Logos Multilingual Portal

Select Language

a b d e f g h i j k l m n o p r s t u v w ʼn

paaie ontstaan deurdat hulle geloop word
Franz Kafka
paradigma van onsinnigheid – geld verander getrouheid tot ontrou, liefde tot haat, haat tot liefde, deug tot ondeug, ondeug tot deug, dienaar tot baas, baas tot dienaar, onnoselheid tot verstand en verstand tot onnoselheid
Karl Marx
pasifiste is soos skape wat glo dat wolwe vegetariërs is
Yves Montand
pasop waarvoor jy wens, dit mag waar word
Joanne Kathleen Rowling
pasop: Marx se lyk haal nog asem!
Nicanor Parra
patriotisme is die mins skerpsinnige van alle passies
Jorge Luis Borges
patriotisme is jou oortuiging dat hierdie land die meerdere is van alle ander omdat jy daarin gebore is
George Bernard Shaw
per slot van rekening is die taal ons vaderland
Camilo José Cela
per slot van rekening is dit jou verhouding met ander mense wat die lewe die moeite werd maak
Wilhelm von Humboldt
persoonlik is ek altyd gereed om te leer, hoewel ek nie altyd daarvan hou om geleer te word nie
Winston Churchill
persvryheid is miskien dit wat die meeste gely het onder die geleidelike agteruitgang van die begrip vryheid
Albert Camus
pessimis: iemand wat, wanneer hy 'n keuse van twee euwels het, albei kies
Oscar Wilde
pessimisme het te doen met intelligensie; optimisme met die wil
Antonio Gramsci
Picasso is ’n skilder, en ek ook; Picasso is Spaans, en ek ook; Picasso is ’n kommunis, en ek ook nie
Salvador Dalí
plig is wat ’n mens van ander verwag
Oscar Wilde
poësie is die eenwording van twee woorde wat ’n mens jou nie voorstel verbind kan word nie, en wat iets vorm soos in ’n misterie
Federico García Lorca
poësie is, soos brood, vir almal
Roque Dalton
poësie stel my in staat om uit te druk wat nie gesê kan word nie
José Hierro
poësie voeg lewe by die lewe
Mario Luzi
politici is mense wat, wanneer hulle lig aan die einde van die tonnel sien, uitgaan en nog meer tonnel koop
John Quinton
politici is oral dieselfde. Hulle belowe om 'n brug te bou selfs waar daar geen rivier is nie
Nikita Khrushchev
politici is slegs die bankiers se bediendes
Ezra Pound
politici praat namens hulle partye, en partye is nooit, was nooit, en sal nooit verkeerd wees nie
Walter Dwight
politici van links sê dat die regses gevaarlik is vir ons land, terwyl dié van regs dieselfde beweer oor hulle kollegas van links. Ek sou eenvoudig die idee voorstel dat beide dalk gevaarlik is
Carl William Brown
politiek en die lot van die mens word bepaal deur mense sonder ideale en grootheid. Dié wat grootheid besit, begeef hulle nie in die politiek nie
Albert Camus
politiek is die fyn kuns om stemme van die armes te kry en befondsing van die rykes deur te belowe om die een teen die ander te beskerm
Oscar Ameringer
politiek is die kuns om moeilikheid te soek, dit te vind, dit foutiewelik te diagnoseer, en dan die verkeerde remedie foutiewelik toe te pas
Groucho Marx
politiek is die skadu wat deur groot sakeondernemings oor die maatskappy gewerp word
John Dewey
politiek is nie die kuns van die moontlike nie. Dit bestaan uit ’n keuse tussen die rampspoedige en die onverteerbare
John Kenneth Galbraith
politiek is oorlog sonder bloedvergieting, oorlog is politiek met bloedvergieting
Mao Zedong
politiek is ʼn balanseertoertjie tussen diegene wat daarby betrokke wil raak en diegene wat nie daarmee wil ophou nie
Jacques-Benigne Bossuet
politiek moet met skoon hande bedryf word
Sandro Pertini
politiek, wat die kuns is om die openbare lewe te hanteer, is die werk van politici wat kunstenaars is in private aangeleenthede
Carl William Brown
politiek: ’n botsing van belange vermom as ’n stryd om beginsels
Ambrose Bierce
politieke satire het oornag verouderd geraak toe die Nobelprys aan Henry Kissinger toegeken is
Tom Lehrer
pornografie is nie obseen nie, maar wel dat iemand van honger kan sterf
José Saramago
praat af en toe die waarheid sodat hulle jou glo wanneer jy lieg
Jules Renard
praat is vertaal, luister is vertaal, lees is vertaal, skryf is vertaal, dink is vertaal. Almal vertaal, behalwe sommige vertalers
Anonimo
praktiese politiek bestaan daarin om feite te ignoreer
Henry Brooks Adams
primaat-ape en bobbejane praat nie, omdat, as hulle dit sou doen, mense hulle sou dwing om te werk
Antoine Le Grand
probeer om nie 'n suksesvolle mens te word nie, maar eerder 'n mens van waarde
Albert Einstein
propaganda is daardie vertakking van die leuenkuns wat daarin bestaan dat jy byna jou vriende mislei sonder om jou vyande heeltemal te bedrieg
Frances Cornford
pyn wat pyn bestry, dien as medikasie
Publilius Syrus