waak daarteen om net diegene as intelligent te beskou wat jou mening deel
|
waansin is om dieselfde ding oor en oor te doen en verskillende resultate te verwag
|
waansin is ’n menslike toestand. Waansin, sowel as rede, is deel van ons. Die probleem is dat die gemeenskap, om as beskaafd beskou te kan word, beide rede en waansin behoort te aanvaar
|
waansin kom selde voor by individue – maar by groepe, nasies en rasse is dit die reël
|
waar daar baie lig is, is daar ook baie skadu's
|
waar daar geen humor is nie, is daar geen menslikheid nie; waar daar geen humor is nie, is daar die konsentrasiekamp
|
waar die pers vry is, en elke mens in staat is om te lees, is alles veilig
|
waar die swaard van die wet nie kan uitkom nie, daar slaan die sweep van satire
|
waar 'n mens boeke verbrand, verbrand 'n mens ten slotte selfs ook mense
|
waarhede wat saak maak, die belangrike beginsels, kom ten slotte altyd neer op twee of drie. Dis dié wat jou ma jou kleintyd geleer het
|
waarheen gaan jy, Iwan? Ek gaan na Minsk. Jy lieg, Iwan! Jy sê vir my jy gaan Minsk toe om my te laat dink jy gaan Moskou toe, maar in werklikheid gaan jy na Minsk. Jy lieg, Iwan!
|
waarom die ou foute herhaal as daar soveel nuwe foute is om te begaan?
|
waarom maak ons mense dood wat ander doodgemaak het? Om te demonstreer dat dit verkeerd is om dood te maak?
|
waarom vermy ons dit oor die algemeen om alleen te wees? Omdat min van ons goeie geselskap vir onsself is
|
waaroor 'n mens nie kan praat nie, daaroor moet jy swyg
|
waarskuwing: Gesondheidsdienste kan gevaarlik wees vir die gesondheid
|
waarskynlik die enigste plek waar ’n man regtig veilig kan voel, is ’n maksimumsekuriteitsgevangenis, behalwe vir die naderende bedreiging van vrylating
|
wanneer almal dieselfde dink, dink niemand eintlik nie
|
wanneer dit gaan oor gewigtige sake, is styl noodsaaklik, nie opregtheid nie
|
wanneer een persoon geskik bevind word om ’n taak met toewyding uit te voer, gaan dit slegter wanneer dit deur twee persone uitgevoer word – en kom daar beswaarlik iets daarvan tereg met drie of meer
|
wanneer ek iemand deur die gepeupel toegejuig hoor word, het ek altyd meegevoel met hom. Al wat hy moet doen om uitgejou te word, is om lank genoeg te lewe
|
wanneer ek skryf, kan ek vertalers glad nie in ag neem nie, want as ek daarmee begin, sal ek ’n onpersoonlike allemanstaal skryf, sonder diepte, geur of smaak
|
wanneer iemand lees, is dit ’n oefening in selfondersoek. ’n Skrywer se werk is maar net ’n optiese instrument wat aan die leser gebied word om hom/haar in staat te stel om dit bloot te lê wat hy/sy daarsonder nooit sou gesien het nie
|
wanneer jy aan die slaap raak, vergeet jy jouself. En wanneer jy wakker word, onthou jy jouself
|
wanneer jy monumente verwoes, bewaar die voetstukke. Hulle bly altyd bruikbaar
|
wanneer jy onderrig, leer jou hoorders altyd om te twyfel aan dit wat jy onderrig
|
wanneer oorlog uitbreek, is waarheid die eerste ongeval
|
wanneer sal Unesco sover kom om die planeet as erfenis van die mensdom te verklaar?
