave Flaubert
die mensdom kan in drie groepe verdeel word: dié wat hulle doodwerk, dié wat hulle tot die dood toe verveel, en dié wat hulle doodbekommer
Winston Churchill
die mensdom moet ’n einde maak aan oorlog, of oorlog sal ’n einde maak aan die mensdom
John Fitzgerald Kennedy
die mensdom ondersteun nie die gedagte dat die wêreld per toeval, per abuis, ontstaan het, slegs omdat vier onbesonne atome op ’n nat snelweg gebots het nie. Dus is dit nodig dat ’n kosmiese komplot, God, die engele of duiwels gevind word
Umberto Eco
die mensheid kan nie te veel realiteit verduur nie
Carl Jung
die menslike gees kom nooit so sterk voor as wanneer dit wraak afsweer en waag om ’n onreg te vergewe nie
E.H. Chapin
die menslike geheue is 'n wonderbaarlike maar feilbare instrument
Primo Levi
die menslike geslag het een werklik effektiewe wapen, naamlik om te lag
Mark Twain
die menslike verbeelding is oneindig veel armer as die werklikheid
Cesare Pavese
die menslike wese is die aarde wat voortbeweeg
Atahualpa Yupanqui
die middelmatige onderwyser vertel. Die goeie onderwyser verduidelik. Die voortreflike onderwyser demonstreer. Die fantastiese onderwyser inspireer
William Arthur Ward
die misbruik van inligting versprei onkunde, saam met die illusie dat laasgenoemde daardeur uitgewis word. Verder is dit ook so dat selfs die maklike toegang tot seks gelei het tot die degradering daarvan
Carmelo Bene
die misdadigers van gister is die menere van vandag en die die misdadigers van vandag sal die menere wees van môre
Carl William Brown
die moeilikste geheim om te bewaar is ’n man se opinie van homself
Marcel Pagnol
die mooi ding van die demokrasie is net dit: almal kan s・wat hulle wil, maar niemand hoef daarna te luister nie
Enzo Biagi
die mooiste woorde is nie 'ek het jou lief' nie, maar 'dis goedaardig'
Woody Allen
die musiek van vandag word gedirigeer deur bankiers en rekenmeesters: 'n tendens wat ons absoluut moet beveg
Brian May
die nadeel is dat vrygewigheid ook goeie besigheid kan beteken
Ugo Ojetti
die nasie wat sy eie grond verwoes, verwoes homself
Franklin Delano Roosevelt
die natuur het nóg meesters, nóg slawe geskep; ek wil nie wette gee of ontvang nie
Denis Diderot
die natuur kan jy net beveel deur dit te gehoorsaam
Francis Bacon
die ongeletterdes van die 21ste eeu sal nie dié wees wat nie kan lees en skryf nie, maar dié wat nie kan leer, afleer en herleer nie
Alvin Toffler
die onnoselheid van die mens kom van ’n antwoord hê op alles. Die wysheid van die roman kom van ’n vraag hê vir alles
Milan Kundera
die ontmoeting tussen twee persoonlikhede is soos die kontak tussen twee chemiese stowwe: As daar ’n reaksie is, word albei getransformeer
Carl Jung
die onverskilligheid, lafhartigheid en opportunisme van hul burgers vernietig demokrasieë, selfs meer as tiranne en diktators
Luigi Tosti
die oomblik as jy ’n vreemde taal begin praat, verander jou gesigsuitdrukkings, jou handbewegings en jou liggaamstaal. Jy is alreeds iemand anders
Isabelle Adjani
die oomblik wanneer iemand die betekenis en waarde van die lewe bevraagteken, is hy siek
Sigmund Freud
die oorspronklike is ontrou aan die vertaling
Jorge Luis Borges
die openbare beswil bestaan uit 'n hele klomp private euwels
Anatole France
die openbare mening is 'n poging om die onkunde van die gemeenskap te organiseer en dit te verhef tot die waardigheid van fisiese mag
Oscar Wilde
die oplossing van ons probleme behels ’n radikale verandering van die verhouding wat ons met onsself en met ons totale verlede het
