Logos Multilingual Portal

Select Language



[ No Biography for this Author ]

advokaat: \'n medepligtige wat geen risiko loop nie
alle diere, behalwe ’n paar manne, het ’n siel
alle geskiedenis is eietydse geskiedenis
almal glimlag in dieselfde taal
anargie beteken nie geen reëls nie, dit beteken geen regeerders nie
as daar twee teenstrydige weergawes van dieselfde storie is, is die verstandigste weg om te volg om dié een te glo waarin mense die slegste vertoon
as die Israeli\'s nie aangekla wil word dat hulle Nazi\'s is nie, moet hulle eenvoudig ophou om hulle te gedra soos Nazi\'s
as die stemreg enigiets verander het, sou hulle dit onwettig verklaar het
as dinge verkeerd loop, moenie saam met hulle loop nie
as ek Berlusconi en die ander kortetjie sien, wil ek die menslike ras vaarwel toeroep
as ek my voete laat rus, kom my verstand ook tot stiltand
as jy enigiets gesê wil hê in die politiek, vra ʼn man. As jy enigiets gedoen wil hê, vra ʼn vrou
as jy met ’n man praat in ’n taal wat hy verstaan, gaan dit na sy kop. As jy met hom praat in sy taal, gaan dit na sy hart
as jy nie bereid is om verkeerd te wees nie, sal jy nooit met iets oorspronkliks vorendag kom nie
as jy tuis voel in jou eie vel, beteken reis, dus om elders te wees, dat jy nie meer so ver weg is nie
as ’n mens na enige partye moet verwys as ’n terroristestaat, sou ’n mens na die Israeli-regering kon verwys, omdat hulle die mense is wat weerlose en onskuldige Arabiere in die besette gebiede uitmoor
avontuur is maar net slegte beplanning
baie mense verpas die klein vreugdes van die lewe in die hoop op die groot geluk
baie van ons politici is van die onbevoegde tipe. Die res is tot enigiets in staat
bankwese is in ongeregtigheid verwek en in sonde gebore. Die bankiers besit die aarde. Neem dit van hulle af weg, maar laat hulle die mag behou om geld te skep, en met die knip van ʼn pen sal hulle genoeg geld skep om dit weer terug te koop. Neem egter daardie die krag van hulle af weg en al die groot fortuine soos myne sal verdwyn, en hulle behoort te verdwyn, want dit sou \'n gelukkiger en beter wêreld wees om in te woon. Maar as julle die slawe van Bankiers wil bly en die koste van jou eie slawerny betaal, laat hulle voortgaan om geld te skep
berou beteken die vaste voorneme om volgende keer geen spore na te laat nie
binne-in elke siniese persoon is daar \'n teleurgestelde idealis
blindelingse en onwankelbare ongedissiplineerde gedrag maak die krag uit van alle vrye mense
by sommige word puberteit eers op negentig geaktiveer
daar behoort een dag te wees - net een dag - wanneer die jag op senatore geopen is
daar bestaan slegs een soort sukses – om jou lewe op jou eie manier te lewe
daar is derduisende mense daarbuite wat lewens lei van stille, skrille radeloosheid en lang, moeilike ure werk in betrekkings wat hulle verfoei, om hulle in staat te stel om dinge te koop wat hulle nie nodig het nie ten einde mense te beïndruk van wie hulle nie hou nie
daar is geen onegte kinders nie, slegs onegte ouers
daar is net een manier om die verbruik van dwelms te verminder: wettig dit
daar is nie so iets soos ʼn gemeenskap nie. Daar is individuele mans en vroue, en daar is gesinne. En geen regering kan enigiets doen behalwe deur mense nie, en mense moet heel eerste vir hulleself sorg
daar is niks soos om terug te keer na \'n plek wat niks verander het nie, om sodoende vas te stel hoe jy self verander het
daar is slegs twee maniere om die volle waarheid te vertel - anoniem en postuum
daar is twee maniere om ʼn nasie te oorwin en tot slawerny te dwing. Een is deur die swaard, die ander deur skuld
daar sal ’n dag kom wanneer beelde die mens sal vervang, dié wat nie meer nodig het om te lewe nie, maar om te kyk. Ons sal nie meer lewende wesens wees nie, maar toeskouers