|
wanneer twee mense onder die invloed verkeer van die mees gewelddadige, waansinnige, bedrieglike en verbygaande hartstog, word van hulle vereis om te sweer dat hulle voorturend in daardie opgewonde, abnormale en uitputtende toestand sal bly totdat die dood hulle skei
|
wanneer 'n werklike genie op aarde verskyn, kan 'n mens hom herken aan die feit dat alle dommes teen hom saamsweer
|
wanneer ʼn waarheid die onaangenaamste ding is om te hoor, is dit dikwels die beste om dit te sê
|
wanneer ‘n volk nie meer hulle eie taal wil verdedig nie, is hulle ryp vir slawerny
|
wanneer ’n gesiene, maar ouerige staatsman beweer dat iets moontlik is, is hy feitlik verseker reg. Wanneer hy beweer dat iets onmoontlik is, is hy heelwaarskynlik verkeerd
|
want dis nie die mens nie, maar die wêreld wat abnormaal geword het
|
want vir my is daar, van alles wat buite my mag is, niks hoër as die eer om ’n vriendskapsband te smee met mense wat die waarheid opreg liefhet nie
|
wantrou enige idee wat nie ontstaan het gedurende 'n wandeling nie
|
wantrou jou eerste impulse: hulle is byna altyd korrek
|
ware filosofie is om die wêreld weer te leer sien
|
ware morele elegansie bestaan daarin dat jou oorwinnings as neerlae vermom word
|
ware sukses is om die beste wat jy kan te word
|
wat aantal sterftes betref, is wapenvervaardigers welsynsorganisasies vergeleke met sigaretvervaardigers
|
wat die huwelik of selibaat betref, wat 'n man ook al verkies, sal hy dit vir seker berou
|
wat die onderwysers verteer het, dit eet die leerlinge
|
wat die ruspe die einde van die wêreld noem, noem die res van die wêreld ’n skoenlapper
|
wat ek wil hê, is dat alles rond moet wees, en daar as’t ware nóg begin nóg einde aan die vorm is, maar dit tog een harmonieuse lewende geheel vorm
|
wat hierdie wêreld so verskriklik maak, is dat ons met dieselfde passie daarna streef om gelukkig te wees as om ander daarvan te weerhou
|
wat in die hart van die nugter mens is, lê op die tong van die dronke
|
wat is die mens se eerste plig: Die antwoord is kort: om jouself te wees
|
wat is die mens, dat hy planne maak?
|
wat is die sin van die lewe as die moed om daarvoor te veg ontbreek?
|
wat is die verskil tussen ’n skrander, weetgierige vyfjarige en ’n domonnosele neëntienjarige? Veertien jaar van die Britse Onderwysstelsel
|
wat is die werklike wêreld anders as die droom wat elkeen droom, die droom wat gemeenskaplik is aan almal?
|
wat is genot anders as 'n buitengewoon soete smart
|
wat is kuns? Prostitusie
|
wat jy beskou as die toppunt is slegs een stappie hoër
|
wat jy ook al wil sê, daar is net een naamwoord om dit uit te druk, een werkwoord om dit lewe te gee en een adjektief om dit te kwalifiseer
|
wat kloon die meeste, genetika of TV?
|
wat mense gesellig maak, is hulle onvermoë om eensaamheid te verduur
|
wat nie goed is vir die swerm nie, is ook nie goed vir die by nie
|
wat ons gemeen het, is dat ons almal verskil van mekaar
|
wat ons in die moeilikheid bring, is nie wat ons nie weet nie. Dis wat ons verseker weet en eintlik nie so is nie
|
wat ons van die dood dink is slegs van belang in soverre die dood ons aan die lewe laat dink
|
wat ons 'vooruitgang' noem, is die vervanging van een ergernis deur 'n ander
|
wat saak maak, is nie die idee wat ’n mens koester nie, maar hoe sterk hy daaraan glo
|
wat saak maak, is nie wat 'n mens sê nie, maar wat nie gesê hoef te word nie
|
wat sal eerste uitgeput raak – lug of olie?
|
wat vir die een voedsel, is bitter gif vir die ander
|
wat vir my belangrik is, is nie om te weet of ek groot of klein is nie, maar eerder of ek elke dag ontwikkel
|
wat vroue ook al doen, moet hulle dubbeld so goed as mans doen om as halfpad so goed beskou te word. Gelukkig is dit nie moeilik nie
|
wat wonderlik is van oorlog, is dat elke leier van ’n bende moordenaars sy vlag laat seën en God aanroep voordat hy vertrek om sy medemense uit te wis
|
wat ’n bankroof in vergelyking met die opening van ’n bank?
