Logos Multilingual Portal

Select Language

a b d e f g h i j k l m n o p r s t u v w ʼn

saam het ons tot die besef gekom dat vir die meeste mense die reg om te kan leer beperk word deur die verpligting om skool by te woon
Ivan Illich
sal Europa word wat dit in werklikheid is: ’n klein kaap van die Asiatiese vasteland? Of sal Europa eerder bly wat dit blyk te wees: die kosbare deel van die aardse wêreld, die pêrel van die aardbol, die brein van ’n reusagtige liggaam?
Paul Valéry
Satan is nou slimmer as ooit, en versoek mense deur hulle ryk te maak in plaas van arm
Alexander Pope
sekere dinge kry makliker wettigheid as legitimiteit
Nicolas de Chamfort
sekondêre onderwys kom deesdae neer op weinig meer as dagsorg vir virtuele volwassenes waarin daar toevallig iets geleer kan word, waarvan veel ook van twyfelagtige waarde
James Howard Kunstler
seks verlig spanning; liefde veroorsaak dit
Woody Allen
selfs ’n mens se gedagtes kan nie ten volle in woorde weergegee word nie
Friedrich Wilhelm Nietzsche
selfsug is nie om te lewe soos ’n mens wil nie, maar om ander te vra om te lewe soos jy self graag wil
Oscar Wilde
Sewe Sosiale Sondes: politiek sonder beginsels, rykdom sonder werk, plesier sonder gewete, kennis sonder karakter, handel sonder moraliteit, wetenskap sonder menslikheid, en aanbidding sonder opoffering
Mohandas Karamchad Gandhi
siele leer mekaar verstaan op ’n eie besondere manier, raak gemeensaam met mekaar by wyse van informele diskoers, terwyl ons uiterlike liggame deur geykte uitdrukkings vasgevang raak in die slawerny van sosiale verpligtings
Luigi Pirandello
sien alles, bedek baie, wysig min
Gregorio Magno
simplicity is the form of real greatness
Francesco De Sanctis
sjarme: ’n manier om ’n bevestigende antwoord te kry sonder om enige duidelike vraag te stel
Albert Camus
skatlam: aanspreekvorm vir ’n persoon van die teenoorgestelde geslag wie se naam jy op daardie oomblik nie kan onthou nie
Oliver Herford
skertsend kan 'n mens alles sê, selfs die waarheid
Sigmund Freud
skole het nie noodwendig veel met opvoeding te doen nie … hulle is hoofsaaklik beheerinstellings, waar basiese gewoontes by die jong geslag gevestig word. Opvoeding is heeltemal verskillend en daar is min plek daarvoor op skool
Winston Churchill
skryf is altyd ’n manier om iets weg te steek op so ’n wyse dat dit ontdek kan word
Italo Calvino
skryf is in elk geval die enigste beroep die enigste waar ’n mens nie as belaglik beskou word as jy geen geld verdien nie
Jules Renard
skryf is ’n manier van praat sonder om onderbreek te word
Jules Renard
skuld duur net so lank soos selfverwyt
Jorge Luis Borges
slegs die dooies het die reg om te vergewe, en die lewendes het geen reg om te vergeet nie
Chaim Herzog
slegs die dooies sien die einde van ’n oorlog
Plato
slegs die menseregte van regspersone word gerespekteer
Anónimo
slegs die oorwinnaars bepaal wat oorlogsmisdade was
Garry Wills
slegs die waaksaamheid van die openbare mening verseker die toekoms van enige gemeenskap
Noam Chomsky
slegs hy is sonder deug wat dit nie soek nie
Leon Battista Alberti
slegs iemand wat nie bang is om te sterf vir die waarheid nie is waardig om dit te praat
José María Vargas Vila
slegs iemand wat niks verwag nie, is waarlik vry
Andrew Young
slegs wanneer dit donker genoeg is, kan jy die sterre sien
Martin Luther King
slegs ’n dwaas sal oorlog bo vrede verkies – want in vrede begrawe seuns hulle vaders, maar in oorlog vaders hulle seuns
Herodotus
slegte boeke lei tot slegte gewoontes en slegte gewoontes lei tot goeie boeke
René Descartes
so mooi was sy dat hulle haar verbied het om naby die Leunende Toring van Pisa te kom
Anónimo
sodra jy iets duld, word dit draaglik, en kort voor lank word dit gewoon
Israel Zangwill
soek na dit wat belaglik is in alles, en jy sal dit vind
Jules Renard
sokker is besig om ’n leuen te word, soos goed deur die media gedokumenteer word
Jorge Valdano
sokker is die buitelugkoninkryk van menslike lojaliteit
Antonio Gramsci
sokker is nie net 'n saak van lewe en dood nie, dit is veel belangriker as dit
Bill Shankly
sokker is populêr, want domheid is populêr
Jorge Luis Borges
sokker moet wegkom uit apteke en rekenmeesterskantore
Zdenek Zeman
solank daar dood is, is daar hoop
Giuseppe Tomasi di Lampedusa