daar ’n selfs suiwerder vorm van energie as die son, meer hernubaar as die wind: dis die energie wat ons nie verbruik nie
dat alle mense broers sal wees is die droom van dié wat geen broers het nie
deesdae se party is veral bronne van mag en boetiepolitiek
die aandelebeurs is die plek waar onnosel mense van hulle geld geskei word
die algemene publiek het ‘n plig om onverbiddelik weerstand te bied, asof hulle ‘n ondeurdringbare verdedigingslinie was, soos destyds langs die Piave-rivier, teen die skade meegebring deur ‘n gevaarlike verbrokkeling van die algemene wilskrag, die ineenstorting van burgerlike bewustheid, tesame met ‘n verlies aan ‘n sin vir wat reg is – die laaste bastion van moraliteit
die belangrike ding op hierdie aarde, vind ek, is nie soseer waar ons staan nie as in watter rigting ons beweeg … ons moet soms saam met die wind seil, en soms daarteen, maar ons moet seil, en nie dryf nie, en ook nie anker gooi nie
die beste in die lewe soek \'n mens nie, jy vind dit
die boek waarin alle boekekennis opgeskryf is, het om hulp geroep, sodat die muis nie daaraan moes knaag nie. En die muis het hardop gelag
die Demokrate is die party wat sê dat die regering jou slimmer, langer en ryker maak, en die osgras van jou grasperk verwyder. Die Republikeine is die party wat sê dat regering nie werk nie, en dan word hulle verkies en bewys dit
die Don Quichotte van vandag veg nie teen nie, maar vir windmeulens
die dood op sigself is nie die bitterste nie, maar eerder wanneer iemand wat wil sterf se wens onvervul bly
die duidelikste teken dat jy die waarheid gevind het, is innerlike vrede
die eerste mafia wat beveg moet word, is dié wat binne onsself is. Ons is die mafia
die eienaars van hierdie land weet wat die waarheid is: dit word die Amerikaanse droom genoem omdat jy aan die slaap moet wees om dit te glo
die erotiesepublisiteitsverskrikte gemeenskap waarin ons leef probeer om begeerte tot ongeëwenaarde vlakke te organiseer en te ontwikkel, terwyl bevrediging binne die sfeer van die private lewe behou word. Sodat die gemeenskap kan funksioneer en wedywering voortduur, moet begeerte toeneem, uitbrei en die lewens van mense verteer
die evolusie van die menslike ras sal nie voltooi word in die tienduisend jaar van die bestaan van mak diere nie, maar eerder oor die miljoen jaar van wilde diere, omdat die mens altyd \'n wilde dier is en sal wees
die Grondwet is geskryf om die mense teen die gevare van goeie voornemens te beskerm
die groot voordeel van die gemeenskap is dat ons daardeur die eensaamheid waardeer
die hele lewe is maar net ’n stel prente in die brein, waarby daar geen verskil bestaan tussen dié wat uit die werklikheid ontstaan het en dié wat ontstaan het uit innerlike verbeelding nie, en daar geen rede is om die een bo die ander te ag nie
die helfte van alle moderne medisyne kan net so goed by die venster uitgegooi word, behalwe dat die voëls dit sou kon vreet
die hoop op oneerlike wins is die begin van bankrotskap
die jonges bedrieg hulself oor hulle toekoms; die oues oor hulle verlede
die Kerk word vir baie mense die hoofstruikelblok op die pad na geloof. Hulle kan daarin niks anders meer sien as die mens se maglus wat hom afspeel in ʼn klein teatertjie van mans wat, onder die voorwendsel dat hulle die amptelike Christendom administreer, meestal blykbaar die ware gees van christenskap ondermyn
die kolosse van die internet word steeds meer uitsluitlik tussengangers tussen vervaardigers en verbruikers
die lewe is nie groot genoeg om alles wat ons begeer bymekaar te hou nie
die liefde is daarop geregtig om oneerlik te wees en \'n leuenaar - as dit net opreg is
die liefde is ’n kastyding. Ons word gestraf vir ons onvermoë om alleen te wees
die Mafia het ’n begin gehad en sal ’n einde hê
