Logos Multilingual Portal

Select Language

a b d e f g h i j k l m n o p r s t u v w ʼn

ma is die hart van die gesin, wat Pa se verdienste uitgee op verbruikersgoedere om die omgewing te verbeter waarin hy eet, slaap en na televisie kyk
Germaine Greer
maar die heelal is oneindig
Epicurus
maar dit is waar die hele probleem lê! In die woorde! Elkeen van ons het in homself ’n hele wêreld van dinge, elkeen het sy eie wêreld van dinge. En hoe kan ons mekaar ooit verstaan, meneer, as ek in die woorde wat ek uiter, die sin en waarde van dinge plaas soos dit binne myself is; terwyl hy wat daarna luister, dit noodwendig verstaan volgens die sin en met die waarde wat hy in homself het, van die wêreld wat hy in homself het? Ons glo dat ons mekaar verstaan, maar ons verstaan mekaar nooit!
Luigi Pirandello
maar weet jy wat is mense? Misrabele goed wat moet sterf, meer mistroostig as die wurms of blare van die vorige jaar wat dood is sonder om dit te weet
Cesare Pavese
mans verander hulle gevoelens en gedrag met dieselfde spoed as waarmee hulle hul belangstellings verander
Arthur Schopenhauer
mans wat die beste met vroue oor die weg kom is juis hulle wat weet hoe om sonder hulle klaar te kom
Charles Baudelaire
meer as ooit in die geskiedenis staan die mensdom voor ’n kruispad. Een pad lei na wanhoop en totale hopeloosheid. Die ander, na totale vernietiging. Laat ons bid vir die wysheid om reg te kies
Woody Allen
melankolie is ’n toestand van geluk as gevolg van droefheid
Victor Hugo
meningsverskil is die hoogste vorm van patriotisme
Thomas Jefferson
mense bou te veel mure en nie genoeg brûe nie
Isaac Newton
mense doen so nooit so totaal en met soveel oorgawe kwaad as wanneer hulle dit uit religieuse oortuigings doen nie
Blaise Pascal
mense glo dat hulle vry is, maar hulle is net vry om dit te glo
Jim Morrison
mense het die gereedskap van hulle gereedskap geword
Henry David Thoreau
mense het min respek vir ander, maar ook nie veel vir hulleself nie
Leon Trotsky
mense het nie groot gedagtes nie, groot gedagtes vind mense
Franco Modigliani
mense het stadige reflekse - dit neem oor die algemeen verskeie geslagte om iets te begryp
Stanislaw Jerzy Lec
mense het ’n buitengewoon foutiewe opinie van hulle posisie in die natuur; en die fout is onuitwisbaar
William Somerset Maugham
mense is altyd opreg. Dis net die aard van hulle opregtheid wat verander, dis al
Tristan Bernard
mense is meer gewillig om met iemand te simpatiseer oor ongeluk as oor geluk
Simone de Beauvoir
mense is net belaglik wanneer hulle anders wil lyk of wees as wat hulle is
Giacomo Leopardi
mense is nie skaam om iets vuils te bedink nie, maar hulle is skaam wanneer hulle hulle verbeel dat ander mag dink dat hulle in staat is tot sulke vuil gedagtes
Friedrich Wilhelm Nietzsche
mense is ongelukkig omdat hulle nie weet dat hulle gelukkig is nie, dis die enigste rede. Om geen ander rede nie! Wie dit ook al ontdek, sal onmiddellik gelukkig wees
Fedor Michailovich Dostoevski
mense met ’n bloeddorstige geaardheid het ’n natuurlike geneigdheid tot wreedheid teenoor diere
Michel de Montaigne
mense reis om hulle te verwonder oor die berge, oseane, riviere en sterre; en hulle gaan eenvoudig by hulleself verby sonder verwondering
Sant'Agostino
mense sal deur stront swem as jy 'n paar sjielings daarin gooi
Peter Sellers
mense sal jou nie toelaat om te lewe soos jy wil nie; maar as jy sterk genoeg is, sal jy ten minste nie hoef te lewe soos hulle dit wil hê nie
Andrew H. Vachss
mense skreeu om te voorkom dat hulle na mekaar moet luister
Miguel de Unamuno
mense sterf nie as gevolg van ’n gebrek aan inkomste nie. Hulle sterf oor ’n gebrek aan toegang tot bronne
Vandana Shiva
mense van min woorde is die beste mense
William Shakespeare
mense wat baie praat, sê niks nie
Françoise Sagan
mense wat gespog het dat hulle ’n revolusie veroorsaak het, het altyd die dag daarop gesien dat hulle geen besef gehad het wat hulle gedoen het nie, dat die revolusie wat hulle teweeggebring het nie in die minste ooreengestem het met die een wat hulle graag sou wou gesien het nie
Friedrich Engels
mense wat hulle intelligensie gebruik, is skaars, daar is min wat hulle harte gebruik, en dié wat altwee inspan, is uniek
Rita Levi Montalcini
mense wat nooit lag nie, is nie ernstig nie
Pierre Dac
mense word in twee groepe verdeel – die regverdiges en die onregverdiges – en dit is die regverdiges wat die verdeling doen
Oscar Wilde
mense word onkundig gebore, nie onnosel nie; hulle word onnosel gemaak deur die onderwys
Bertrand Russell
