Logos Multilingual Portal

Select Language

a b d e f g h i j k l m n o p r s t u v w ʼn

van al die seksuele afwykings is kuisheid seker die eienaardigste
Remy de Gourmont
van alle dinge wat seker is, is twyfel die sekerste
Bertolt Brecht
van alles wat die wysheid bied om die lewe volkome gelukkig te maak, is die besit van vriendskap ongetwyfeld die grootste
Epicurus
van 'n groot man kan 'n mens altyd iets leer, selfs al swyg hy
Lucius Annaeus Seneca
vandag, meer as ooit, is dit die taak van kultuurmense om twyfel te saai, eerder as om sekerhede te versamel
Norberto Bobbio
verbeelding troos ons oor dit wat ons nie is nie, en humor oor dit was ons is
Winston Churchill
verblind deur die kinderagtige en dwase religieë wat deur ons voorvaders uitgedink is teen die terreur van die groot onbekende, gaan ons voort
Guy de Maupassant
vergewe altyd jou vyande; niks maak hulle so vies nie
Oscar Wilde
vergewe my as ek u 'menere' noem, maar ongelukkig ken ek u nie baie goed nie
Groucho Marx
vernietig ek nie my vyande wanneer ek vriende van hulle maak nie?
Abraham Lincoln
versigtigheid is 'n ryk, lelike oujongnooi wat deur onvermoë die hof gemaak word
William Blake
verskriklike tye, wanneer idiote die blindes lei
William Shakespeare
versoekings, anders as geleenthede, gee jou altyd ’n tweede kans
Orlando Aloysius Battista
vertalers is soos portretskilders – hulle kan die kopie verfraai, maar dit moet ooreenkom met die oorspronklike
Elie Fréron
vertaling is die mees intensiewe vorm van lees
Gabriel García Márquez
vertaling is ’n ervaring wat die stadigste moontlike lesing moontlik maak en vereis, byna soos ’n voetganger wat die fisiese ruimte van die teks oorsteek met sy valleie, vlaktes en berge
Laura Bocci
vertalings (soos eggenotes) is selde getrou as hulle in die minste aantreklik is
Roy Campbell
verveling is ʼn siekte wat jy kan genees deur te werk; plesier is maar net ʼn palliatief
Duke of Lewis
vervloek is daardie oomblik van geluk wat my vir altyd ongelukkig gemaak het
Franco Trincale
vervloek is die soldaat wat die wapen opneem teen sy eie mense
Simón Bolivar
vir baie vroue is die kortste pad na volmaaktheid tederheid
François Mauriac
vir die intellektueel hoogstaande mens het eensaamheid ’n dubbele voordeel: eerstens dat ’n mens by jouself kan wees, en tweedens, dat jy nie by ander is nie
Arthur Schopenhauer
vir die meerderheid van homo sapiens is die universele godsdiens niks anders nie as sokker
George Steiner
vir die meeste mense is die lewe 'n soektog na die gepaste bruin omslag waarin hulle geliasseer kan word
Clifton Fadiman
vir die meeste mense is ervaring soos die agtersteweligte van ’n skip wat slegs die spoor verlig wat agtergelaat word
Samuel Taylor Coleridge
vir dié wat nie dink nie, sal dit goed wees om tenminste hulle vooroordele van tyd tot tyd te herrangskik
Luther Burbank
vir elke ingewikkelde probleem is daar altyd ’n eenvoudige oplossing – wat verkeerd is
H.L. Mencken
vir elke taal wat uitsterf, verdwyn ’n beeld van die mens
Octavio Paz
vir elkeen van ons het die verlede die grootste aantrekkingskrag, omdat dit die enigste ding is is wat ons ken en regtig liefhet
Pier Paolo Pasolini
vir hoeveel van ons sal dit nog die moeite werd wees om te lewe as daar geen dood meer is nie?
Elias Canetti
vir iemand wat te veel weet, is dit moeilik om nie te jok nie
Ludwig Wittgenstein
vir my het die lewe opgehou om ’n grap te wees, ek vind dit nie snaaks nie
Charlie Chaplin
vir sommige kommuniste is antikommunisties gelyk aan fascisties. Dit is net so onverstaanbaar as om te sê as jy nie katoliek is nie, is jy ’n Mormoon
Jorge Luis Borges
vir ’n man is sukses in sy werk daarin geleë om ’n goeie vrou aan sy sy te hê. En haar gereeld te vervang …
Enzo Ferrari
vleiers lyk na vriende, nes wolwe na honde lyk
George Chapman
voeg eerder lewe by jou dae as dae by jou lewe
Rita Levi Montalcini
volg die voorbeeld van die beste, van dié wat alles prysgee om ’n beter wêreld tot stand te bring
Salvador Allende