die mafia is nie ’n eksklusief Italiaanse probleem, of ’n kwessie van agterlike plattelanders en toestande van onderontwikkeling in die suide van Italië nie, maar ’n Europese probleem
die mens van die derde millennium sal die kultuur hê van Bush, die eerlikheid van Berlusconi en die goedheid van Putin
die mensheid kan nie te veel realiteit verduur nie
die menslike wese is die aarde wat voortbeweeg
die musiek van vandag word gedirigeer deur bankiers en rekenmeesters: \'n tendens wat ons absoluut moet beveg
die ongeletterdes van die 21ste eeu sal nie dié wees wat nie kan lees en skryf nie, maar dié wat nie kan leer, afleer en herleer nie
die ontmoeting tussen twee persoonlikhede is soos die kontak tussen twee chemiese stowwe: As daar ’n reaksie is, word albei getransformeer
die onverskilligheid, lafhartigheid en opportunisme van hul burgers vernietig demokrasieë, selfs meer as tiranne en diktators
die oomblik as jy ’n vreemde taal begin praat, verander jou gesigsuitdrukkings, jou handbewegings en jou liggaamstaal. Jy is alreeds iemand anders
die persoon wat jy die bangste is om te weerspreek is jyself
die probleem met politieke grappe is dat hulle verkies word
die probleem van moraliteit het ’n geruime tyd reeds bestaan, maar het intussen die belangrikste en dringendste kwessie geword, aangesien die herstel van geloof in die instellings, die werklike regeerbaarheid van die land en die lewensvatbaarheid van die demokrasie self van die oplossing daarvan afhang
die realiteit is \'n illusie wat veroorsaak word deur \'n alkoholgebrek
die skool as middel tot onderwys was vir my eenvoudig \'n leë dop
die Staat - dis ek
die twee mooiste woorde in die Afrikaanse taal is \'tjek ingesluit\'
die voldoening lê by die doen, nie by die resultaat nie
die vrolike verloorder is die wenner
die ware universiteit het geen spesifieke ligging nie. Dit besit geen eiendom nie, betaal geen salarisse nie en ontvang geen verskuldige gelde nie. Die ware universiteit is ’n geestesingesteldheid
die wêreld is geen vertoning nie, maar ’n slagveld
die wêreld is getuie van ’n verskriklike menseregtemisdaad in Gaza, waar anderhalfmiljoen mense gevange gehou word met feitlik geen toegang tot die buitewêreld nie. ’n Hele bevolking word wreedaardig gestraf
die wetenskap is nie volmaak nie, maar dit beteken nie dat jy godsdiens nodig het nie
die woorde waarmee ons aanstoot gee, is \'n uitroep van ons onkunde
diereregte kom voor godsdiens
dis goed om te onthou dat gierigheid nog altyd die vyand was van deugsaamheid; dit gebeur selde dat iemand ’n goeie reputasie verwerf wat afgestem is op winsbejag ten alle koste
dis net as jy jou op die sononder-boulevard bevind dat jy die oggendrooi kan tegemoetgaan
dis net opgevoede mense wat daarvan hou om te leer; domkoppe verkies om te onderrig
dis nie die lewe wat verleng word nie, maar die ouderdom
dis nie waar dat reëndae die slegste is nie, dis die enigste dae waarop jy kop omhoog kan loop selfs as jy huil
dis wanneer ons onsself vergeet dat ons dinge doen wat verdien om onthou te word
dis ’n klassestryd; my klas is aan die wen, maar dit behoort eintlik nie so te wees nie
dit is die mens wat ten volle gekondisioneeris om produktief te wees deur die organisasie van die arbeid, en buite die fabriek behou hy dieselfde vel en dieselfde kop
dit is nie die sterkste van die spesies wat oorleef nie, of die mees intelligente wat oorleef nie. Dit is die een wat die maklikste kan aanpas.
dit is nie kennis wat ons kortkom nie. Wat ontbreek, is die moed om te verstaan wat ons weet en om gevolgtrekkings te maak
dit kos aansienlike kennis net om die omvang van jou eie onkunde te besef
dit maak nie veel saak met wie jy trou nie, want jy sal bepaald die volgende oggend agterkom dat dit iemand anders was
dra wapenfabrieke by tot die bestryding van werkloosheid?
