Logos Multilingual Portal

Select Language



[ No Biography for this Author ]

by hulle totstandkoming was die groot banke, deur nasionale titels gedekoreer, slegs verenigings van private spekuleerders wat hulle aan die kant van regerings geskaar het
deurdat geld die eienskap besit om alles te kan koop, die eienskap om alle voorwerpe in besit te neem, is dit by uitstek die objek om te besit. Die universaliteit van hierdie eienskap is die almag van sy wese. Dus word geld as almagtig beskou
die arbeider word \'n al hoe goedkoper handelsartikel hoe meer handelsartikels hy produseer
die filosowe het maar net die wêreld op verskillende wyses geïnterpreteer; nou is die kwessie om dit te begin verander
die vrye ontwikkeling van elkeen is die voorwaarde vir die vrye ontwikkeling van almal
die waardevermindering van die menslike wêreld verloop direk eweredig met die waardevermeerdering van die wêreld van dinge
die werker word al armer hoe meer rykdom hy produseer
dis nie die bewussyn wat die lewe bepaal nie, maar die lewe wat die bewussyn bepaal
elke keer wanneer \'n bepaalde soort vryheid onder bespreking kom, is dit vryheid as sodanig wat onder bespreking kom
geweld is die vroedvrou van elke ou gemeenskap wat swanger is aan \'n nuwe
hierdie mens is bv. net koning omdat ander mense as onderdane teenoor hom optree. Hulle glo, aan die ander kant, dat hulle onderdane is omdat hy koning is
hoe minder jy eet, drink en boeke koop; hoe minder jy die teater, die danssaal en drinkplekke besoek; hoe minder jy dink, liefhet, teoretiseer, sing, skilder, skerm, ens., hoe meer spaar jy – hoe groter word jou besittings, wat geen mot of roes sal vernietig nie – jou kapitaal. Hoe minder jy is, hoe minder jy uitdrukking gee aan jou eie lewe, hoe meer het jy, d.w.s. hoe groter is jou vervreemde lewe, hoe groter is die omvang van jou vervreemde self
in hierdie sin kan die kommuniste hulle teorie in een uitdrukking saamvat: Afskaffing van private eiendom
in krisistye breek daar ’n sosiale epidemie uit wat in alle vroeëre tydperke as ’n absurditeit beskou sou word: die epidemie van oorproduksie
kommunisme is die voltooide wesenlike eenwording van die mens met die natuur, die ware heropstanding van die natuur, die naturalisme deur die mens bereik en die humanisme wat deur die natuur bereik is
nogtans toon die hele geskiedenis van die moderne nywerheid dat die kapitaal, as dit nie ingehou word nie, sonder genade en barmhartigheid daarop uit is om die ganse arbeidersklas in hierdie toestand van uiterste verval te stort
ons burgerstand, nie tevrede daarmee dat die vroue en dogters van die arbeidersklas tot hulle beskikking is nie, om nie te praat van die amptelike prostitusie nie, vind hulle hoogste genoegdoening daarin om hulle eggenotes en dogters wedersyds te verlei
oorspronklik verskil ’n kruier minder van ’n filosoof as ’n kettinghond van ’n windhond. Dit is die verdeling van arbeid wat die afgrond tussen die twee oopgemaak het
paradigma van onsinnigheid – geld verander getrouheid tot ontrou, liefde tot haat, haat tot liefde, deug tot ondeug, ondeug tot deug, dienaar tot baas, baas tot dienaar, onnoselheid tot verstand en verstand tot onnoselheid
\'n skrywer is \'n produktiewe arbeider, nie insoverre hy idees produseer nie, maar insoverre hy die boekhandelaar verryk wat sy geskrifte uitgee
\'n verbruiksartikel lyk met die eerste oogopslag na \'n voor die hand liggende, alledaagse ding. ’n Ontleding laat blyk dat dit \'n baie gekompliseerde ding is, vol metafisiese subtiliteit en teologiese kronkels