Alejandro Jodorowsky
die optimis dink dat hierdie die beste van alle moontlike wêrelde is. Die pessimis vrees dat dit waar is
Robert Oppenheimer
die ou klagte dat die massakultuur vir elfjariges ontwerp is, is nartuurlik 'n infame leuen. Die sleutel-ouderdom lê tradisioneel nader aan veertien
Robert Christgau
die oudste, kortste woorde - 'ja' en 'nee' - is dié wat die meeste nadenke verg
Pythagoras
die paaie van lojaliteit is altyd reguit
José Ortega y Gasset
die pen is die tong van die gees
Miguel de Cervantes
die persoon wat jy die bangste is om te weerspreek is jyself
Nassim Nicholas Taleb
die plesier om sonder moeite te lewe maak dit die moeite werd om sonder plesier te lewe
Sant'Agostino
die politiek en die mafia is magte wat beide lewe van beheer oor dieselfde gebied, dus voer hulle oorlog of kom tot 'n soort ooreenkoms
Paolo Borsellino
die politiek is veronderstel om die tweede oudste professie te wees. Ek het algaande besef daar is 'n sterk ooreenkoms met die oudste
Ronald Reagan
die politieke linkervleuel is ’n euwel wat slegs draaglik word deur die teenwoordigheid van regses
Massimo D'Alema
die politikus dink aan die volgende verkiesing, die staatsman aan die
Otto von Bismarck
die politikus is ’n akrobaat: Hy hou sy balans deur die teenoorgestelde te sê van wat hy doen
Maurice Barrès
die probleem met die wêreld is dat die onnoseles doodseker is en die intelligentes vol twyfel
Bertrand Russell
die probleem met hierdie land is dat daar te veel politici is wat glo, met ’n oortuiging op ervaring gegrond, dat jy al die mense die hele tyd om die bos kan lei
Franklin Pierce Adams
die probleem met politieke grappe is dat hulle verkies word
Anonymous
die probleem met stiptelik wees is dat daar niemand teenwoordig is om dit te waardeer nie
Franklin P. Jones
die probleem van moraliteit het ’n geruime tyd reeds bestaan, maar het intussen die belangrikste en dringendste kwessie geword, aangesien die herstel van geloof in die instellings, die werklike regeerbaarheid van die land en die lewensvatbaarheid van die demokrasie self van die oplossing daarvan afhang
Enrico Berlinguer
die prys wat ‘n mens betaal om enige beroep of roeping te volg is ‘n intieme kennis van sy lelike kant
James Baldwin
die publiek het 'n onversadigbare nuuskierigheid om alles te weet, behalwe dit wat die moeite werd is om te weet
Oscar Wilde
die realiteit is 'n illusie wat veroorsaak word deur 'n alkoholgebrek
Anonymous
die reg is die sanksionering van gevestigde onreg
Anatole France
die regte funksie van die mens is om te lewe, nie om te bestaan nie. Ek sal nie my dae verspil deur hulle te probeer verleng nie. Ek sal my tyd benut
Jack London
die rykdom van die armes word deur hulle kinders verteenwoordig, en dié van die rykes deur hulle ouers
Massimo Troisi
die rykste man is dié een wie se plesiere die goedkoopste is
Henry David Thoreau
die sakeman het oral in die wêreld dieselfde godsdiens
Heinrich Heine
die salaris van die hoof- uitvoerende beampte van 'n groot maatskappy is nie 'n mark-toekenning vir prestasie nie. Dit is dikwels in die aard van 'n warm persoonlike gebaar deur die individu aan homself
John Kenneth Galbraith
die skandaal begin wanneer die polisie dit stopsit
Karl Kraus
die skool as middel tot onderwys was vir my eenvoudig 'n leë dop
Charles Darwin
die skool is die reklameagentskap wat jou laat glo dat jy die gemeenskap nodig het net soos wat hy is
Ivan Illich
die skrywer wat nie die dieptes ondersoek nie, sal altyd kop bo water hou
Stanislaw Jerzy Lec