drankverbod het niks anders as moeilikheid meegebring nie
een van die eerste pligte van die geneesheer is om die massas op te voed om nie medisyne te neem nie
eers nadat die laaste boom afgekap is, eers nadat die laaste rivier vergiftig is, eers nadat die laaste vis gevang is, eers dan sal jy agterkom dat geld nie geëet kan word nie
eiendom is ’n vloek vir die mensdom as dit gemonopoliseer word of in die besit van enkelinge is
ek dink Kissinger is die mees opsigtelike oorlogsmisdadiger op vrye voete ter wêreld
ek gebruik partye op dieselfde wyse as wat ek taxi\'s gebruik: ek klim in, betaal vir die rit, en klim uit
ek glo dat solank daar oorvloed is, armoede boos is
ek het gesien hoe die wetenskap wat ek aanbid het en die vliegtuie wat ek liefgehad het die beskawing verwoes het in wie se diens ek verwag het hulle sou staan
ek het my aan die ondersoek na die aard van die lewe gewy en weet nie waarom en waarvoor dit daar is nie
ek het nodig dat mense my nodig het
ek hoop ek word nooit so oud dat ek godsdienstig raak nie
ek is nie ’n pessimis nie. Om boosheid te herken waar dit voorkom, is myns insiens ’n vorm van optimisme
ek is so lief vir Duitsland dat ek twee van hulle verkies
ek sou graag wou hê dat priesters moet trou, e nie net heteroseksueles nie
ek was antikommunisties toe daar kommuniste was
ek wil nie alleen wees nie, ek wil alleen gelaat word
en om te voorkom dat dit gesteel word ... word geld aan die banke toevertrou
en ons wil graag hê dat die dag moet aanbreek waarop ons aan ons mans en vroue wat reeds gesterf het, net drie dinge kan sê: ons het nie oorgegee nie, ons het nie opgegee nie, ons het ons nie uitverkoop nie
enige Amerikaner wat bereid is om ʼn kandidaat vir die presidentskap te wees, behoort outomaties, per definisie, vir altyd daarvan gediskwalifiseer te word
farmaseutiese firmas is beter met die uitvind van siektes vir bestaande medisynes as om medisynes uit te vind vir bestaande siektes
gedagtes hou jou terug, dinge beweeg jou voorwaarts
geen dokter kan volle herstel belowe nie, maar elke dokter moet natuurlik volledige sorg van die pasiënt kan beloof
geen regering kan lank stand hou sonder \'n gedugte opposisie nie
geen teorie van demokrasie bevraagteken die feit dat een van die kenmerke van \'n diktatorskap die monopolie oor inligting is nie
gekke, hulle weet nie hoeveel meer die helfte is as die geheel nie
geld is die moedersmelk van die politiek
gelukkig het Bush tot die verdediging van die demokrasie gekom
geregtigheid is niks anders nie as die voordeel van die sterkere
geseend is die man wat geen dank verwag nie, want hy sal nie teleurgestel word nie
geseënde Kersfees en ‘n gelukkige nuwe jaar
heilig die doel die middele? Dankie, Moggi
herinneringe is soos wyn wat oorgeskink word in ʼn bottel; dit bly helder, en die afsaksel bly op die boom
historici lieg met behulp van dokumente, romansiers met hulle verbeelding
historici lieg met behulp van dokumente, romansiers met hulle verbeelding
historici lieg met behulp van dokumente, romansiers met hulle verbeelding
hoe kan jy vasstel of Lyndon Johnson lieg? As hy sy ore wikkel, beteken dit nie dat hy lieg nie. As hy sy wenkbroue lig, beteken dit nie dat hy lieg nie. Maar as hy sy lippe beweeg, lieg hy
hoe meer jy het, hoe meer wil jy hê; hoe minder jy het, hoe meer gee jy
hoekom geld betaal om jou stamboom te laat naspoor? Begeef jou in die politiek en laat jou teenstanders dit vir jou doen
hulle het hulself daarvan oortuig dat die mens, die ergste oortreder van al die spesies, die kroon van die skepping is. Alle ander skepsels is geskape, slegs om hom te voorsien van kos, pels, om gepynig en uitgeroei te word
hy wat versigtig loop, loop veilig en ver
idees is sterker as wapens. Ons sou nie wou toelaat dat ons vyande wapens besit nie, hoekom sou ons dan toelaat dat hulle idees besit?
