Logos Multilingual Portal

Select Language

a b d e f g h i j k l m n o p r s t u v w ʼn

hartstogte is net deugde of gebreke as hulle tot die uiterste gedryf word
Johann Wolfgang von Goethe
Hegel was reg toe hy gesê het dat ons uit die geskiedenis leer dat ’n mens nooit enigiets uit die geskiedenis kan leer nie
George Bernard Shaw
heilig die doel die middele? Dankie, Moggi
Anonimo
hekse het opgehou om te bestaan toe ons opgehou het om hulle te verbrand
Voltaire
help my om te begryp waarvan ek jou vertel en ek sal dit beter kan verduidelik
Antonio Machado
herinnering is altyd 'n plek van ontmoeting
Isabel Allende
herinneringe is soos wyn wat oorgeskink word in ʼn bottel; dit bly helder, en die afsaksel bly op die boom
Mario Rigoni Stern
hier lê my vrou; laat haar hier lê. Sy het nou rus, nes ek
John Dryden
hier woon ’n vry man. Niemand dien hom nie
Albert Camus
hier word selfs die wet van die oerwoud nie gehoorsaam nie
Nicanor Parra
hierdie lewe is ’n hospitaal waarin elke pasiënt besete is met die gedagte om van bed te verander
Charles Baudelaire
hierdie mens is bv. net koning omdat ander mense as onderdane teenoor hom optree. Hulle glo, aan die ander kant, dat hulle onderdane is omdat hy koning is
Karl Marx
hierdie spanning is verskriklik. Ek hoop dit hou aan
Oscar Wilde
historici lieg met behulp van dokumente, romansiers met hulle verbeelding
Gonzalo Torrente Ballester
historici lieg met behulp van dokumente, romansiers met hulle verbeelding
Gonzalo Torrente Ballester
historici lieg met behulp van dokumente, romansiers met hulle verbeelding
Gonzalo Torrente Ballester
hoe herken jy ’n kunswerk? Hoe kan dit weggehou word, selfs vir ’n oomblik, van kritici, kommentators, van onvermoeide plagiariste, van die skenders en van die finale bestemming van eensaamheid? Eenvoudig – vertaal dit net
Roberto Bolaño
hoe hoër ons ons verhef, hoe kleiner lyk ons vir diegene wat nie kan vlieg nie
Friedrich Wilhelm Nietzsche
hoe intelligenter ‘n mens is, hoe minder vermoed jy ‘n absurditeit
Joseph Conrad
hoe jammer dat water drink nie 'n sonde is nie - hoe lekker sou dit nie gewees het nie!
Giacomo Leopardi
hoe kan jy vasstel of Lyndon Johnson lieg? As hy sy ore wikkel, beteken dit nie dat hy lieg nie. As hy sy wenkbroue lig, beteken dit nie dat hy lieg nie. Maar as hy sy lippe beweeg, lieg hy
Robert Francis Kennedy
hoe korrupter die staat, hoe groter die aantal wette
Tacitus
hoe meer dinge 'n man hom oor skaam, hoe meer respektabel is hy
George Bernard Shaw
hoe meer jy het, hoe meer wil jy hê; hoe minder jy het, hoe meer gee jy
Anonymous
hoe meer jy ooreenstem met die beeld wat jy van jouself geskep het, hoe egter is jy
Pedro Almodóvar
hoe meer wette daar is, hoe meer diewe is daar
Lao Tse
hoe minder jy eet, drink en boeke koop; hoe minder jy die teater, die danssaal en drinkplekke besoek; hoe minder jy dink, liefhet, teoretiseer, sing, skilder, skerm, ens., hoe meer spaar jy – hoe groter word jou besittings, wat geen mot of roes sal vernietig nie – jou kapitaal. Hoe minder jy is, hoe minder jy uitdrukking gee aan jou eie lewe, hoe meer het jy, d.w.s. hoe groter is jou vervreemde lewe, hoe groter is die omvang van jou vervreemde self
Karl Marx
hoe minder mense weet van wors en wette maak, des te beter slaap hulle snags
Otto von Bismarck