die slegte ouens bestaan omdat daar goeie ouens is – skakel die goeies uit en die slegtes sal ook geleidelik verdwyn
Carl William Brown
die sleutel tot die ontwikkeling van ‘n superster is om sy/haar mond toe te hou. Om ‘n kunstenaar aan die mense te openbaar kan tot sy/haar vernietiging lei. Dit is nie in enigiemand se belang om die waarheid te sien nie
Bob Ezrin
die Staat - dis ek
Louis XIV
die sterbesaaide hemel oor my en die morele wet binne-in my
Immanuel Kant
die strewe na volmaaktheid is dikwels 'n struikelblok in die weg van verbetering
George F. Will
die stryd van die mens teen mag is die stryd van die geheue teen die vergetelheid
Milan Kundera
die Switsers is fanaties oor skoonmaak, hulle was selfs geld
Marcos Vergara Meersohn
die Tasmaniërs, wat nooit owerspel gepleeg het nie, is nou uitgestorwe
William Somerset Maugham
die teenoorgestelde van beskaafde mense is kreatiewe mense
Albert Camus
die televisie is die enigste slaapmiddel wat deur die oë geneem word
Vittorio De Sica
die tevredenes en gelukkiges het nie lief nie, hulle raak aan die slaap in hulle gewoontes
Miguel de Unamuno
die toekoms behoort aan diegene wat die moontlikhede raaksien voordat hulle voor die hand liggend word
Theodore Levitt
die toekoms is die enigste soort eiendom wat base vrywillig aan slawe gun
Albert Camus
die toekoms van kinders is altyd vandag. Môre sal te laat wees
Gabriela Mistral
die toppunt van heldemoed by 'n mens, soos by 'n volk, is om bespotting te kan verduur
Miguel de Unamuno
die twee mooiste woorde in die Afrikaanse taal is 'tjek ingesluit'
Dorothy Parker
die twintigste eeu kan vergewe word vir alles, selfs vir die twee Wêreldoorloë en dié wat daarop gevolg het, die modeparades en die Formule Een-wedrenne, maar beslis nie vir die opoffering van film vir televisie nie
Luigi Pintor
die tyd en die uur gaan verby, ook op die moeilikste dag
William Shakespeare
die utopie lê op die horison. Ek beweeg twee tree na vore, en dit beweeg twee tree weg. Ek loop nog tien tree, en die horison verskuif tien tree verder. Hoe ver ek ook al stap, ek sal dit nooit bereik nie. Wat is dan nou die nut van ’n utopie? Dit nut is dat dit jou laat aanhou stap
Eduardo Galeano
die Vatikaan is die mees reaksionêre mag in Italië. Volgens die kerk is regerings wat sy voorregte aan bande lê, despoties, en dié, soos fascisme, wat dit uitbrei, deur die hemel gestuur
Antonio Gramsci
die veelvuldigheid van tale is een van die grootste misteries van die mensheid
Elias Canetti
die verbeelding is slegs die ontginning van ons geheue
Pierre Bonnard
die verbod op bloedskande is eintlik nie van toepassing op narsisme nie
Yossi Sarid
die Verenigde State is skynbaar deur die Voorsienigheid bestem om in Amerika ellende te saai in die naam van demokrasie
Simon Bolivar
die Verenigde State is ‘n land wat nie weet waarheen hy op pad is nie, maar vasbeslote is om ‘n snelheidsrekord op te stel om daar te kom
Laurence J. Peter
die verlede is ’n proloog
William Shakespeare
die vermoë tot akkurate waarneming word in die algemeen as sinisme getipeer deur dié wat dit nie het nie
George Bernard Shaw
die verskil tussen verlede, hede en toekoms is maar net 'n hardnekkig volhardende illusie
Albert Einstein
die verskil tussen ’n demokrasie en ’n diktatorskap is dat jy in ’n demokrasie eers stem en later bevele aanvaar; in ’n diktatorskap hoef jy nie jou tyd te mors deur te stem nie
Charles Bukowski
die voldoening lê by die doen, nie by die resultaat nie
James Dean