ideologie is die strengste tronkbewaarder van die gedagte
in Kuba word menseregte nie gerespekteer nie, behalwe in Guantánamo
in plaas daarvan om \'n politikus die sleutels van die stad te gee, is dit dalk beter om die slotte te vervang
in sommige situasies is onaangename woorde die bestein sommige situasies is onaangename woorde die beste
in verhouding tot hulle is alle mense Nazi\'s; vir die diere is dit \'n ewigdurende Treblinka
jy kan buitengewone dinge vermag as jy nie die eer daarvoor wil inoes nie
jy kan egter nie sê dat die beskawing nie vooruitgaan nie, want in elke oorlog maak hulle jou op \'n ander manier dood
jy moet \'n optimis wees om \'n Demokraat te wees, en \'n humoris om een te bly
jy sal in die woude meer vind as in boeke. Die bome en die rotse sal jou dinge leer wat geen meester jou sal vertel nie
kan ons werklik verwag dat diegene wat daarop uit is om ons uit te buit met ons opvoeding vertrou kan word?
kapitalisme is die gewettigde swendelary van die heersende klas
korrupsie is soos vullis. Dit moet elke dag verwyder word
kultuur is ’n instrument wat deur onderwysers gemanipuleer word om onderwysers voort te bring wat op hulle beurt onderwysers sal voortbring
laat my toe om die geld van ’n nasie uit te reik en te beheer, en ek gee nie om wie sy wette maak nie
Las Vegas sal aanstoot neem as hulle vergelyk word met Wallstraat. In Las Vegas weet ’n mens wat die kanse is. In Wallstraat manipuleer hulle die kanse terwyl jy die spel speel
mense glo dat hulle vry is, maar hulle is net vry om dit te glo
mense is altyd opreg. Dis net die aard van hulle opregtheid wat verander, dis al
menslike wesens het net twee werkswyses: onverantwoordelikheid en paniek
miskien is die beste mense dié wat weet dat hulle nie meer werd is as die niks wat hulle omgewe nie
moenie stem nie, dit moedig hulle net aan
moet nooit daaraan twyfel dat ’n klein groepie nadenkende, toegewyde mense die wêreld kan verander nie
moet nooit \'n boek aan sy film beoordeel nie
monogamie is ’n uitvindsel van ons Westerse beskawing om ’n sekere, mag ek sê, weldeurdagte orde aan die instellings van die samelewing te verleen. Dit het niks met die menslike natuur te doen nie. Ek daag enigeen uit om my ’n ware monogame persoon te toon
my sienings oor geboortebeperking is ietwat skeefgetrek deur die feit dat ek die sewende van nege kinders was
my optimisme is gebaseer op die sekerheid dat hierdie beskawing op die punt staan om ineen te stort, my pessimisme op alles wat dit doen om ons mee te sleur in sy val
my vaderland is oral waar dit goed gaan met my
net dié wat dit waag om grootliks te misluk sal ooit grootliks kan presteer
niemand is so jonk dat hy nie vandag sou kon sterf nie
niemand kan jou minderwaardig laat voel sonder jou toestemming nie
niemand stileer my hare beter as die wind nie
niks bestaan buiten atome en leë ruimte nie; die res is bloot opinies
niks is onmoontlik vir dié wat dit nie self hoef te doen nie
niks verarm iemand soveel as gierigheid nie
om jou te vermaak, beteken feitlik altyd om jou op \'n ander manier te verveel
om te kook, is ’n politieke daad. Indien ons toelaat dat die groot maatskappye vir ons kook, verloor ons beheer. Dit verg ’n enorme geloofsprong as ons dink dat hulle eerbaar sal wees en dat hulle beesvleis beesvleis is
om te lewe is gevaarlik
om te stem, is om jou regte prys te gee
om te verwag dat die wêreld jou regverdig sal behandel omdat jy ’n goeie mens is, is omtrent soos om te verwag dat die bul jou nie sal storm nie omdat jy ’n vegetariër is
om tweede te eindig, beteken om die eerste persoon te wees wat verloor
om verlief te raak is kelnersake
om ’n honderd oorwinnings in ’n honderd veldslae te behaal, is nie die toppunt van vaardigheid nie. Om die vyand sonder ’n stryd te onderwerp is dit wel
om ’n woord te verklaar, is ander woorde nodig, wat op hulle beurt weer deur ander verklaar moet word, ensovoorts, nimmereindigend. Kommunikasie is ’n illusie