hoe sou die lewe gewees het as ons nie die moed gehad het om iets te waag nie?
Vincent Van Gogh
hoe swakker die liggaam, hoe meer vereis dit; hoe sterker hy is, hoe meer gehoorsaam hy
Jean-Jacques Rousseau
hoe ver ʼn mens ook al neerdaal langs alle paaie van jou siel, jy sal nooit die grense daarvan bereik nie: so onmeetlik diep is die manifestasie van sy rede
Heraclitus
hoe word die wêreld regeer en in oorloë gedompel? Diplomate belieg joernaliste en glo dan wanneer hulle dit lees
Karl Kraus
hoekom bang wees vir die dood? Dit is die mooiste avontuur in die lewe
Charles Frohman
hoekom geld betaal om jou stamboom te laat naspoor? Begeef jou in die politiek en laat jou teenstanders dit vir jou doen
Anonymous
hoekom sal ek omgee vir die nageslag? Wat het die nageslag nog ooit vir my gedoen?
Groucho Marx
hoeveel lewens is daar in een lewe, hoeveel manne in een man
Giovanni Papini
hoeveel sorge verdwyn eenvoudig wanneer ’n mens besluit om nie iets te wees nie, maar iemand
Coco Chanel
hoeveel waarheid verdra, hoeveel waarheid waag ʼn gees? Elke prestasie, elke tree voorwaarts in kennis spruit uit moed, uit strengheid teenoor jouself, uit sindelikheid teenoor jouself
Friedrich Wilhelm Nietzsche
hoewel die dood skrikwekkend is, is die wete dat jy vir ewig lewe sonder die moontlikheid om te sterf selfs skrikwekkender
Anton Chekhov
hoflikheid is vir die menslike natuur wat hitte is vir was
Arthur Schopenhauer
hoop het twee pragtige spruite: veragting en moed. Die eerste in die aangesig van hoe dinge verloop, die tweede om dié te verander
Sant'Agostino
hoop is in die haak vir ontbyt, maar is ’n hopelose aandete
Francis Bacon
hou op om te hoop, en jy sal ophou om te vrees
Lucius Annaeus Seneca
hulle het behandelings teen onbekende siektes ontwikkel
Ronald Reagan
hulle het hulself daarvan oortuig dat die mens, die ergste oortreder van al die spesies, die kroon van die skepping is. Alle ander skepsels is geskape, slegs om hom te voorsien van kos, pels, om gepynig en uitgeroei te word
Isaac Bashevis Singer
hulle het my gevra: is jy ten gunste van die deregulering van dwelms? Ek geantwoord: laat ons begin met die deregulering van brood. In die helfte van die wêreld is dit onderhewig aan ’n streng gebruiksverbod
José Saramago
hulle het vir my gesê dat hierdie paar dooies nodig was om 'n wêreld tot stand te bring waarin niemand meer gedood sou word nie
Albert Camus
hulle kan al die blomme afsny, maar sal nooit die lente keer nie
Pablo Neruda
hulle soek oorlog, maar ons sal hulle nie in vrede laat nie
José Saramago
hulle sou nie mense wees as hulle nie hartseer was nie. Die dood is waarvoor hulle gebore is. Hulle volledige rykdom is geleë in die dood, wat hulle dryf om ywerig te wees, om te onthou en voorsiening te maak
Cesare Pavese
hy het sy eie vlag omhoog gehys ... sodat hy nie daarna hoef te kyk nie
Stanislaw Jerzy Lec
hy is swak omdat hy nie genoeg getwyfel het nie en tot gevolgtrekkings wou kom
Miguel de Unamuno
hy wat op homself verlief is, het minstens in sy liefde die voordeel dat hy nie veel mededingers sal hê nie
Georg Christoph Lichtenberg
hy wat so gelukkig is om niks meer te kan kry nie, is nie so gelukkig as die een wat niks het om te verloor nie
Francisco de Quevedo y Villegas
hy wat tevrede is met die minste, is die rykste
Socrates
hy wat versigtig loop, loop veilig en ver
Anonimo