volg nooit die gebaande weë nie; dit lei maar net na waar ander alreeds was
Alexander Graham Bell
volgens statistieke oor geestesgesondheid ly een uit elke vier Amerikaners aan die een of ander geesteskwaal of senuweesiekte. Dink aan jou drie beste vriende. As hulle reg is, is dit jy
Rita Mae Brown
volhoubare ontwikkeling is, soos die pad na die hel, besaai met goeie voornemens
Serge Latouche
volwasse? nooit!
Pier Paolo Pasolini
voor daar gedink word oor hoe om te onderrig, sou dit goed wees om helderheid te kry oor die resultate wat ’n mens wil bereik
Bertrand Russell
voor die huwelik moet 'n meisie liefde maak met 'n man om hom te hou. Ná die huwelik moet sy hom vashou om liefde met hom te maak
Marilyn Monroe
voordat jy van gedagte verander, maak seker dat jy een het
Albert Brie
voordat ons gekom het, het die wêreld niks kortgekom nie; ná ons vertrek sal die wêreld niks kortkom nie
Omar Khayyam
voortydige gedagtes bestaan nie, ’n mens moet jou tyd afwag totdat die regte oomblik aanbreek
Jean Monnet
vra jouself of jy gelukkig is, en jy is dit nie meer nie
John Stuart Mill
vrae wat hulle nie self beantwoord op die moment wanneer hulle ontstaan nie, word nooit beantwoord nie
Franz Kafka
vrate grawe hulle graf met hulle tande
Henri Estienne
vrede is nie die afwesigheid van oorlog nie; dit is ’n deug, ’n geestesingesteldheid, ’n geneigdheid tot welwillendheid, vertroue en regverdigheid
Baruch De Spinoza
vrede is nie God se gawe aan sy skepsels nie; dis 'n geskenk wat ons aan mekaar gee
Elie Wiesel
vrede met jouself is noodsaaklik as teenvoeter vir die terreurboodskappe waarmee die maghebbers almal se lewens versuur
Arturo Paoli
vriende is dié deel van die menslike ras waarmee 'n mens menslik kan wees
George Santayana
vriendelikheid is die taal wat die dowes kan hoor en die blindes kan sien
Mark Twain
vriendskap is ‘n onbevooroordeelde ooreenkoms tussen gelykes; liefde ’n misrabele verhouding tussen tiranne en slawe
Oliver Goldsmith
vriendskap is ’n produk van lojaliteit, nie van passiewe trou nie
Ferruccio de Bortoli
vriendskappe word nie sommer gesluit nie, maar in ooreensemming met die emosies wat ons beheer
Alberto Moravia
vroeër het ’n mens nie durf waag om vry te dink nie; nou mag ’n mens, maar kan dit nie meer doen nie. ’n Mens wil slegs nog dink wat ’n mens behoort te wil, en net dit word dan as vryheid ervaar
Oswald Spengler
vroeër is die polisiemag deur manne van integriteit bestuur. Dit was ’n fout wat reggestel is
Joe Orton
vroeër, eerder as later, sal die groot weë oopgaan en vry mense sal dit betree om ‘n beter gemeenskap te bou
Salvador Allende
vroue ... 'n onbenulligheid trek hulle aan, 'n kompliment laat hulle op die vlug slaan
Raymond Quatorze
vroue doen honderd persent van wat hulle sê, mans vyftig persent
Claude Lelouch
vroue hou van swygsame mans; hulle glo dat dié na hulle luister
Marcel Achard
vroue is die eienaars van 'n planeet wat deur mans geregeer word
Marilyn Monroe
vroue is lief vir ons oor ons tekortkomings. As ons genoeg daarvan het, sal hulle ons alles vergewe, selfs ons enorme intellek
Oscar Wilde
vroue is so skynheilig dat alle kinders vas glo dat hulle eie moeder ‘n heilige was
Remy de Gourmont
vroue moet mooi wees om deur mans bemin te word, en dom genoeg om mans te bemin
Coco Chanel
vrugbare gesprek is slegs moontlik tussen diegene wat daarop konsentreer om hulle eie verwardheid te bevestig
Emil Cioran
vrygewige siele word eerder gesteur deur vleitaal as deur beledigings
Nicolò Tommaseo
vryheid bestaan nie, maar wel die soeke daarna, en dit is hierdie soeke wat ons vry maak
Carlos Fuentes
vryheid beteken verantwoordelikheid. Dis waarom die meeste mense dit vrees
George Bernard Shaw
vryheid is soos poësie: dit het geen adjektiewe nodig nie, dis vryheid!
Enzo Biagi
vryheid slegs vir ondersteuners van die regering, slegs vir lede van ’n party – ongeag hoe groot sy ledetal – is geen vryheid hoegenaamd nie. Vryheid is altyd slegs vryheid vir diegene wat anders daaroor dink
Rosa Luxemburg