Logos Multilingual Portal

Select Language

a b d e f g h i j k l m n o p r s t u v w ʼn

taal is dalk ’n verwringende spieël, maar dis die enigste spieël wat ons het
Michael Dummett
taal is die vel van die siel
Fernando Lázaro Carreter
taal is gewoon die redusering van denke tot sy eenvoudigste vorm
Anonymous
taal is nie die omhulsel van 'n gedagte nie, maar die gedagte self
Miguel de Unamuno
taal is veel rusteloser as die lewe
Manuel Seco
taal is 'n vel: ek vryf my taal teen die ander
Roland Barthes
taal is ’n anonieme, kollektiewe en onbewuste kuns, die resultaat van die kreatiwiteit van duisende geslagte
Edward Sapir
taal is ’n teken, die belangrikste teken van ons menslikheid
Octavio Paz
taal is ’n versameling waarvan elke spreker ’n gedeelte besit
Bernard Dupriez
taalarmoede het ‘n verswakkende uitwerking: daardeur ontstaan die risiko dat ons slawe kan word van ander mense se idees
Giorgio Barberi Squarotti
taalgebruik is die beste taalonderwyser
Quintilianus
taktvolheid by vermetelheid is om te weet in watter mate ’n mens te ver kan gaan
Jean Cocteau
tale, nes godsdienste, lewe van ketterye
Miguel de Unamuno
te veel van wat 'onderwys' genoem word is weinig meer as 'n duur afsondering van die werklikheid
Thomas Sowell
televisie genereer vergetelheid, films skep herinnerings
Jean-Luc Godard
televisie het baie gedoen vir psigiatrie, sowel deur inligting daaroor te versprei as by te dra tot die noodsaaklikheid daarvoor
Alfred Hitchcock
televisie is die eerste werklik demokratiese kultuur – die eerste kultuur wat vir almal toeganklik is en ten volle gerig op wat die mense begeer. Die verskriklikste daarvan is wat die mense wil hê
Clive Barnes
televisie is die spieël waarin die ondergang van ons hele kulturele sisteem weerspieël word
Federico Fellini
televisie is interessanter as mense. As dit nie so was nie, sou ons mense in die hoeke van ons kamers gehad het
Alan Coren
televisie is so sterk soos ’n leeu, televisie vrees niemand nie en televisie laat jou soos ’n idioot aan die slaap raak
Enzo Jannacci
televisie is 'n uitvindsel wat jou in staat stel om vermaak te word in jou gesinskamer deur mense wat jy nie in jou huis sou toelaat nie
David Frost
telkens as ek ’n grootmens op ’n fiets sien, verdwyn my wanhoop in die menslike ras
H.G. Wells
telkens wanneer mense met my saamstem, voel ek dat ek verkeerd moet wees
Oscar Wilde
ten slotte is dit nie die foto self wat my interesseer nie. Ek wil slegs ’n fraksie van ’n sekonde van die werklikheid vaslê
Henri Cartier-Bresson
terwyl daar olie in die Midde-Ooste is, sal daar nie vrede wees nie.
Anónimo
terwyl ek gedink het ek was besig om te leer lewe, het ek eintlik geleer om dood te gaan
Leonardo da Vinci
terwyl ek nie omgegee het om gebore te word nie, gee ek ook nie om om te sterwe nie
Federico García Lorca
terwyl jy iets het, kan dit van jou weggeneem word. Maar wanneer jy dit weggee, het jy dit gegee, en geen dief kan jou daarvan beroof nie. Dit sal dan altyd joune wees
James Joyce
toe die sendelinge hier aangekom het, het die Afrikane die grond gehad en die sendelinge die Bybel. Hulle het ons geleer om met toe oë te bid. Toe ons hulle oopmaak, het hulle die grond gehad en ons die Bybel
Jomo Kenyatta
toe dr. Johnson patriotisme gedefinieer het as die laaste toevlug van ’n skurk, was hy onbewus van die enorme moontlikhede van die woord 'hervorming'
Roscoe Conkling
toe ek jonger was, kon ek alles onthou, of dit nou gebeur het of nie
Mark Twain
toe ek kos aan die armes gegee het, het hulle my ’n heilige genoem. Toe ek vra waarom die armes niks het om te eet nie, het hulle my ’n kommunis genoem
Hélder Câmara
toe ek ’n seun was, het hulle vir my gesê dat enigiemand president kon word. Ek begin dit nou glo
Clarence Darrow
toe het vooruitgang gekom en alles vernietig, selfs meer as die oorlog; want terwyl die oorlog ons eiendom vernietig het, het vooruitgang ons lewenswyse vernietig
Bruno Ugolotti
toename in wysheid kan akkuraat gemeet word aan die ooreenstemmende afname in woede
Friedrich Wilhelm Nietzsche
toerisme is om baie ver te reis op soek na die begeerte om huis toe te gaan
George Elgozy
tolk: iemand wat twee persone van verskillende tale in staat stel om mekaar te verstaan deur teenoor elkeen te herhaal wat vir die tolk voordelig sou gewees het as die ander party dit sou gesê het
Ambrose Bierce
topklasjoernalistiek kan en moet elke hand byt wat dit probeer voed
David Simon
totdat die kleur van ’n mens se vel niks meer beteken as die kleur van sy oë nie sal daar oral oorlog wees
Bob Marley
trane is druppels afkomstig van ’n bevrore siel wat smelt
Hermann Hesse
twee dinge verstom my: die intelligensie van die dier en die dierlikheid van die mens
Flora Tristán
twyfel in onaangenaam, maar sekerheid is belaglik
Voltaire
twyfel is een van die benamings van intelligensie
Jorge Luis Borges
tyd is die beste outeur. Hy skryf altyd die volmaakte einde
Charlie Chaplin
tyd is die enigste ding wat jy nie kan teruggee nie
Lucius Annaeus Seneca
tyd is die heel belangrikste ding, want dis in werklikheid 'n pseudoniem vir die lewe self
Antonio Gramsci