die volgorde van die skakels is verander, maar die ketting het ’n ketting gebly
Gianni Rodari
die volmaakte liefdesverhaal is een wat slegs oor die pos afspeel
George Bernard Shaw
die voorwoord is die belangrikste deel van ’n boek. Selfs die kritici lees dit
Philip Guedalla
die vors is die eerste dienaar van sy staat
Friedrich der Große
die vreemdeling is binne-in ons. En wanneer ons vlug voor die vreemdeling of teen hom veg, veg ons teen ons eie onderbewuste
Julia Kristeva
die vrees vir eensaamheid is groter as die vrees vir gebondenheid, daarom trou ons
Cyril Connolly
die vrolike verloorder is die wenner
Elbert Hubbard
die vrou wat ongelukkig is wat mans betref, weet nie hoe gelukkig sy is nie
Marilyn Monroe
die vrou wie se gedrag laat blyk dat sy ’n bohaai sal maak as sy die waarheid vertel word vra om bedrieg te word
Elizabeth Jenkins
die vrugbaarste periode van pessimisme is rondom een-en-twintig, wanneer die eerste pogings aangewend word om drome in werklikheid om te sit
Heywood Broun
die vrye ontwikkeling van elkeen is die voorwaarde vir die vrye ontwikkeling van almal
Karl Marx
die vrye siel is ’n seldsaamheid, maar jy sal dit weet as jy hom sien – veral omdat jy goed voel, baie goed, wanneer jy naby of saam met hom is
Charles Bukowski
die vryheid om lief te hê is nie minder heilig as die vryheid van denke nie. Dit wat ʼn mens vandag owerspel noem, is identies aan dit wat vroeër kettery genoem is
Victor Hugo
die vryheid van demokrasie is nie veilig as mense die groei van private mag verdra tot die punt waar dit sterker word as hulle demokratiese staat self nie
Franklin Delano Roosevelt
die vyand marsjeer aan ons voorpunt
Bertolt Brecht
die waardevermindering van die menslike wêreld verloop direk eweredig met die waardevermeerdering van die wêreld van dinge
Karl Marx
die waarheid is die sluuste van alle vyande. Hy loods sy aanvalle op die punte van ons hart waar ons dit nie verwag nie, en waar ons geen verdediging gereed het nie
Marcel Proust
die waarheid is die waardevolste ding wat ons het. Kom ons werk spaarsamig daarmee
Mark Twain
die waarheid is nêrens anders te vind as binne-in onsself nie, en dit kan ook nie gevind word deur geweld teen eksterne vyande te gebruik nie
Mohandas Karamchad Gandhi
die waarheid is net so moeilik om te ontken as om te verberg
Ernesto Che Guevara
die waarheid is nie te vinde in een enkele droom nie, maar in baie
Pier Paolo Pasolini
die waarheid is nooit tot nadeel van 'n regverdige saak nie
Mohandas Karamchad Gandhi
die ware doel van die lewe is om die gloeiende opinie wat ons van onsself het te versoen met die vreeslike dinge wat ander mense van ons dink
Quentin Crisp
die ware mag is in die hande van wie ook al die massamedia behee
Licio Gelli
die ware spieël van ons gesprekke is die verloop van ons lewens
Michel de Montaigne
die ware universiteit het geen spesifieke ligging nie. Dit besit geen eiendom nie, betaal geen salarisse nie en ontvang geen verskuldige gelde nie. Die ware universiteit is ’n geestesingesteldheid
Robert Pirsig
dié wat bedags droom is bewus van baie dinge wat verbygaan by diegene wat slegs snags droom
Edgar Allan Poe
dié wat net vir skoonheid leef, leef altyd vir die oomblik
Søren Kierkegaard
dié wat oorwin, op watter wyse ook al, sal nooit daaroor in die skande kom nie
Niccolò Machiavelli
dié wat skryf soos hulle praat, en goed praat, skryf sleg
Georges-Louis Leclerc, Comte de Buffon
die weiering van kulturele regte aan minderhede vernietig die morele weefsel van die breë gemeenskap net soveel as die weiering van burgerregte
