aan jou, heilige taal / aan jou, wat ek adoreer / meer as enige silwer / meer as al die goud
|
aangesien oorloë in die gees van mense ontstaan, moet die verdediging van vrede in die gees van mense gebou word
|
aangesien 'n politikus nooit glo wat hy sê nie, is hy heel verbaas wanneer sy woorde wel ter harte geneem word
|
aartappelskyfies is een van die mees geestelike skeppings van die Parisiaanse genialiteit
|
advokaat: 'n medepligtige wat geen risiko loop nie
|
al ons kennis help ons maar net om ’n wreder dood te sterf as die diere wat niks weet nie
|
al wat jy nodig het, is onkunde en selfvertroue, en sukses is verseker
|
al wat nodig is vir die bose om te oorwin is dat goeie mense niks doen nie
|
al wat ondervinding ons leer is dat ondervinding ons niks leer nie
|
al wat ons sê is: gee vrede ’n kans
|
alle anomalieë verlei ons, en in die eerste plek, die lewe, daardie anomalie by uitnemendheid
|
alle diere, behalwe ’n paar manne, het ’n siel
|
alle eksakte wetenskappe word gedomineer deur die idee van benadering
|
alle gelukkige gesinne lyk op mekaar, maar elke ongelukkige gesin is ongelukkig op sy eie manier
|
alle geskiedenis is eietydse geskiedenis
|
alle gode was onsterflik
|
alle innemende mense het iets om weg te steek, gewoonlik hulle totale afhanklikheid van die waardering van ander
|
alle liefdesbriewe is belaglik. Dit sou nie liefdesbriewe gewees het as hulle nie belaglik was nie
|
alle moderne revolusies het uitgeloop op 'n versterking van die mag van die staat
|
alles anders is belaglik as 'n mens aan die dood dink
|
alles in ag genome, is daar niks wat mooi is nie
|
alles is gevaarlik. As dit nie so was nie, sou die lewe nie die moeite werd gewees het nie
|
alles is gif en niks is gif nie; die onderskeid lê in die dosis
|
alles wat ek nie weet nie, het ek op skool geleer
|
alles wat ek weet, weet ek omdat ek liefhet
|
alles wat jy in die koerante lees is die volle waarheid, behalwe in die uitsonderlike geval van dié storie waarvan jy eerstehandse kennis het
|
alles wat ongesê bly, word vir altyd gesê
|
alles wat werklik saak maak in die lewe, word gratis gedoen
|
almal glimlag in dieselfde taal
|
almal wat groot dinge bereik het, was groot dromers
|
almal weet dat ’n sekere ding nie realiseerbaar is nie, totdat iemand op die toneel verskyn wat onbewus is daarvan en dit uitvind
|
almal wil graag lank lewe, maar niemand wil graag oud word nie
|
Amerikaners is gesonde draers van demokrasie
|
anargie beteken nie geen reëls nie, dit beteken geen regeerders nie
|
armoede is 'n ongerymdheid vir ryk mense. Dit is baie moeilik om te begryp waarom mense wat wil eet, nie net die klokkie lui om bedien te word nie
|
as a man 'n tier wil doodmaak, noem ons dit sport; wanneer 'n tier hom wil doodmaak, is dit wreedheid
|
as alles op aarde rasioneel was, sou daar niks gebeur nie
|
as daar geen prys te betaal is nie, is dit ook van geen waarde nie
|
as daar geweld in sokker is, is dit omdat wen al is wat tel in Italië vandag
|
as daar hindernisse is, kan die kortste afstand tussen twee punte 'n krom lyn wees
|
as daar nie tronke was nie, sou ons besef dat ons almal in kettings is
|
as daar twee teenstrydige weergawes van dieselfde storie is, is die verstandigste weg om te volg om dié een te glo waarin mense die slegste vertoon
|
as die brein in die moederskoot gevorm word, bevat dit geen idee nie
|
as die Israeli's nie aangekla wil word dat hulle Nazi's is nie, moet hulle eenvoudig ophou om hulle te gedra soos Nazi's
|
as die jeug hulle instemming weerhou, sal ook die almagtige en geheimsinnige mafia soos ’n nagmerrie van die toneel verdwyn
|
as die Neurenbergse wette van toepassing was, sou elke naoorlogse Amerikaanse president gehang gewees het
|