solank mense die Caesars en Napoleons vereer, sal Ceasars en Napoleons dienooreenkomstig opstaan en hulle ongelukkig maak
Aldous Huxley
solank mense gemors aanvaar, sal dit finansieel voordelig wees om dit te voorsien
Dick Cavett
solank oorlog as boos beskou word, sal dit steeds sy betowering behou. Indien dit as vulgêr afgemaak word, sal dit ophou om populêr te wees
Oscar Wilde
solidariteit is die sagmoedigheid van die volkere
Ernesto Che Guevara
solidariteit is nie 'n saak van gee nie, maar van optrede teen ongeregtigheid
Abbé Pierre
sommige arm lande is trots en sou liewer self hulle probleme wou oplos, maar gelukkig kan multinasionale maatskappye dit nie weerstaan om hulself op te offer om te help nie
Anónimo
sommige geleerdes werk daaraan om ons brein te vul, terwyl ander hulle bes probeer om dit leeg te maak. Dis onnodig om te noem dat laasgenoemdes in die meerderheid is
Carl William Brown
sommige van grootste liefdesverhale wat ek ken het slegs een akteur behels
Wilson Mizner
sommiges beskou hulself as volmaak, net omdat hulle minder eise aan hulleself stel
Hermann Hesse
sommiges glo dat geniale vermoëns oorerflik is – ander weer het nie kinders nie
Marcel Achard
soms bely iemand 'n sonde om erkenning te kry daarvoor
John von Neumann
soms is dit beter om onderweg te wees as om aan te kom. Daar bestaan eintlik nie iets soos aankoms nie, dis slegs ’n moment op die pad
Gino Vermicelli
soms is dit beter om te probeer gelukkig wees in rampspoed deur dit te aanvaar as om dit te beveg of te probeer om dit te bowe te kom
Maurice Maeterlinck
soms is dit nie minder welsprekend om te swyg as om te praat nie
Plinius Minor
soms kan ons jare deurbring sonder om hoegenaamd te lewe, en skielik is ons bestaan gekonsentreer in ’n enkele moment
Oscar Wilde
soms moet mens in die lewe weet hoe om te baklei, nie net sonder vrees nie, maar ook sonder hoop
Sandro Pertini
soms, as jy op die reling van ’n brug staan en oorleun om die rivier stadig te sien wegvloei onder jou, sal jy plotseling alles weet wat daar te wete is
Alan Alexander Milne
sonder dat 'n mens ook nood geken het, is dit onmoontlik om weelde te waardeer
Charlie Chaplin
sonder geheue sou die mens niks geweet het nie, ook nie hoe om enigiets te doen nie
Giacomo Leopardi
sonder geld en sonder tyd is die verbeelding slegs ’n vervlietende droom wat nie in ’n gebeurtenis omskep kan word nie
Charles Baudelaire
sonder Saddam is die wêreld 'n beter plek. En hoe sou dit wees sonder Bush?
Anónimo
soos 'n dag wat goed bestee is, 'n mens gelukkig laat slaap, so laat 'n lewe wat goed gebruik is, 'n mens gelukkig sterf
Leonardo Da Vinci
sosialisme kan slegs per fiets arriveer
José Antonio Viera Gallo
soveel tale soos ek kan, soveel male is ek man
Carlo V
soveel van wat ons bestuur noem bestaan daarin om dit moeilik vir mense te maak om te werk
Peter Drucker
Spaans sal geen egte kultuurtaal wees voordat die wetenskap nie ook in Spaans beskryf is nie
Angel Martín Municio
speel jou rol goed, dis waarin al die eer geleë is
Edgar Lee Masters
spesialiste is mense wat altyd dieselfde foute herhaal
Walter Gropius
spontaneïteit is die vrug van lang meditasie
Pablo Neruda
stadskultuur is die inbeslagneming deur die kapitalisme van die natuurlike en menslike omgewing; terwyl dit logies ontwikkel tot absolute oorheersing, kan en moet die kapitalisme nou die totale ruimte herskep tot sy eie omgewing
Guy Debord
stap is die mens se beste medisyne
Hippocrates
stem vir die man wat die minste belowe; hy sal die minste teleurstel
Bernard Baruch
sterf is 'n gewoonte wat mense het
Jorge Luis Borges
sterkte is nie afkomstig van fisieke vermoëns nie, maar van ’n ontembare wil
Mohandas Karamchad Gandhi
stilte is vir baie ondraaglik omdat hulle te veel lawaai binne hulself het
Robert Fripp
stories is ons drome. En ons drome is ons lewe
Tim Burton
sukses is maklik om te behaal; wat moeilik is, is om dit te verdien
Albert Camus
sukses is om te kry wat jy wil hê; geluk is om te hou van wat jy kry
Jackson H. Brown
sy gewete was skoon; trouens, hy het dit nooit gebruik nie
Stanislaw Jerzy Lec
sy het verlief geraak nes alle intelligente vroue: soos 'n dwaas
Angeles Mastretta
sy planne was absoluut eerbaar, soos die gesegde lui; naamlik om 'n dame van haar geluk te beroof deur middel van die huwelik
Henry Fielding