mense word slegs helde wanneer hulle nie anders kan nie
Paul Claudel
mense, soos skape, is geneig om ’n leier te volg – partymaal in die regte rigting
Alexander Chase
menslike natuur: wat jou laat vloek op ‘n voetganger as jy bestuur en op die bestuurder as jy ‘n voetganger is
Oren Arnold
menslike wesens het net twee werkswyses: onverantwoordelikheid en paniek
James R. Schlesinger
militêre intelligensie is ‘n selfweerspreking
Groucho Marx
min dinge is so onveranderlik as die verslaafdheid van politieke groepe aan die idees waardeur hulle aan bewind gekom het
John Kenneth Galbraith
min mense sien ons soos ons is, maar almal sien wat ons voorgee om te wees
Niccolò Machiavelli
misdade wat deur middel van motorvoertuie gepleeg word, word ongelukke genoem
Eduardo Galeano
miskien is die beste mense dié wat weet dat hulle nie meer werd is as die niks wat hulle omgewe nie
Vincenzo Cerami
miskien is die doelwit vandag nie om te ontdek wat ons is nie, maar om dit te ontken wat ons is
Michel Foucault
miskien is Etiek ’n wetenskap wat van die gesig van die aarde verdwyn het. Nietemin, ons sal dit nog ’n slag moet uitvind
Jorge Luis Borges
miskien is hierdie wêreld ’n ander planeet se hel
Aldous Huxley
mislukking het na my kop gegaan
Ennio Flaiano
mode, dit wil sê, die eentonigheid van verandering
Miguel de Unamuno
moed is wat dit verg om op te staan en te praat; moed is ook wat dit verg om te gaan sit en te luister
Winston Churchill
moenie aan ander doen wat jy wil hê hulle aan jou moet doen nie. Hulle smaak is dalk anders as joune
George Bernard Shaw
moenie afstand doen van jou illusies nie. As hulle verdwyn het, mag jy nog bestaan, maar jy sal opgehou het om te lewe
Mark Twain
moenie daardie buitelandse woord 'ideale' gebruik nie. Ons het mos die goeie inheemse woord 'leuens'
Henrik Ibsen
moenie in die nag om hulp roep nie. Jy kan dalk jou bure wakker maak
Stanislaw Jerzy Lec
moenie lees soos die kinders, vir plesier, of soos die geleerdes, om te leer nie. Nee, lees om te lewe
Gustave Flaubert
moenie probeer byhou by die bure nie - trek hulle af na jou vlak
Quentin Crisp
moenie so nederig wees nie - so groot is jy nie
Golda Meir
moenie spyt wees oor wat jy nie kon doen nie, liewer oor wat jy sou kon, maar nie wou doen nie
Mao Zedong
moenie stem nie, dit moedig hulle net aan
Anonymous
moenie toelaat dat die vryheid van spraak afgedwing word voordat die vryheid van denke ervaar is nie
Stanislaw Jerzy Lec
moenie tyd verkwis deur na hindernisse te soek wat dalk glad nie bestaan nie
Franz Kafka
moenie vir ewig probeer lewe nie. Jy sal nie daarin slaag nie
George Bernard Shaw
moenie wag vir die regte oomblik nie: skep dit
George Bernard Shaw
moet my nie vra om gaaf te wees nie; vra my net om my te gedra asof ek is
Jules Renard
moet nooit daaraan twyfel dat ’n klein groepie nadenkende, toegewyde mense die wêreld kan verander nie
Margaret Mead
moet nooit dink dat oorlog, hoe noodsaaklik of geregverdig ook al, nie 'n misdaad is nie
Ernest Hemingway
moet nooit verduidelik nie. Jou vriende het dit nie nodig nie en jou vyande sal jou in elk geval nie glo nie
Oscar Wilde
moet nooit 'n boek aan sy film beoordeel nie
J.W. Eagan
moet nooit 'n vreemde uitdrukking, 'n wetenskaplike term of 'n jargonwoord gebruik as jy aan 'n alledaagsetaal-ekwivalent kan dink nie
George Orwell
monogamie is ’n uitvindsel van ons Westerse beskawing om ’n sekere, mag ek sê, weldeurdagte orde aan die instellings van die samelewing te verleen. Dit het niks met die menslike natuur te doen nie. Ek daag enigeen uit om my ’n ware monogame persoon te toon
Hugh Hefner
môre, wanneer ek sterf, sal niemand oor my treur nie; geen grond sal my bedek nie, want ek is die wind van vryheid
Ernesto Che Guevara
my sienings oor geboortebeperking is ietwat skeefgetrek deur die feit dat ek die sewende van nege kinders was
Robert Francis Kennedy
my godsdiens is om die waarheid in die lewe te soek en die lewe in die waarheid
Miguel de Unamuno
my kat doen wat ek graag wil doen, met minder literatuur
Ennio Flaiano
my optimisme is gebaseer op die sekerheid dat hierdie beskawing op die punt staan om ineen te stort, my pessimisme op alles wat dit doen om ons mee te sleur in sy val
Jean-François Brient
my spyt oor die mallighede van die jeug is nie dat ek dit aangevang het nie, maar nie meer in staat is daartoe nie
Pierre Benoit
my toekoms begin wanneer ek soggens wakker word ... elke dag vind ek iets skeppends om met my lewe aan te vang
Miles Davis
my vaderland is oral waar dit goed gaan met my
Marcus Pacuvius