as die nood groot is, is daar mense wat enigiets sal glo
|
as die Republikeine ophou om leuens oor die Demokrate te vertel, sal ons ophou om die waarheid oor hulle te vertel
|
as die stemreg enigiets verander het, sou hulle dit onwettig verklaar het
|
as die taal bedorwe raak, verloor die mense geloof in wat hulle hoor, en dit lei tot geweld
|
as die volke hulself beter geken het, sou hulle kon leer om hulleself te haat
|
as dinge verkeerd loop, moenie saam met hulle loop nie
|
as dit gepleeg word in die naam van God of die vaderland, is geen misdaad so gruwelik dat die publiek dit nie sal verskoon nie
|
as dit goed is om te lewe, is dit nog steeds beter om te droom, en die beste van alles, om wakker te word
|
as dit maar net so maklik om die waarheid te ontbloot as wat dit was om die leuen aan te toon
|
as egpare nie saam gewoon het nie ,sou daar meer gelukkige huwelike gewees het
|
as ek Berlusconi en die ander kortetjie sien, wil ek die menslike ras vaarwel toeroep
|
as ek gesê het wat ek regtig dink, sou ek gearresteer en in ’n gestig toegesluit gewees het. Komaan, ek is seker dit is die geval met ons almal
|
as ek grootword, wil ek ’n klein seuntjie wees
|
as ek my voete laat rus, kom my verstand ook tot stiltand
|
as ek so ’n lang brief geskryf het, beteken dit dat ek nie genoeg tyd gehad het om dit korter te stel nie
|
as ek tussen twee euwels moet kies, kies ek altyd die een wat ek nog nie vantevore probeer het nie
|
as God nie die vrou geskep het nie, sou Hy ook nie die blom geskep het nie
|
as God swyg, kan jy hom laat sê wat jy wil
|
as hulle vir my kom in die oggend, sal hulle vir jou kom in die nag
|
as iemand die wêreld wil beweeg, moet hy eers homself beweeg
|
as iemand met sekerhede sou begin, sal hy in twyfel eindig; maar as hy tevrede sou wees om met bedenkings te begin, sal hy met sekerhede eindig
|
as iemand nie bereid is om hom bloot te stel vir sy mening nie, dan is daar óf fout met die mening óf met die mens self
|
as iemand nie meer koud, honger of bang is nie, is hy ontevrede
|
as iemand wat van ons droom, sterf, sterf 'n deel van ons
|
as inspirasie na my kom, sal dit my besig vind om te skilder
|
as julle julleself kan vertrou, dan sal ander siele julle ook vertrou
|
as jy al gelukkig was, tel dit nie as 'n fout nie
|
as jy bang is vir eensaamheid, moenie trou nie
|
as jy die indruk skep dat jy iets nodig het, sal jy niks kry nie. Om geld te maak, moet dit lyk asof jy ryk is
|
as jy die waarheid vertel, hoef jy niks te onthou nie
|
as jy enigiets gesê wil hê in die politiek, vra ʼn man. As jy enigiets gedoen wil hê, vra ʼn vrou
|
as jy God wil laat lag, vertel Hom van jou planne
|
as jy jou deugsaamheid wil smaak, moet jy van tyd tot tyd sonde doen
|
as jy jou wil uitdruk met behulp van 'n voorbeeld, sal ek niks daarvan verstaan nie
|
as jy mense die waarheid wil vertel, moet jy snaaks wees, anders vermoor hulle jou
|
as jy met ’n man praat in ’n taal wat hy verstaan, gaan dit na sy kop. As jy met hom praat in sy taal, gaan dit na sy hart
|
as jy nie bereid is om verkeerd te wees nie, sal jy nooit met iets oorspronkliks vorendag kom nie
|
as jy nie die onverwagte verwag nie, sal jy dit nie ontdek nie, so ontwykend en onwaarskynlik is dit
|
as jy nie oppas nie, sal die koerante jou sover kry om die mense te haat wat onderdruk word, en lief te wees vir dié wat onderdrukking pleeg
|
as jy seker is dat jy alles begryp wat aan die gang is, is jy die kluts heeltemal kwyt
|
as jy tienduisend reëls het, vernietig jy alle respek vir die wet
|
as jy tuis voel in jou eie vel, beteken reis, dus om elders te wees, dat jy nie meer so ver weg is nie
|
as jy vriendskap, saggeaardheid en poësie op die lewenspad wil teenkom, neem dit saam met jou
|
as jy wil leer, onderrig dan