onderwys is waar ons besluit of ons ons kinders genoeg liefhet om hulle nie uit ons wêreld te verdryf en hulle aan hulle eie lot oor te laat nie, of om die kans wat hulle het om iets nuuts te onderneem, wat ons nie kan vooruitsien nie, uit hulle hande te ruk nie, maar om hulle reeds voor te berei vir die taak om ’n gemeenskaplike wêreld te vernuwe
onmoontlike dinge is makliker as die moeilikes
ons glo dat ons woorde bemeester, maar dis woorde wat vir ons bemeester
ons het die beste Kongres wat geld kan koop
ons het die sirkus geglobaliseer, maar nie die brood nie
ons het nou reeds geword waarteen ons geveg het toe ons twintigjariges was
ons is wat ons voorgee om te wees, dus moet ons oppas wat ons voorgee om te wees
ons kan dwelmhandel nie wettig nie, omdat daar eenvoudig te veel geld in steek
ons weet nie wie water uitgevind het nie, maar ons is seker dit was nie \'n vis nie
onthou altyd dat jy absoluut uniek is, net soos al die ander
oor die afgelope drie dekades het ons van ʼn mark-ekonomie na ʼn markgemeenskap beweeg. ʼn Mark-ekonomie is ʼn werktuig, ʼn waardevolle en doeltreffende werktuig om produktiewe aktiwiteit te organiseer. Maar ʼn ‘markgemeenskap’ is ʼn plek waar alles te koop is. Dit is ʼn lewenswyse waar markwaardes elke sfeer van die lewe beheer
oor die onderwerp van waardes: geld hou ons in \'n brandkluis, maar drome ... in \'n laai
oorlog kom neer op bloedvergieting in ’n soeke na vrede; vrede is die voortsetting van stryd sonder bloedvergieting
op ’n gegewe moment sal dit nodig wees, ten einde iets weer te laat werk, om alles te verloor
pasop waarvoor jy wens, dit mag waar word
poësie is, soos brood, vir almal
politici is mense wat, wanneer hulle lig aan die einde van die tonnel sien, uitgaan en nog meer tonnel koop
politici is oral dieselfde. Hulle belowe om \'n brug te bou selfs waar daar geen rivier is nie
politiek is die fyn kuns om stemme van die armes te kry en befondsing van die rykes deur te belowe om die een teen die ander te beskerm
praat is vertaal, luister is vertaal, lees is vertaal, skryf is vertaal, dink is vertaal. Almal vertaal, behalwe sommige vertalers
primaat-ape en bobbejane praat nie, omdat, as hulle dit sou doen, mense hulle sou dwing om te werk
reis dien maar net om ons liewer te maak vir ons geboorteplek
religieë is die dodelikste wapens wat die Bose ooit uitgedink het
Satan is nou slimmer as ooit, en versoek mense deur hulle ryk te maak in plaas van arm
slegs die menseregte van regspersone word gerespekteer
slegs hy is sonder deug wat dit nie soek nie
so mooi was sy dat hulle haar verbied het om naby die Leunende Toring van Pisa te kom
sokker is nie net \'n saak van lewe en dood nie, dit is veel belangriker as dit
sommige arm lande is trots en sou liewer self hulle probleme wou oplos, maar gelukkig kan multinasionale maatskappye dit nie weerstaan om hulself op te offer om te help nie
sommiges glo dat geniale vermoëns oorerflik is – ander weer het nie kinders nie
soms bely iemand \'n sonde om erkenning te kry daarvoor
soms is dit nie minder welsprekend om te swyg as om te praat nie
soms, as jy op die reling van ’n brug staan en oorleun om die rivier stadig te sien wegvloei onder jou, sal jy plotseling alles weet wat daar te wete is
sonder Saddam is die wêreld \'n beter plek. En hoe sou dit wees sonder Bush?
sosialisme kan slegs per fiets arriveer
stadskultuur is die inbeslagneming deur die kapitalisme van die natuurlike en menslike omgewing; terwyl dit logies ontwikkel tot absolute oorheersing, kan en moet die kapitalisme nou die totale ruimte herskep tot sy eie omgewing
taal is gewoon die redusering van denke tot sy eenvoudigste vorm
te veel van wat \'onderwys\' genoem word is weinig meer as \'n duur afsondering van die werklikheid
televisie het baie gedoen vir psigiatrie, sowel deur inligting daaroor te versprei as by te dra tot die noodsaaklikheid daarvoor
terwyl daar olie in die Midde-Ooste is, sal daar nie vrede wees nie.