Joshua A. Fishman
die welgeklede man is hy wie se klere jy nooit opmerk nie
William Somerset Maugham
die wenner behoort aan sy buit
Francis Scott Fitzgerald
die wêreld behoort meer te lag; maar nadat daar geëet is
Mario Moreno (Cantinflas)
die wêreld gaan vooruit deurdat sogenaamd onmoontlike dinge verrig word
André Maurois
die wêreld het die struktuur van taal en taal neem die vorm aan van die denke
Eugenio Montale
die wêreld is bestem om selfs meer komieklik te raak; dit is waarom humoriste die ware voorlopers is van ons toekomstige beskawing
Carl William Brown
die wêreld is geen vertoning nie, maar ’n slagveld
Giuseppe Mazzini
die wêreld is getuie van ’n verskriklike menseregtemisdaad in Gaza, waar anderhalfmiljoen mense gevange gehou word met feitlik geen toegang tot die buitewêreld nie. ’n Hele bevolking word wreedaardig gestraf
Jimmy Carter
die wêreld is nie waar nie, maar werklik
Fernando Pessoa
die wêreld is ’n hok vol malles
Tommaso Campanella
die wêreld sou ’n veel vreedsamer plek gewees het as ons almal ateïste was
José Saramago
die wêreldekonomie is die mees doeltreffende uitdrukking van georganiseerde misdaad.. Die internasionale liggame wat betaalmiddele, handel en krediet beheer, beoefen internasionale terrorisme teen arm lande, en teen die armste van alle lande, met ’n koelbloedige professionalisme wat die beste bomgooier sal laat bloos
Eduardo Galeano
die wêreldekonomie is vandag 'n reusagtige casino
Fidel Castro
die werker word al armer hoe meer rykdom hy produseer
Karl Marx
die werklike ontdekking deur ’n reis bestaan nie daarin dat nuwe wêrelddele gevind word nie, maar wel ’n nuwe siening daarva
Marcel Proust
die werklikheid is dit wat, wanneer jy ophou om daarin te glo, nie weggaan nie
Philip K. Dick
die werklikheid is maar net 'n illusie, hoewel 'n baie hardnekkige een
Albert Einstein
die werklikheid is wat die meerderheid as die werklikheid beskou
Jorge Luis Borges
die werkwoord “lees” verdra nie ’n bevelsvorm nie. Dit is ’n eienskap wat hy deel met ander werkwoorde soos “liefhê” en “droom”
Daniel Pennac
die wetenskap dien net om die ontdekkings van die instink te bevestig
Jean Cocteau
die wetenskap interesseer my nie; dit misken drome, toeval, gelag, emosie en teenstrydigheid, dinge wat vir my kosbaar is
Luis Buñuel
die wetenskap is nie volmaak nie, maar dit beteken nie dat jy godsdiens nodig het nie
Anonymous
die wetenskap is 'n begraafplaas van dooie idees
Miguel de Unamuno
die wind waai nooit gunstig vir diegene wat nie weet waarheen hulle gaan nie
Lucius Annaeus Seneca
die woord maak uiteindelik die mens vry. Wie hom nie kan uitdruk nie, is ’n slaaf
Ludwig Feuerbach
die woord wat gespreek word, behoort om die helfte aan die spreker en die hoorder
Michel de Montaigne
die woorde waarmee ons aanstoot gee, is 'n uitroep van ons onkunde
Alda Merini
die woordeboek is die mees demokratiese ding op aarde: dit is die enigste besitting wat ons gemeenskaplik het
Bernard Pivot
die wreedste wraak van ’n vrou is om getrou te bly aan ’n man
Jacques-Bénigne Bossuet
diereregte kom voor godsdiens
Dan Jørgensen
dieselfde woorde, deur verskillende monde uitgespreek, neem verskillende, selfs teenstellende, betekenisse aan
Alessandro Morandotti
diewe respekteer eiendom; hulle wil maar net graag hê dat die eiendom hulle s’n word sodat hulle dit nog beter kan respekteer
Gilbert Keith Chesterton
digitaal is spoed en doeltreffendheid. Papier is plesier
Giuseppe Annoscia
digters behandel hulle ervarings skaamteloos: hulle buit hulle uit