|
as jy wil skryf om ryk te word, skryf die tipe goed wat gelees word deur mense wat hulle lippe beweeg wanneer hulle by hulleself lees
|
as jy wil vermy om 'n idioot te sien, moet jy eers jou spieël breek
|
as jy wil weet wat 'n vrou werklik bedoel, kyk na haar, moenie na haar luister nie
|
as jy 'n visie van die toekoms wil hê, stel jou 'n stewel voor wat op 'n menslike gesig gestamp word -onophoudelik
|
as jy ’n mens goed in die oë kyk, word jy gedwing om na jouself te kyk
|
as jy ’n talent het, gebruik dit op watter wyse ook al. Moet dit nie opgaar nie. Moet dit nie uitdeel soos ’n vrek nie. Bestee dit kwistig soos ’n miljoenêr wat daarop uit is om platsak te raak
|
as korrupte persone kan verenig en ʼn mag vorm, moet eerlike mense dit ook doen
|
as liggaam is 'n mens alleen, maar nooit as 'n siel nie
|
as mense besef het hoe gevaarlik dit is om sekere woorde te gebruik, sou woordeboeke in die vertoonvensters van boekwinkels ‘n rooi band om gehad het met die woorde: 'Plofbaar … hanteer versigting'
|
as my dokter vir my sou sê dat ek nog ses minute het om te lewe, sou ek nie daaroor tob nie. Ek sou vinniger tik
|
as ons dinge wil laat verander, moet die banke beset en die televisie opgeblaas word. Daar is geen ander revolusionêre oplossing moontlik nie
|
as ons etniese konflik wil beëindig, moet ons minder belê in oorlog en meer in ʼn kultuur van vrede
|
as ons net in staat was om verenig te wees … hoe mooi en naby sou die toekoms nie gewees het nie
|
as ons nie in stryd is met die rede nie, sal ons nooit iets voltooi nie
|
as ons ʼn mens haat, haat ons in sy beeld iets wat ook in onsself is
|
as selfs een van ons, watter menslike wese ook al, in hierdie tyd swaar ly, of siek of honger is, betrek dit ons almal. Dit is so, omdat dit een van die laagste vorme van geweld is om die lyding van ander te ignoreer
|
as twee mense mekaar liefhet, kan daar geen gelukkige einde aan wees nie
|
as twee sakemanne altyd saamstem, is een van hulle oorbodig
|
as vryheid enigiets hoegenaamd beteken, beteken dit ook die reg om vir mense te sê wat hulle nie wil hoor nie
|
as 'n mens lank genoeg leef, sal jy merk dat elke oorwinning in 'n nederlaag verander
|
as 'n nasie verwag om onkundig en vry te wees, verwag hy om iets te wees wat nooit was en nooit sal wees nie
|
as 'n vrou die stryd gewonne gee, is dit net omdat sy die stryd gewen het
|
as ʼn geneesmiddel teen die sosiale lewe beveel ek die groot stad aan: dit is die enigste woestyn binne ons bereik
|
as ʼn man doodstil in die bed lê en slaap en iets droom, wat is werkliker – hyself as ʼn selfbewuste, dromende wese, of die droom self?
|
as ‘n baas nie sonder sy slaaf kan klaarkom nie, wie van die twee is werklik vry?
|
as ‘n regering van bankiers afhanklik is vir geld, is dit die bankiers, en nie hulle nie, wat die beheer het. Die hand wat gee is bo die hand wat ontvang. Geld het geen vaderland nie; finansiers het geen patriotisme of ordentlikheid nie, en wins is hulle enigste oogmerk
|
as ’n bankier by ’n venster uitspring, spring agter hom aan – dis waar die geld is
|
as ’n mens na enige partye moet verwys as ’n terroristestaat, sou ’n mens na die Israeli-regering kon verwys, omdat hulle die mense is wat weerlose en onskuldige Arabiere in die besette gebiede uitmoor
|
as ’n mens vaders oor die algemeen beskou, is dit nie juis ’n ramp om sonder ’n vader te wees nie, en wat betref die gehalte van seuns oor die algemeen, insgelyks maar selde ’n ramp om nie ’n seun te hê nie
|
as ’n vrou swak geklee is, is dit haar klere wat die aandag trek, maar as sy onberispelik geklee is, is dit sy wat opgemerk word
|
Auschwitz begin daar waar iemand by die slagpale staan en dink: Dis maar net diere
|
avontuur is maar net slegte beplanning
|