toerisme is om baie ver te reis op soek na die begeerte om huis toe te gaan
topklasjoernalistiek kan en moet elke hand byt wat dit probeer voed
versoekings, anders as geleenthede, gee jou altyd ’n tweede kans
vertaling is ’n ervaring wat die stadigste moontlike lesing moontlik maak en vereis, byna soos ’n voetganger wat die fisiese ruimte van die teks oorsteek met sy valleie, vlaktes en berge
verveling is ʼn siekte wat jy kan genees deur te werk; plesier is maar net ʼn palliatief
vroeër het ’n mens nie durf waag om vry te dink nie; nou mag ’n mens, maar kan dit nie meer doen nie. ’n Mens wil slegs nog dink wat ’n mens behoort te wil, en net dit word dan as vryheid ervaar
vroue hou van swygsame mans; hulle glo dat dié na hulle luister
waarskuwing: Gesondheidsdienste kan gevaarlik wees vir die gesondheid
wanneer sal Unesco sover kom om die planeet as erfenis van die mensdom te verklaar?
want dis nie die mens nie, maar die wêreld wat abnormaal geword het
ware sukses is om die beste wat jy kan te word
wat kloon die meeste, genetika of TV?
wat ons gemeen het, is dat ons almal verskil van mekaar
wat sal eerste uitgeput raak – lug of olie?
wat vir die een voedsel, is bitter gif vir die ander
wees duidelik en openhartig met jou advokaat ... dit sal dan sy taak wees om alles deurmekaar te maak
woorde het die waarde wat die hoorder daaraan toeken
wreedheid teenoor diere is die vakleerlingskap van wreedheid teenoor mense
wyn is ’n ernstige gevaar vir die (geestes)gesondheid van dié wat dit nie drink nie
\'n Amerikaanse aap wat dronk geword het van brandewyn sal nooit weer daaraan raak nie, en is dus verstandiger as die meeste mense
\'n egpaar bestaan uit drie persone, van wie een altyd tydelik afwesig is
\'n era kan as verby beskou word wanneer sy basiese illusies daarmee heen is
\'n kerk wat nie vervolg word nie, maar die voorregte en ondersteuning van die middelklas geniet, is nie die ware Kerk van Christus nie
\'n konsert om die planeet te red ... laat my dink aan die Titanic
\'n mens plant nie \'n boom vir jouself nie, maar vir die nageslag
\'n mens verkry wysheid slegs wanneer jy die benaderde diepte van jou onkunde begin bereken
\'n ontkenning is \'n stukkie inligting wat tweemaal gegee word
\'n politikus is \'n ou wat jou lewe sal opoffer vir sy vaderland
\'n slaaf het maar een meester;\'n ambisieuse persoon soveel as wat daar mense is wat nuttig is vir sy vordering
\'n verraaier is iemand wat \'n party verlaat en by \'n ander aansluit, en \'n bekeerling is iemand wat hierdie ander party verlaat om by joune aan te sluit
ʼn groot deel van die sosiale geskiedenis van die Westerse wêreld oor die afgelope drie dekades het bestaan uit die vervanging van dit wat gewerk het deur dit wat goed geklink het
’n goeie woordeboek is soos ’n spieël: as jy weet hoe om dit goed te gebruik, sal jy vasstel wat jy reeds vermoed het
’n kenmerk van die onvolwasse mens is dat hy trots vir ’n saak wil sterf, terwl ’n kenmerk van die volwasse mens is dat hy nederig daarvoor wil lewe
’n mens sou kon sê dat vryheid iets vaags is. Die afwesigheid daarvan is egter glad nie
’n mens vertaal nie wat die outeur geskryf het nie, maar wat hy bedoel het om te sê – dit is waarom rekenaars nooit sal kan vertaal nie
’n optimis is ’n heer wat glo dat ’n dame haar telefoongesprek beëindig het omdat sy “totsiens” gesê het
’n politieke veldtog kos veel meer as wat ’n eerlike man kan betaal
’n tragiese aanduiding van die waardes van ons beskawing is dat daar geen winsgewender manier is van sake doen as oorlog nie