Friedrich Wilhelm Nietzsche
digters is mense wat wat hulle kinderoë bewaar het
Alphonse Daudet
dikwels doen ons goed net om later ongestraf daarvan af te kom wanneer ons kwaad gedoen het
François de La Rochefoucauld
dikwels is 'n glimlag nie 'n glimlag van geluk nie, maar 'n vriendelike manier van huil
Gabriela Mistral
dikwels kom die brandstigter skotvry daarvan af, terwyl die alarmmaker gestraf word
Nicolas de Chamfort
dink is die hardste werk wat daar is
Henry Ford
dink na voordat jy dink
Stanislaw Jerzy Lec
dinkwerk is altyd iets ergs
Oskar Panizza
dis baie moeilik om op ‘n voorbeeldige wyse te werk en terselfdertyd die werk te haat wat jy doen
Milan Kundera
dis beter om geen wette te hê nie as om hulle elke dag te oortree
Ugo Foscolo
dis beter om jou te bekommer omdat jy twyfel as om gerus te wees terwyl jy jou vergis
Alessandro Manzoni
dis beter om ongelukkig te wees in die liefde as ongelukkig in die huwelik. Sommmige gelukkiges slaag in albei
Guy de Maupassant
dis een ding om in herinnering te roep, om te onthou is iets anders
Antonio Machado
dis gevaarlik vir ‘n verkiesingskandidaat om dinge te sê wat mense kan onthou
Eugene Joseph McCarthy
dis goed om geleidelik te besef dat ‘n mens niks weet nie
Maurice Maeterlinck
dis goed om te onthou dat gierigheid nog altyd die vyand was van deugsaamheid; dit gebeur selde dat iemand ’n goeie reputasie verwerf wat afgestem is op winsbejag ten alle koste
Leon Battista Alberti
dis hierdie liefde wat ek vir boeke het wat my die slimste idioot op aarde gemaak het
Louise Brooks
dis in siekte dat ons besef dat ons nie alleen lewe nie, maar geketting aan ’n wese van ’n verskillende domein, deur ’n afgrond van ons geskei, wat nie vir ons ken nie en waaruit dit onmoontlik is om onsself verstaanbaar te maak: ons liggaam
Marcel Proust
dis makliker om mense te kul as om hulle te oortuig dat hulle gekul is
Mark Twain
dis makliker om vir jou oortuigings te sterf as om daarvolgens te leef
Alfred Adler
dis moeilik om iemand iets te laat verstaan wanneer sy salaris daarvan afhang dat hy dit nie verstaan nie
Upton Sinclair
dis moeilik om nie iemand anders se vrou se begeer nie; dié wat aan niemand behoort nie is op stuk van sake nie baie aantreklik nie
Enzo Biagi
dis moeilik om te sê wie jou die meeste kwaad aandoen: vyande met die slegste bedoelings, of vriende met die beste
Lord Lytton
dis net as jy jou op die sononder-boulevard bevind dat jy die oggendrooi kan tegemoetgaan
Mirco Stefanon
dis net met die hart dat jy werklik kan sien. Wat regtig belangrik is, is onsigbaar vir die oog
Antoine de Saint-Exupéry
dis net opgevoede mense wat daarvan hou om te leer; domkoppe verkies om te onderrig
Edouard Le Berquier
dis nie die bewussyn wat die lewe bepaal nie, maar die lewe wat die bewussyn bepaal
Karl Marx
dis nie die lewe wat verleng word nie, maar die ouderdom
Anónimo
dis nie die stryd wat van ons kunstenaars maak nie, maar kuns wat ons dryf om te stry
Albert Camus
dis nie elkeen wat wat daarmee kan spog dat hy ’n vriend het nie
Antoine de Saint-Exupéry
dis nie vreemd om diewe teen te kom wat teen diefstal predik nie
Miguel de Unamuno
dis nie vryheid waaraan daar behoefte is nie, maar vry mense
Leo Longanesi
dis nie waar dat reëndae die slegste is nie, dis die enigste dae waarop jy kop omhoog kan loop selfs as jy huil
Jim Morrison
dis nie ’n skande dat sommige bankiers in die tronk beland nie. Dis wel ’n skande dat daar sommige is wat vry rondloop
Honoré de Balzac