|
watter geluk vir regeerders dat mense nie dink nie
|
weelde verminder rykdom en vermeerder armoede
|
wees duidelik en openhartig met jou advokaat ... dit sal dan sy taak wees om alles deurmekaar te maak
|
wees eers vry; vra dan na vryheid
|
wees gaaf teenoor mense op pad boontoe, want jy sal hulle weer ontmoet op pad ondertoe
|
wees mans genoeg om te dink
|
wees onselfsugtig: respekteer die selfsug van andere
|
wees wyser as ander mense as jy kan; maar moet dit nie vir hulle sê nie
|
werk hou drie groot euwels weg van ons: verveling, ondeug en gebrek
|
werk is die toevlug van mense wat niks beters te doen het nie
|
werk is minder vervelig as om jou te vermaak
|
werk maak ’n dag korter en die lewe langer
|
werklik, ’n register van joernaliste! Net ’n idee wat gepropageer word deur pedante, vals professore, mislukte joernaliste, en mense wat ander mense daarvan wil weerhou om vir hulleself te dink. So ’n register is ’n belaglike misgeboorte en is immoreel, aangesien dit grense plaas aan dit wat nie grense het nie, en wat inderdaad nie behoort te hê nie, aan die vrye uitdrukking van die gedagte
|
werklike onkunde is nie die afwesigheid van kennis nie, maar die weiering om dit te verwerf
|
werkloosheid is gelyk aan ’n ontkenning van die reg om te lewe en is erger as selfs die dood
|
wetenskap is alles wat altyd oop is vir diskussie
|
wette is spinnerakke wat groot vlieë deurlaat en die kleintjies vang
|
wette word toegepas op vyande, maar slegs geïnterpreteer wat vriende betref
|
wie geen verbeeling het nie, het geen vlerke nie
|
wie homself aan die kant van die meerderheid bevind, behoort sy posisie in heroorweging te neem
|
wie meer kry, ontvang dit van ander, en is nie beter of slegter as ander nie, maar meer verantwoordelik en moet meer dien. Lewe om te dien
|
wie nie in staat is om lief te hê nie, is selfs ongelukkiger as een vir niemand liefhet nie
|
wie nie oor sekere dinge kop verloor nie, het geen kop om te verloor nie
|
wie niks vra nie, verwag alles
|
wie ook al na die sterre wil reis, moenie rondkyk na geselskap nie
|
wie toegeneentheid probeer koop deur welwillende dade word ontgogel deur die ervaring van menslike ondankbaarheid
|
wie veg, kan verloor. Wie nie veg nie, het reeds verloor
|
wie weet wat Columbus sou ontdek het as Amerika nie in die pad gekom het nie
|
wie wysheid vermeerder, vermeerder ook lyding
|
wie ’n argument aanvoer deur hom te beroep op ’n hoër gesag, gebruik nie sy intelligensie nie, maar eenvoudig sy geheue
|
wil jy dit onmoontlik maak vir enigeen om sy medemens te onderdruk? Sorg dan dat niemand oor mag beskik nie
|
wil jy hê baie mense moet jou te hulp snel? Probeer om die nodigheid daarvan te vermy
|
woorde het die waarde wat die hoorder daaraan toeken
|
woorde is al wat ons het
|
woorde is belangrik is hulle min is
|
woorde is soos munte, een is soveel werd soos baie ander, en baie is nie eers soveel werd soos een nie
|
woorde wat regtig gewild raak, verarm die taal
|
woorde word nie geskep deur academici op universiteit nie, maar eerder deur Jan Alleman. Samestellers van woordeboeke herken hulle feitlik altyd te laat en balsem hulle in alfabetiese volgorde, in baie gevalle eers wanneer hulle hulle oorspronklik bedoelde betekenis verloor het
|
woordeboeke is soos horlosies: die slegste is beter as niks, en die beste kan nie verwag word om presies reg te wees nie
|
woordeboeke, soos landkaarte, moet voortdurend gekorrigeer word
|
word die verandering wat jy in die wêreld wil sien
|
wreedheid teenoor diere is die vakleerlingskap van wreedheid teenoor mense
|
wyn is ’n ernstige gevaar vir die (geestes)gesondheid van dié wat dit nie drink nie
|
wys is diegene wat die vertoning kan geniet wat die wêreld bied
|
wysheid bestaan nie daarin om afgode te vernietig nie, maar daarin om hulle nooit te skep nie
|
wysheid is om ontslae te raak van wat onnodig is
|