dis onmoontlik vir 'n man om deur enigiemand behalwe homself gekul te word
Ralph Waldo Emerson
dis onvoorspelbaar op watter plek die dood op jou wag; verwag dit dus op enige plek
Lucius Annaeus Seneca
dis ook 'n godsdiens om in niks te glo nie
Cesare Pavese
dis resessie wanneer jou buurman sy huis verloor; dis depressie wanneer jy joune verloor
Harry S. Truman
dis verbasend dat een fortuinverteller nie uitbars van die lag by die aanblik van 'n ander nie
Marcus Tullius Cicero
dis volstrek monsteragtig hoe mense deesdae rondgaan en dinge agter jou rug sê wat absoluut en volledig waar is
Oscar Wilde
dis wanneer ons onsself vergeet dat ons dinge doen wat verdien om onthou te word
Anonymous
dis 'n fout om te veronderstel dat niemand sy eie persoonlikheid ken nie. Die meeste mense ken selfs hulle eie tekortkominge goed, maar hou net aan om dit ander name te gee as dié wat gewoonlik deur die res van die wêreld toegeken word
Arthur Helps
dis ’n goeie ding dat mense van die nasie nie ons bank- en monetêre stelsel verstaan nie, want, indien wel, glo ek sal daar voor môreoggend’n revolusie wees
Henry Ford
dis ’n klassestryd; my klas is aan die wen, maar dit behoort eintlik nie so te wees nie
Warren Buffett
dis ’n wonderwerk dat nuuskierigheid formele onderwys oorleef
Albert Einstein
dit het my vyftien jaar gekos om te ontdek dat ek geen skryftalent het nie, maar ek kon toe nie ophou nie, omdat ek al te beroemd geword het
Robert Benchley
dit is altyd makliker om van man te verander as om 'n man te verander
Marilyn Monroe
dit is amusant met watter onnadenkendheid bose mense glo dat alles met hulle goed sal gaan
Victor Hugo
dit is beter om berou te hê oor iets wat gedoen is as oor iets wat nie gedoen is nie
Giovanni Boccaccio
dit is beter om nuttelose dinge te weet as niks nie
Lucius Annaeus Seneca
dit is die mens wat ten volle gekondisioneeris om produktief te wees deur die organisasie van die arbeid, en buite die fabriek behou hy dieselfde vel en dieselfde kop
Christophe Dejours
dit is genoeg dat sy die waarheid uitskree in elkeen se gesig. Niemand sal dit glo nie en almal sal dink sy is mal
Luigi Pirandello
dit is gevaarlik om gelyk te hê as die gevestigde magte verkeerd is
Voltaire
dit is gevaarlik om opreg te wees, tensy jy ook onnosel is
George Bernard Shaw
dit is goed om jou eie neiging te volg, solank dit opwaarts neig
André Gide
dit is makliker om ’n atoom te versplinter as ’n vooroordeel
Albert Einstein
dit is makliker om ’n vyand te vergewe as ’n vriend
William Blake
dit is moeilik om te glo dat iemand jou die waarheid vertel indien jy weet dat jy sou lieg as jy in sy plek was
H.L. Mencken
dit is moeilik om vas te stel wie uit eie wil met die stroom saamgaan
Stanislaw Jerzy Lec
dit is moontlik om op baie maniere te misluk, maar daar is net een manier om te slaag
Aristotle
dit is moontlik om ’n menslike wese lief te hê as jy hom/haar nie te goed ken nie
Charles Bukowski
dit is my beginsels. As jy nie daarvan hou nie, het ek nog ander
Groucho Marx
dit is my leuse: alle mense is gek
Quintus Horatius Flaccus
dit is net die nutteloosheid van die eerste vloed wat God daarvan weerhou om ’n tweede te stuur
Nicolas de Chamfort
dit is net oor dinge wat ’n mens nie interesseer nie dat jy werklik ’n onpartydige mening kan uitspreek, wat ongetwyfeld die rede is waarom ’n onpartydige mening altyd totaal waardeloos is
Oscar Wilde
dit is nie die sterkste van die spesies wat oorleef nie, of die mees intelligente wat oorleef nie. Dit is die een wat die maklikste kan aanpas.
Charles Darwin
dit is nie kennis wat ons kortkom nie. Wat ontbreek, is die moed om te verstaan wat ons weet en om gevolgtrekkings te maak
Sven Lindqvist
dit is nie ’n goeie ding om alles te kry wat jy begeer nie
Heraclitus
dit is omdat die mensdom nie geweet het waarheen hy op pad was nie dat hy sy weg kon vind
Oscar Wilde
dit is onmoontlik om leeglê behoorlik te geniet tensy 'n mens 'n klomp werk het om te doen
Jerome K. Jerome
dit is onverskoonbaar dat wetenskaplikes diere pynig; laat hulle eerder hulle eksperimente uitvoer op joernaliste en politici
Henrik Ibsen
dit is ook die ongeletterheid van ander wat dit moeilik maak om te skryf
Stanislaw Jerzy Lec
dit is seldsaam dat mans wat die hoogste agting vir vroue het hoog aangeskrewe staan by hulle
Joseph Addison
dit is skandeliker om jou vriende te wantrou as om deur hulle bedrieg te word
François de La Rochefoucauld
dit is slegs deur gebruik dat woorde goeie, egte en legitieme woorde van ’n taal word
Alessandro Manzoni
dit is slegs verkeerde optrede wat die steun van die regering nodig het. Die waarheid kan op sy eie bene staan
Thomas Jefferson
dit is treurig om daaraan te dink dat die natuur praat en dat die menslike spesie nie luister nie
Victor Hugo
dit is veel makliker om 'n eerste begeerte te onderdruk as om dié te bevredig wat daarop volg
François de La Rochefoucauld
dit is vreemd dat fisieke moed so algemeen in die wêreld is en morele moed so skaars
Mark Twain
dit is 'n kenmerk van 'n onervare man dat hy nie glo in toeval nie
Joseph Conrad
dit kos aansienlike kennis net om die omvang van jou eie onkunde te besef
Thomas Sowell
dit kos baie om opreg te wees as ’n mens intelligent is! Dis soos om eerlik te wees as jy ambisieus is
Fernando Pessoa
dit kos baie, baie tyd om jonk te wees
Pablo Picasso
dit kos ’n vyand en ’n vriend wat saamwerk om jou in die hart te wond: die een om jou te belaster en die ander om die nuus vir jou te kom vertel
Mark Twain
dit lyk of die wêreld in goeie en slegte mense verdeel is. Die goeies het beter geslaap ... terwyl die slegtes blykbaar die wakker ure veel meer geniet het
Woody Allen
dit maak nie veel saak met wie jy trou nie, want jy sal bepaald die volgende oggend agterkom dat dit iemand anders was
Samuel Rogers
dit sou ’n troos wees vir ons eie swakheid en dié van ons werke, as alle dinge net so stadig sou vergaan as wat hulle tot stand gekom het; maar soos dit is, is alle groei langsaam, maar die pad na vernietiging vinnig
Lucius Annaeus Seneca
dit was sy lot, soos by alle mense, om moeilike tye te belewe
Jorge Luis Borges
dit was uitstaande raad wat ek eenmaal aan ’n jong persoon hoor gee het, ‘doen altyd wat jy bang is om te doen’
Ralph Waldo Emerson
dit wat van die staat hel op aarde gemaak het in die verlede was nog altyd presies die mensdom se poging om dit in ‘n paradys te omskep
Friedrich Hölderlin
doen dom dinge, maar doen dit met geesdrif
Colette
dokters is nes advokate; die enigste verskil is dat advokate jou net beroof, terwyl dokters jou beroof en doodmaak op die koop toe
Anton Chekhov
dokters skryf medisynes voor waarvan hulle baie min weet aan siekes van wie hulle minder weet, om siektes te genees waarvan hulle niks weet nie
Voltaire
dokters. Gelukkige mense. Hulle suksesse skyn in die son … en hulle foute word begrawe
Michel de Montaigne
dra wapenfabrieke by tot die bestryding van werkloosheid?
Anónimo
drankverbod het niks anders as moeilikheid meegebring nie
Al Capone
drome word waar; as dit nie so was nie, sou die natuur dit nie by ons aangewakker het nie
John Updike
droom, en jy sal vry wees van gees; veg, en jy sal vry wees in die lewe
Ernesto Che Guevara
duidelikheid is 'n filosoof se hoflikheid
José Ortega y Gasset
durf versterk moed, en huiwering vrees
Publilius Syrus